Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Stella-moorde

Rate this book
Die moord op twee pragmeisies in hul skoolkoskuis vroeg op ’n wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes onherroeplik getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk. Xander Bylsma (19), ’n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op die sprankelende Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, ’n skrander donkerkop. Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van ’n grudaad in ’n gemeenskap van vervlegte lewens? Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens vernietig in hul fleur en oor die moontlikheid van berusting en vergifnis.

248 pages, Kindle Edition

Published June 1, 2021

8 people are currently reading
32 people want to read

About the author

Susan Cilliers

3 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (16%)
4 stars
29 (54%)
3 stars
11 (20%)
2 stars
3 (5%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
September 1, 2021
'n Veel beter poging as Huis van Gruwels, waar die gebruik van 'n kinderlike perspektief hoegenaamd nie gewerk het nie. Susan Cilliers skryf hier soos 'n joernalis, en sy doen dit goed.

Al die elemente van 'n boeiende ware misdaad-verhaal is hier: beskrywing van die gebeure (beide die moorde en die dae daarna), insae in die karakters se lewens, hooftrekke van die hofsaak en die nadraai vir die families. Dramatisering word tot 'n minimum beperk, wat ek altyd waardeer in niefiksie.
Profile Image for Salomé Kotzé.
227 reviews8 followers
June 17, 2021
Afrikaanse true-crime op sy beste. Die moord op die twee skoolvriendinne in ‘n skoolkoshuis op Stella in 2018 het die land geskok.
Xander Bylsma (19), ’n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht. Ons het in ons ontbytpap gestik toe die nuus bekend word. Wat op aarde? Nog ‘n jong man wat oënskynlik normaal voorkom, maar binne skuil iets onaardigs - net soos die Griekwastad-seun en die bylmoordenaar van De Zalze-gholflandgoed. Hoe gebeur dit?
En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van ’n grudaad in ’n gemeenskap saam?
Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, het as joernalis vir Beeld en Netwerk24 die moordverhoor bygewoon en die boek het daaruit gevloei. Die boek het my van die begin geboei en al het ek al die feite rondom die saak geweet aangesien ek dit noukeurig in die media gevolg het, kon ek nog steeds nie die boek neersit nie.
Cilliers het haarself uitstekend van haar taak gekwyt om die leser in daardie skoolkoshuis te plaas ten tye van die moorde. Die boek kyk ook na vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly – hoe die gemeenskap uit die treurspel sin maak en hoe drie ouerpare se lewe nooit weer dieselfde sal wees na daardie noodlottige wintersnag nie.
Die boek is hoogs aan te beveel indien jy ware misdaaddramas saam met jou koffie verslind. Of jy kan wag vir die fliek, want ek voorspel klaar ‘n moontlike draaiboek.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,493 reviews85 followers
June 17, 2021
#diestellamoorde - Susan Cilliers
#lapa

Op 26 Mei 2018 word die 16-jarige Marna Engelbrect en haar boesemvriendin, Sharnelle (Lallie) Hough, in die meisieskoshuis van die Hoërskool Stella vermoor. Kort daarna word die 19-jarige Xander Bylsma vir beide moorde gearresteer. Sharnelle was tot onlangs in ‘n verhouding met hom en Marna was sy kleinniggie.

Op 17 Februarie 2020 word Bylsma skuldig bevind soos aangekla in die Mmabatho Hooggeregshof en op 7 Augustus 2020 vonnis dieselfde hof hom tot lewenslange gevangenisstraf op elkeen van die klagtes. Hierdie boek vertel wat tussen 26 Mei 2018 en 18 Februarie 2021 (die datum van uitspraak in die aansoek om verlof tot appél) gebeur het.

Die genre (ware misdaad nie-fiksie) kan baie maklik verval in ‘n oorgedramatiseerde oorvertelling wat gekenmerk word deur vaagheid en selfs feitefoute, omdat kernbronne nie beskikbaar is of nie geraadpleeg word nie. Dit het egter glad nie in hierdie geval gebeur nie; die outeur het Netwerk 24 se beriggewing aangaande die verhoor behartig en gebruik dus deurentyd hoofsaaklik eerstehandse kennis. Waar ander bronne aangewend is, word dit ook so aangedui. Byvoorbeeld: die media is gevra om nie die gesamentlike gedenkdiens by te woon nie, maar die outeur het daarna ‘n onderhoud met die predikant gevoer en kon dus sinvol oor die inhoud van die diens berig. Sy verdien ‘n pluimpie vir haar beriggewing oor die hofsaak self: dis tegnies korrek gedoen en getuig van professionaliteit.

Die drukkersduiwel het slegs ten opsigte van datums toegeslaan: Chris Saunders begin getuig tydens die binneverhoor op 12 Maart 2019 (p. 98); sy kruisondervraging begin op 13 Maart 2020 (p. 112); word voortgesit op 14 Maart 2020 (p. 115) en die tweede getuie begin op 14 Maart 2019 (p. 116) getuig.

Ten spyte daarvan verdien die boek
4 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Marisa De Lange.
13 reviews
August 24, 2023
Ek dink frustrerend en hartseer is die beste woorde om die boek te beskryf. Susan Cilliers het haarself uitstekend van die taak gekwyt om Marna en Sharnnelle se storie te deel. Dis hartseer dat twee jong dames op so 'n wrede wyse van hulle families af geneem is. Dis ook frustrerend dat Xander en sommige mense na aan hom steeds glo hy is nie die skuldige party nie. Xander is 'n meester manipuleerder wat homself vas lieg!
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Lineree.
250 reviews6 followers
November 9, 2023
Dit is altyd so tragies om te dink waarnatoe mense in staat is en dan om geen berou of skuldgevoelens daaroor te he nie maak net nie sin nie. Mens sal dink om twee mense net so uit te wis een of ander skuldgevoel in jou sal laat loslaat. Ek voel verskriklik sleg vir al drie families, hulle het almal so baie verloor en hulle lewens is vir altyd daardeur geimpakteer. Ek kan myself nie so iets voorstel nie.
Profile Image for Yolandi.
27 reviews12 followers
June 23, 2025
I finished this book in a single day—it gripped me from the first page. The way it was written, with such clarity and meticulous detail, was nothing short of brilliant. But more than that, it was heartbreaking.

Reading about what happened to these vibrant young girls—lives filled with promise, extinguished too soon—was deeply sobering. Their stories deserve to be known, remembered, and honored. This book doesn’t just inform; it leaves an imprint. It reminds us of the fragility of life, the weight of justice, and the importance of never looking away.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.