Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die geheime lewe van Gita

Rate this book
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie. Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.

267 pages, Kindle Edition

Published May 17, 2021

1 person is currently reading
3 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (27%)
4 stars
12 (66%)
3 stars
1 (5%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,159 reviews
October 11, 2021
"Gita Bruwer: alleen. Bloot omdat dit eenvoudig is." (bl. 9). Só word die hoofkarakter aan die leser voorgestel, ’n vryskutjoernalis wat solo leef en niemand in haar spasie verwelkom nie. Klink heel ongekompliseerd, totdat die mantels waaragter sy skuil een vir een afgeskil word. Dit is wanneer jy agterkom dat gekompliseerde en diepgewortlede emosies die rede is vir die fasade wat sy in plek hou rondom haarself. Nie eers haar familie, bestaande uit haar ma, stiefpa en stiefsuster, kry inkomplek nie.

Dit is egter wanneer sy in haar rol as deeltydse kelnerin paaie kruis met tjelloman, Darius en sy bikerbroer, Brian, wat haar voorspelbare lewe effens op sy kop gekeer word. Namate die storielyn vorder, het ek meer emosioneel betrokke geraak by Gita en haar soektog na antwoorde. Hoekom was sy nie genoeg was vir haar biologiese pa nie? Hoekom is voorkoms vir haar ma so belangrik? Hoe werk vergifnis en boetedoening?

Die geheime lewe van Gita, wat waarskynlik bemark kan word as ligte vrouefiksie, het my diep geraak, veral die tweede helfte van die boek. Daar is diepsinnige uitsprake wat ek wil merk, weer en weer lees en bedink, soos "Ek wou hom iets gun wat nie myne was om te gee nie." (bl. 278) Dit is ’n boek wat ’n wye verskeidenheid van verhoudings ontleed en die leser laat met genoeg om aan te herkou.


216 reviews12 followers
August 3, 2021
Dit was 'n heerlik ontspannende verhaal. Vol draaie en opdraendes. Ek wou iets lekker ligs lees en Gita het gesorg dat ek heerlik kon ontspan terwyl sy al die avonture beleef. Ek hou van die manier waarop die skrywer gereeld in Gita se gedagtis in gaan om Gita aan te spoor tot beter dinge. As mens eenmaal begin lees kan die boek nie sommer neergesit word nie. Hou baie hiervan.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.