Jump to ratings and reviews
Rate this book

Donkerbloed

Rate this book
17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?

Kindle Edition

Published June 6, 2021

9 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (40%)
4 stars
7 (35%)
3 stars
5 (25%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,538 reviews89 followers
April 8, 2022
#donkerbloed – Elrien Scheepers
#humanenrousseau

2045, Etswagoli, Suid-Afrika. Die 17-jarige Sybella is ‘n weeskind nadat haar ma, Rosa, en jonger suster, Jynna, twee jaar gelede in ‘n noodlottige lugtaxi-ongeluk gesterf het. Verskeie aspekte van die sogenaamde ongeluk maak egter nie sin nie; onder andere is dit die enigste lugtaxi-neerstorting in die geskiedenis en hou die lugredery vol dat Rosa die taxi vooraf gekanselleer het. Die polisie ag die ondersoek as afgehandel, maar Sybella en haar vriend, Jax, met sy konneksies in die verbode donker web, loods hulle eie ondersoek. Dan gebeur ‘n hele paar dinge gelyk: Sybella se pad kruis met ‘n onwettige hokvegter, Yala, Jax verdwyn, ‘n ou liefde, Seth, maak sy verskyning, en die direkteur van Biotron Babas, die beeldskone Lilith, bied vir haar ‘n werk aan. Dit alles lei tot die oopkrap van geheime aangaande genetiese modifikasie, nuwe inligting oor die taxi-ongeluk, en lewensgevaar vir Sybella.

Suksesvolle toekomsfiksie vereis eerstens ‘n geloofwaardige ruimte; die skrywer moet ‘n visueel verdeeldings-moontlike agtergrond skep waarteen die gebeure afspeel en hierdie ruimte moet nuwe elemente, sowel as bekendes, genoegsaam balanseer om die leser te oortuig. Die skrywer slaag uitstekend daarin; potensiële toekomstige tegnologie, veral wat medies, vervoer en kunsmatige intelligensie betref, word vernuftig met bestaande realiteite, onder andere plekname en die geldeenheid, vermeng. Musiek, soos die van Ed Sheeran, uit die teenswoordige tydperk, is weliswaar in 2045 sogenaamde Golden Oldies, maar dit dra by tot die outentisiteit van die roman. Die name van karakters is ook ‘n kombinasie van nuutskeppings en die alledaagse; Sybella, Jyna en Yala staan teenoor bekendes soos Seth, Cedric en Jax. Die vernoeming van die hoof antagonis na die mitiese verpersoonliking van bose vroulike slinksheid, Lilith, is besonder gepas.

Die tempo is vinnig, die opbou van die spanning geslaagd en die ontknoping bevredigend en gepas. Die tegniek om die protagonis geleidelik te omring deur karakters wat oor al die eienskappe beskik wat benodig word vir ‘n geslaagde slot, is baie effektief aangewend. Slegs twee punte van kritiek: die oor gebruik van vergelykings was ‘n demper op my leesgenot; in heelwat gevalle kon dit óf deur metafore vervang, óf weggelaat gewees het. Die drukkersduiwel het ook op p.91 toegeslaan waar na Meliwani as Zeliwani verwys word.

Die roman is gemik op die jong volwasse leser, maar sal geniet word deur lesers van 14 jaar en ouer en word sterk aanbeveel vir diegene wat ‘Spel’ van Annerle Barnard waardeer het.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#uitdievulsebek
#Uitdieperdsebek
NB-Uitgewers/Publishers
Profile Image for Zelda.
Author 16 books33 followers
October 7, 2021
Hierdie boek het my omgeboul. Gewoonlik hou ek nie van toekomsverhale nie, maar die karakters en storielyn was van bladsy 1 af so vars en anders, dat dit my gegryp het en net nooit laat los het nie. Die skrywer se visie vir die toekoms is so slim en geloofwaardig, dat dit nooit belaglik of fantasie-agtig begin voel het nie. Om die waarheid te sê, ek kan al hierdie dinge sien gebeur - nie te lank van nou af nie. Elrien Scheepers se navorsing is uitmuntend, haar karakters multidimensioneel en haar verhaal uniek. Haar manier om ’n mens aan die einde van amper elke hoofstuk asemloos te laat, werk soos ’n bom.
40 reviews
July 4, 2021
Absoluut puik

Elke bladsy van die futuristiese wetenskapfiksie verhaal, het my vasgenael gehou. Ek sou sê die boek is gemik op tieners van so 15 -17, maar ek as 41 jarige tiener het dit ook baie geniet.
Profile Image for Carel van Rooyen.
2 reviews
Read
March 23, 2026
In Donkerbloed slaag Scheepers daarin om deurentyd ’n geloofwaardige tegnologiese toekomswêreld uit te beeld, integraal tot hierdie genre. Die gedeeltes in die boek oor genetika en geenredigering was interessant, en dit is duidelik dat Scheepers baie kennis beskik oor hierdie onderwerp (en haar navorsing deeglik gedoen het). Dit was lekker om die wetenskapsterme in Afrikaans te lees, die hoogtepunt van die boek vir my.

Ek moet egter saamstem met Anschen Conradie dat van die vergelykings steurend was, meermale het ek dit bisar gevind. Een voorbeeld: Op bladsy 177 sê Zuri: “En Lilith blaas elke dag soos ’n geitjie met kraampyne in Biotron se gange omdat jy nog nie terug is nie.” Vroeër sê dieselfde karakter: “Jou vel lyk so half soos ’n kwarteleier” (bl. 102). Waar sal ’n meisie wat van “geboorte” binne mure gehou is, en net soms in die aand na avatarklubs gaan, aan sulke beelde kom? Dit sou beter pas by Sybella, wat gereeld beskrywings uit die natuur gebruik, maar selfs van haar klink dit effens ongeloofwaardig.

Daar is ook ’n oorgebruik van sekere woorde en sinsnedes, “hy/sy draai sy/haar kop skeef” kom dikwels voor. Ek het ook etlike drukfoute in die boek opgetel, wat altyd ’n jammerte is om te sien.

Tieners wat meer geïnteresseerd is in Sybella en haar suster se storie behoort egter verby hierdie kwessies te kan kyk, en sal dit geniet om wetenskapsfiksie in Afrikaans te lees.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews