Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Seepunt-Insident

Rate this book
Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.
Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk.

Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.

Paperback

Published July 1, 2021

2 people are currently reading
13 people want to read

About the author

Gerhard Greyvensteyn

2 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (12%)
4 stars
8 (33%)
3 stars
7 (29%)
2 stars
5 (20%)
1 star
1 (4%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,495 reviews85 followers
July 15, 2021
#dieseepuntinsident - Gerhard Greyvensteyn
#penguinrandomhousesa

Vrydagaand, 31 Desember. Kaapstad. Imelda Grys, skatryk sakevrou en kunskenner, is die gasvrou vir ‘n eksklusiewe Nuwejaarete by haar woning in ‘n rykmansbuurt. Die gaste is met sorg gekies: haar seun, Dennis, en sy vrou, Fikile; haar dogter, Sandra, en haar vennoot en minnaar, James; ‘n Shanghaise sakevrou, Jane; ‘n radiojoernalis, Jakkie, en ‘n gewese polisiebeampte, maar nou ‘n blommeverkoper, Bradley. Haar laatlamseun, Thomas, is afwesig.

Sy versoek almal om voor middernag te vertrek en sterf oomblikke na die laaste gaste se vertrek toe haar stoelhysbak, wat haar 24 meter en teen ‘n helling van 33 grade tot by haar voordeur moes besorg, geheimsinnig onklaar raak en na benede stort. Misdaad word vermoed en die hulp van ‘n privaatspeurder, Vos, word ingeroep.

Vos is ‘n interessante karakter. Haar van en voornaam is beide Vos en haar tweelingbroer is Deventer Deventer. Albei is voormalige lede van die SAPD, maar het die diens verlaat ná ‘n traumatiese insident. Vos is nou ‘n whiskey-drinkende privaatspeurder en Deventer is die eienaar van ‘n wassery, asook ‘n mediterende vegetariër. Hy bly egter steeds Vos se klankbord.

In ‘n ware Agatha Christie-trant word dit gou duidelik dat elkeen van die gaste motiewe gehad het om Imelda te vermoor, maar wie was dit ? Sommige van hulle het bande met die Chinese en Koreaanse mafias; sommige was in finansiële krisisse; sommige het persoonlike redes gehad om haar dood te wou hê…. Die leser is hier die tradisionele leunstoelspeurder; van die moord tot die uiteindelike ontknoping verloop daar slegs ‘n week, maar terugflitse na die verlede krap die leidrade telkens deurmekaar. (Nee, ek kon glad nie raai wie die skuldige was òf wat die ware motief vir die moord was nie.)

Die subtitel van die roman (Moord is ‘n kuns) vind vermaaklik weerklank in die teks: kuns speel inderdaad ‘n kardinale rol; kulinêre kuns in die besonder. Aansluitend daarby begin én eindig die roman met eksklusiewe aansitetes. Die feit dat die moordenaar een van die gaste moet wees, herinner sterk aan desjare se sogenaamde ‘closed room mysteries’; die lees van die roman wou my later in Cluedo-styl laat uitroep: Professor Plum ! (In the library. With a candle stick.)

Twee foute het bietjie gekrap: op p.37 word foutiewelik na Dennis as Bradley verwys en die begrippe aangaande die prosedures wat volg op ‘n onnatuurlike sterfte word op p.158 regstegnies onakkuraat beskryf. Dis nietemin ‘n ontspannende en boeiende debuut wat ek moeilik kon neersit en die roman kry ‘n welverdiende 4 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Wena.
364 reviews1 follower
January 15, 2022
Interessante karakters! Hoop om meer van Vos en Deventer te hoor.
Profile Image for Marita Snyman.
104 reviews2 followers
July 20, 2021
'n Lekker vinnige tempo, heelwat storielyne wat goed saamgetrek word teen die uiteindelike ontknoping. Ek het die trant geniet, die fyn waarnemings en beskrywings en lekker saamgeproe aan die verskillende smake. Sien uit na Vos-hulle se volgende avonture!
Profile Image for Alichia Botha.
45 reviews1 follower
April 4, 2025
The twist and turns in this book kept me on my toes every chapter had a new cliffhanger,was absolutely amazing.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.