Jump to ratings and reviews
Rate this book

Tydloos

Rate this book
Moet sy teruggaan na haar eie tyd of haar hart volg? Juli le Roux word wakker in haar sitkamer, maar vind tot haar skok uit dis driehonderd jaar in die verlede tyd. Sy het op ’n geheimsinnige wyse plekke geruil met haar identiese oorgrootjie wie se naam sy dra. Om alles te kroon, erf sy nie net die vrou se identiteit nie, maar ook haar verloofde. Sy moet met Louis Rousseau trou om haar familie se erfenis te red. Louis Rousseau is bereid om sy belofte wat hy langs sy ou vriend se sterfbed gemaak het, na te kom, maar hy sien op na ’n leeftyd saam met Juliette vir wie hy niks voel nie. Die Juli wat hy egter nou leer ken, is allesbehalwe die vervelige meisie saam met wie hy grootgeword het. Sy is pure vrou, vol lewe en vurig van geaardheid. Juli het ’n groot besluit om te Moet sy probeer teruggaan na haar eie tyd, of bly by die man op wie sy halsoorkop verlief is?

141 pages, Kindle Edition

Published June 1, 2021

4 people are currently reading
4 people want to read

About the author

Madelie Human

66 books15 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (42%)
4 stars
8 (38%)
3 stars
2 (9%)
2 stars
1 (4%)
1 star
1 (4%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
40 reviews
June 13, 2021
Wat ʼn fantastiese boek.

Ek het hierdie storie regtig baie geniet. Dit wys jou, die liefde wen altyd, selfs al is dit oor tyd en afstand heen. Ek dink definitief die storie verdien vyf sterre en meer. Dis uniek ek mooi en keurig aangebied.
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
June 12, 2021
Juli le Roux word wakker in haar sitkamer, maar vind tot haar skok uit dis driehonderd jaar in die verlede tyd. Sy het op 'n geheimsinnige wyse plekke geruil met haar identiese oorgrootjie wie se naam sy dra. Om alles te kroon, erf sy nie net die vrou se identiteit nie, maar ook haar verloofde.

Louis Rousseau is bereid om sy belofte wat hy langs sy ou vriend se sterfbed gemaak het, na te kom, maar hy sien op na 'n leeftyd saam met Juliette vir wie hy niks voel nie. Die Juli wat hy egter nou leer ken, is allesbehalwe die vervelige meisie saam met wie hy grootgeword het.

Juli het 'n groot besluit om te maak: Moet sy probeer teruggaan na haar eie tyd, of bly by die man op wie sy halsoorkop verlief is?

Tydloos is Romanza se eerste tydreisverhaal. Dit speel af in Stellenbosch, oor drie eeue heen.

Hierdie was 'n heerlike lees.
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
July 12, 2021
Madelie Human demonstreer met haar nuutste Romanza, Tydloos, presies hoe goed versoenbaar fantasie en romanse is. Romanses se uitstaande kenmerk is hoeka dat dit vir die leser ontvlugting bied van die daaglikse sleur. Die storie van Juli le Roux kom met ’n bonus: ’n tydsprong drie honderd jaar in die verlede in.

Op innoverende wyse trek die skrywer ’n korrelasie tussen die tyd van slawearbeid, rokke met laag op laag valle en kant en ’n persoonlike diensmeisie, en Juli se moderne leefstyl, kleredrag en tegnologie wat sy agterlaat in een-en-twintigste eeu. Vir Louis Rousseau, die verloofde wat sy in haar nuwe wêreld ontmoet, is hierdie nuwe, vurige Juliette ’n openbaring en ’n uitdaging.

Mens moet nogal mooi kophou om die kloutjie by die oortjie te hou met tye en geslagte, en ek haal my hoed af vir die skrywer wat dit alles moes bedink en logies neerpen. Madelie Human is gelukkig ’n gesoute skrywer en skroom nie vir ’n uitdaging nie. Ek het heerlik gelees aan Tydloos, hoewel ek nie ’n gereelde fantasie leser is nie. Dit verdien na my mening volpunte.
1 review1 follower
June 13, 2021
Baie lekker lees gewees

Al die liefdes verhale raak dieselfde deesdae maar die was nou n lekker lees baie oulik en anders ek sal gladnie omgee om n op volg te lees oor Juli in die hede nie
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
October 26, 2022
Vrek, wat ‘n storie. Of was dit net ‘n storie uit ‘n BOEK. Juli word wakker in haar sitkamer maar wag, dit is wel haar sitkamer, maar driehondered jaar terug. Sy het op ‘n geheimsinnige manier plekke geruil met haar oorgrootjie wie se naam sy ook het. Kan dit wees? Die mense kan ook nie verstaan wat gebeur nie. Nou het sy ‘n wynplaas geerf. Maar wie wil nou met haar trou wat so ‘n vervelige vrou is. Maar nie hierdie “nuwe” Juli nie. Sy is alles behalwe vaal en vervelig. Dan is daar Louis wat op sy vriend se sterfbed belowe het om die vaal Juli te trou. Met tyd kom hy agter dat hierdie Juli wat hy leer ken het, nie so vaal en vervelig is nie. Maar hoe gaan Juli terugkom na haar eie tyd. ‘n Tyd met tegnologie en nuwe wêreldse ontwikkelings. Maar ook, sy is besig om haar hart te verloor op die aantreklike Louis en so moet sy besluit of sy terug gaan na haar eie tyd, of bly by die man op wie sy haar hart verloor het.
Madelie, vrek het ek nou lekker gelees.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.