Jump to ratings and reviews
Rate this book

Hart van Klip

Rate this book
Die vonke spat behoorlik ...Christi is die jongste lid van die suksesvolle Country-groep, Steely Susters.Haar skoonheid laat die meeste mense twyfel in haar talent en sy is daaropuit om hulle verkeerd te bewys. Na haar vorige verhouding traumatiesgeëindig het, weet sy dit is nou haar kans om op haar loopbaan te fokus.Dan loop sy weer vir Richard Barret raak. Die sexy Ierse musikant en eenvan die grootste foute van haar lewe. Sy weet dit is die beste om heeltemaluit sy pad te bly, maar wanneer ’n familietragedie dié twee forseer om saamop Steely Hills te bly, spat die vonke behoorlik!

153 pages, Kindle Edition

Published June 20, 2021

2 people are currently reading
8 people want to read

About the author

Didi Potgieter

28 books27 followers
Didi Potgieter is an Afrikaans writer from the whimsical town of Potchefstroom, South Africa. Didi has always dreamed of becoming a romance writer and considers herself blessed to live this dream. Didi is also the editor at LitNet: Nuwe Skryfwerk and a full-time copywriter for a marketing and communications company. Didi has been nominated for five awards for her writing, of which she won two. Her passions include coffee, good wine, books and spending time outdoors with the people she loves.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (43%)
4 stars
7 (43%)
3 stars
2 (12%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
August 18, 2021
In Hart van klip, die derde in die Steely Susters-reeks, vind ons vir Christi in die Park Hotel by ’n glansgeleentheid van die gewilde Parkers. Hoe lekker bekend het dit gevoel! Gou kom die leser agter dat Christi gevoelige kwessies wegsteek agter haar suksesvolle model-cum-countrysanger fasade. Sy voel haarself altyd effens minderwaardig wat betref haar rol in die Steely Susters, en boonop steek sy haar traumatiese ervaring met haar eks weg. Dit word dan ook die dryfveer agter haar latere optrede wanneer sy vir die wêreld 'n verhouding met Ben Barret voorhou.

Mens sou hierdie storie kon noem rock ontmoet country, want daar is van meets af aan ’n onbehoorlike aantrekkingskrag tussen Christi en Richard Barret van The Barricades. Dit gee ’n nuwe dimensie aan die bekende term "uitgestelde begeerte" en ek was beïndruk met die geduld van die skrywer om dit as sulks te hou en nie die kar voor die perde in te span nie. Dit het die emosionele spanningslyn laat slaag en die ontknoping ekstra impak gegee.

Daar is reeds ’n saadjie geplant vir die volgende aflewering in die reeks, waarna ons kan uitsien in September 2021.
5 reviews
August 28, 2021
Wat 'n heerlike leeservaring.

Van die eerste oomblik spat die vonke tussen Richard Barret, die suksesvolle rockster en Christi, die jongste lid van die bekende country trio Steely Sisters. Om bekend te wees is egter nie maklik nie en kan soms maak dat 'n ster die meisie waarvan hy hou, deur sy vingers laat glip.

Christi dra egter swaar aan 'n onaangename ervaring en sal alles in haar vermoe doen om daardie hoofstuk in haar verlede af te sluit.

Didi se gemaklike skryfstyl het my deur die nag laat lees aan hierdie lekker verhaal en al was die gelukkige einde gewaarborg, het sy my met tye laat wonder hoe die karakters dit sou kon regkry.

Ek sal beslis die boek aanbeveel.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.