Jump to ratings and reviews
Rate this book

Wildekus

Rate this book
Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie.Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sywêreldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. Wanneer Lea se ma egter sterf,gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou.Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ’n groep rondswerwendegelowiges reg langs hulle kom laer trek met ’n versameling voos en voddekaravane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier,begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Disalles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ’n ernstige kopstamperymet Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.Na bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hymoet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sygemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die LewendeVlees, ’n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradysprobeer staanmaak.Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.

399 pages, Kindle Edition

Published July 1, 2021

Loading...
Loading...

About the author

Morne Malan

5 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (13%)
4 stars
13 (44%)
3 stars
10 (34%)
2 stars
2 (6%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 12 of 12 reviews
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
August 5, 2021
'n Baie interessante debuut. 'n Pa se onhandige uitreik na sy ingewikkelde dogter, godsdienstige fanatici, die krag van die natuur. 'n Unieke boek.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,582 reviews91 followers
November 3, 2021
#wildekus - Morné Malan
#lapa
Adam Swart se enigste dogter, Lea, verdwyn saam met ‘n vreemde godsdienstige groep tydens ‘n vakansie aan die Wildekus. Sy los ‘n briefie met ‘n versoek dat hy haar nie moet probeer opspoor nie, maar, meer as 3 jaar later, keer hy terug in ‘n laaste, desperate poging om haar op te spoor. Sy pad kruis met die bejaarde hippie, Matthias, en Die Lewende Vlees sekte wat in stokoue karavane op ‘n afgeleë plaas woon. As hy enigsins vir Lea wil opspoor, moet hy hierdie leeus in hulle kuil gaan aandurf.

Die roman begin stadig. Op p.20 het ek bekommerd begin word toe Adam se gedagtes, na my mening, glad nie met hom as volwasse, siniese karakter versoen kon word nie. Uitdrukkings soos ‘dis nou maar wors’ en ‘die simpel ou kerk’ was vir my in kontras met sy wêreldbeeld en posisie as suksesvolle, dinamiese sakeman. Sy ete en vakansie saam met Lea was ook vir my problematies in die sin dat ek geen aanklank by Lea kon vind nie. Toe sy verdwyn, het ek regtig nie omgegee of sy ooit weer gevind word nie.

Maar, met Adam se terugkeer na die Wildekus, het die roman my begin meesleur. Die karakters, veral was vir my fassinerend: die dinamiese Saul; die donker kant van die oënskynlik moederlike Antie Mart; die komplekse Tiemie; die liewe ta’ Mien wat my telkens met haar bygelowe en sêgoed geamuseer het en Oom Job se kinderlike geloof en onverwagte insigte, was vir my hoogtepunte. Die hoofkarakters word deur middel van tydspronge na die verlede, wat baie suksesvol aangewend word, aan die leser bekendgestel.

Twee uitsprake van Oom Job was vir my besonder treffend en uiters relevant in die ontknoping van die roman: ‘Partykeer is ‘n sonde wat ongestraf bly, die ergste straf’ (p.67) en: ‘Jy kyk net van buite af en jy dink wat jy sien, is die waarheid.’ (p. 316)

Die roman is deurspek met fyn intriges en nuanses, treffend ingekleur deur ironie en satire. Die dooptoneel op p.49-50 en ta’ Mien se metodes om die ‘dywel’ te verdryf, was vir my besonder amusant.

Maar die roman is geensins ‘n komedie nie; die spanning neem baie subtiel toe en die laaste paar hoofstukke bou op na ‘n dawerende crescendo. Lesers wat op soek is na aksie en vinnige, dramatiese tonele, gaan waarskynlik teleurgesteld wees. Maar vir diegene wat meer geduldig lees, wag daar ‘n wonderlike leeservaring.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
147 reviews8 followers
October 14, 2021
Ek is oortuig daarvan dat die Afrikaanse boekbedryf een van die mees inoverende en groeiende in die wêreld is. Elke nou en dan verskyn ‘n boek wat ‘n andersheid het wat mens laat regop sit en jou aandag hou. Of dit nou ‘n nuwe benadering of innoverende styl of verhaal is, of ‘n nuwe skrywer wat jy net weet nog wonderlike boeke gaan bring. In die geval van “Wildekus” is dit laasgenoemde maar dalk oor iets van die ander. Morné Malan se debuut is iets anders.
In breë trekke gaan die boek oor Adam Swart wat met sy vervreemde dogter Lea wegbreek na die Wildekus waar hulle ‘n geloofsekte raakloop wat met woonwaens rondreis. Na ‘n argument tussen hulle verdwyn Lea en die sketelede. Na meer as 3 jaar gaan soek Adam haar maar die soektog is alles behalwe eenvoudig .
Ek moet erken dat ek aan die begin van die boek maar traag gelees het. Die baie klein font het ook nie eintlik gehelp nie en ek het ‘n paar keer die boek opgetel, en neergesit vir ‘n ander boek. Maar so ‘n derde in die boek in was dit ‘n ander storie. ‘n Spanningslyn begin ontwikkel wat dwarsdeur strek. Die speling tussen Adam se siniese uitkyk tot die lewe en “carzy Christians” se totale anderste uitkyk speel telkens teen mekaar af. Baie vrae word gevra oor geloof en die belewenis daarvan na alle kante. Oor die plek of geen plek van sekere geloofstrukture en oor wat verantwoordelike ouerskap en medemenslikheid is. Oor die gevaar en die gemaklikheid van deel van ‘n trop wees – op watter manier ookal.
“Wildekus” is nie ‘n maklike boek nie – dit is vol intriges en fyn skakerings .Die karkaters is kompleks en baie van hulle eksentriek. Dit is ook nie ‘n boek met ‘n vinnige leestempo en spanningslyn nie. Dit is eerder ‘n stadige lees wat hier na die einde toe jou aandag al meer vasvang. Dit laat jou heel moontlik ook met ‘n paar vrae laat – waarvan party ongemaklik kan wees. Dit is ongetwyfels ‘n boek wat jou laat regop sit en kennis neem van sy skrywer.
180 reviews11 followers
August 26, 2021
Wát presies ek verwag het van hierdie boek weet ek nie. Die mooi voorblad met die ou karavaantjie op het iets in my geroer en ek moes opsluit díe boek lees. En ek het glád nie verwag om só 'n unieke verhaal raak te loop nie!
Nadat die ma van sy dogter, Lea, oorlede is, neem Adam Swart sy vervreemde dogter op 'n vakansie na Dwesa, aan die wildekus van Transkei. Daar bly hulle steeds ongemaklik met mekaar en ná 'n woodewisseling verdwyn sy spoorloos - dieselfde tyd as die rumoerige christelike groep wat ook daar kampeer het. Die polisie weier om hom te help, en na vele oorweging besluit Adam 'n paar jaar later om self sy dogter te loop soek.
Hy beplan om op die groep te spioeneer om eers sy feite agtermekaar te kry, en dan sal sy vriend Matthias en nog ander, hom kom help om die groep bloot te lê.
Maar, oppad soontoe verongeluk Adam, en beland in die middel van 'n ongelooflike bedrogspul.
Ek kon hierdie boek nie neersit nie! Die gebeure is intens en Malan se skryfstyl trek jou tot binne-in elke situasie. In my opinie, 'n skitterende moet-lees!
Profile Image for Janine.
32 reviews
October 20, 2021
Ek waardeer 'n Afrikaanse boek wat nie op die Afrikaner cliches gebaseer is nie, maar wel eer betoon aan Suid-Afrikaanse kultuur. Die nostalgie van karavane!!
Die storie is pragtig geskryf en die laaste paar hoofstukke is werklik aangrypend. Ek is ook bly dat die kultus se storie nie opeindig met 'n soetsappig storielyn nie.
Die mens is kompleks. En alhoewel een van die boek se hoof temas blyk om geloof (of meer spesifiek, waansinnige geloof) is, gaan dit oor hierdie kompleksiteite van menswees.
Profile Image for Klarissa Naudé.
4 reviews
August 6, 2021
Uitstekende boek. Aangrypend, sonder om te swaar of aanstellerig te wees. Boeiend van begin tot einde. Dis 'n moet lees!
Profile Image for Rozaan De.
Author 1 book7 followers
November 6, 2021
Wat ń aangename verrassing was hierdie boek nie! ń Uitsonderlike verhaal, ek kon die boek glad nie neersit nie. Definitief een van die bestes van die jaar en ń wonderlike leeservaring vir my.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books36 followers
October 16, 2021
Wie is Morné Malan? Dit was my eerste gedagte toe ek die boek sien. Teen die tyd wat ek klaar gelees het, is ek deeglik bewus van die skrywer Morné Malan.

Hierdie boek sluit aan by Die Getuienis van Francois Smith. Beide skrywers skryf oor die karakters se intense religieuse belewinge en hulle noue vverhouding met Vader/Abbatjie halleloe-ja!

Adam, later ook genoem Swerwer, soek vir vier jaar na sy dogter Lea, en vind haar by Ie Lewende Vlees, 'n kultusgroep aan die Wildekus naby Port St Johns. Is hierdie 'n boek oor godsdiens? Nee. Kritiek oor godsdiens? Nee. 'n Satiriese blik op godsdiens? Nee. Dit is bloot die belewing van die karakters van hulle godsdiens, waar hulle 'n eenvoudige lewe leef, vry van materiële kettings.

Ons lees van uiterste indoktrinasie, in so 'n mate dat Adam self aan die twyfel raak oor wat aan die gebeur is. Die blye vooruitsig, die dienende Martha en sirkels van waarhede hou die leser se aandag. Dis 'n lywige lees, en kon bietjie gesnoei word waar antie Mart darem net een keer te veel haar rympie opsê.

Die Bybelse name is goed gekies en die karakters beleef jy asof jy na 'n fliek kyk. Ek het heeltyd vir Nicole Holm gesien as antie Mart en Clyde Berning as Saul.

Temas is vervreemding, onwaarskynlike vriendskappe, soeke na sin en betekenis. Dis 'n lekker, anderste lees.

Elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.
Profile Image for Jacoleen.
57 reviews
March 4, 2024
Hoe die karakters aan die leser voorgestel word en onwikkel baie interessant gevind. Verskeidenheid kleurvolle karakters, party wat jou self bietjie bang maak of voor versigtig is. Lea het my natuurlik glad nie aangestaan en mens word gelaat met onbeantwoorde vrae , maar dit is seker aan elke leser se eie verbeelding oorgelaat Alhoewel ek self meer sou wou weet van die later jare.
Boek het vir my biejie stadig gelees, maar mens wil weet hoekom en wat nou verder.
Ek kon my inleef in Adam se frustrasie
Mooi beeldspraak en situasies uitgebeeld
Hoofpyn oranje .... maak nogsteeds my kop seer.
.... reuk wat soos klonte in jou keel opstoot
Profile Image for Christelle Wessels.
Author 0 books28 followers
February 19, 2024
'n Baie goeie debuut met interessante, lewensgetroue karakters. Gewoonlik hou ek van 'n vinniger pas en meer aksie, maar Wildekus het my ingekatrol en my heerlik laat lees.
Is die storie perfek? Nee. Sorg Morné vir 'n goeie leeservaring? Beslis.
Displaying 1 - 12 of 12 reviews