"'n Gevaarlike vreesloosheid tree in as die ergste ding wat in die lewe met jou kán gebeur, reeds gebeur het." Vir Magdaleen Verster, die hoofkarakter in hierdie roman, is dié stelling beslis waar. Op die ouderdom van 31 jaar probeer sy die stukke van haar lewe optel na die dood van haar identiese tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap aanknoop met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko's te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, maar miskien kan sy ’n verskil aan ander se lewens maak. Tog kom alles teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.
Zelda Bezuidenhout was born in Zambia but moved to South Africa as a young girl. She worked as an advertising copywriter in Johannesburg for most of her adult life and only started writing books at the age of 56. Her first book, the youth novel "As mens geluk kon proe" was the runner-up in Lapa Publishers' youth novel competition in 2017. It has since been translated into English and was published as "Confessions of a Ginger Pudding" in September 2021. Her first book for adults, "Die dekonstruksie van Retta Blom" was published by Kwela Books in July 2019. Another youth novel, "Die 6 weke van Thomas en Ella", followed in September 2019. "Toe ons oneindig was" was published in June 2020. A first for Afrikaans YA fiction, it's a coming of age story with a lesbian protagonist. A youth book for readers between 10 and 13 followed in March 2021. "Die drie van ons" is a beautiful story about being 12 and trying to figure out your place in this world. Zelda's second book for adults is a medical suspense novel titled "Die waarde van Stil Bure." It tells the story of Magdaleen Verster, an ordinary young woman who finds herself entangled in the controversial world of stem cell research. She recently published her seventh youth novel, a young adult #MeToo story called "Quinn se jaar van kwik". It was the runner-up in LAPA publishers' 2023 youth fiction competition and received rave reviews. Zelda lives in Parys, Free State with her husband Izak. Their daughter, Mia, is a compositing artist at an animation studio in Cape Town.
Zelda Bezuidenhout is ’n suksesvolle en bekroonde skrywer, met veral haar jeugverhale wat baie aandag gekry het in die media. Ek het nog nie voorheen die voorreg gehad om van haar boeke te lees nie. Toe dit dus begin gons op Lekkerleesboekrak en ander platforms oor ’n nuwe roman vir volwasse lesers uit haar pen, het ek ore gespits. Veral toe daar woorde soos "mediese spanningsverhaal" die rondte begin doen. Dit is immers iets wat nog nie veel in Afrikaans ontgin is sover my kennis strek nie.
Die titel was nog ’n faktor wat my nuuskierigheid gaande gehad het. Só ’n titel kan mens eenvoudig nie ignoreer nie. Dit het my gedagtes in verskeie rigtings laat koers kry, maar, moet ek bieg, die kinkels in die verhaal het ek nie voorsien nie. Vanaf die proloog tot by die sagte einde, nadat die spanning verby is, was ek uitverkoop aan die verhaal. Die verhaal het elemente van vele genres, waarvan verhoudings die grondslag vorm. Magdaleen is die oorblywende suster van ’n identiese tweeling en wroeg met die rouproses. Haar onvermoë om iets vir haar suster te kon doen, noop haar om ’n gewaagde ketting van gebeure te inisieer om wel ’n verskil te maak in die lewe van Ben, ’n verlamde seun.
Haar vriendskap met haar eksentrieke buurman, ’n wetenskaplike wat stamselnavorsing doen, is die ander belangrike verhouding in die roman. So ook haar verhouding met die tweeling se jeugvriendin, Puleng, Magdaleen se vriend, Zack, en natuurlik haar ma, Alida.
Die spanningselement word reeds in die proloog geskep. "Want daardie oggend was die doodsengel so naby dat sy sweerlik die ritseling van sy vlerke sou kon hoor as sy net geluister het. (bl 7) Die mediese aspekte is deeglik nagevors en loop hand aan hand met die spannings- en verhoudingsontwikkeling. Dit is ’n boek wat nie neergesit wil word nie. Trouens, ek lees juis vanoggend van ander wat, soos ekself, slaap ingeboet het.
wat ek baie van die boek gehou het, is die einde. ek het dit glad nie verwag nie.
verder kon ek nie eintlik 'n konneksie vind met die karakters nie en dis nogal belangrik vir my. dit is eenvoudig maar net smaak, want die boek is goed geskryf.
Magdaleen was die ‘gewone’ een van die identiese tweeling. Misha die eksotiese een. Na Misha se ontydige dood is ‘n deel van Magdaleen ook weg; om met die lewe voort te gaan sonder die persoon wat letterlik ‘n deel van haar was, bykans onmoontlik. Haar vriendskap met haar eksentrieke buurman, Darius Achenbach, en dit wat daarop volg, vorm die kern van hierdie roman.
Ek vermoed dat ‘n oppervlakkige lees lesers sal noop om die roman as mediese spanningsfiksie te klassifiseer. Ja, stamselnavorsing, spanning en selfs moord speel ‘n sentrale rol en dit verskaf groot leesplesier, maar dit sou uiters onregverdig wees om by hierdie klassifikasie halt te roep. Vir my was die roman soveel méér: Magdaleen se nuutgevonde moed om risiko’s te waag en dinge te doen wat voorheen geheel en al buite haar voorspelbare aard was, beeld haar rouproses hartroerend uit: ‘… ‘n gevaarlike vreesloosheid tree in as die ergste ding wat in die lewe met jou kán gebeur, reeds gebeur het…’
Magdaleen en haar ma se verhouding en, in die besonder hulle onvermoë om sáám oor Misha te kan rou, wat pynlike konflik tot gevolg het, is ook vir my ‘n hoogtepunt van die roman. Aansluitend daarby, en nogal met verwysing na een van my gunsteling flieks ‘Stand by me’ (die silwerdoekverwerking van die King novella ‘The body’) word die aard van vriendskappe ondersoek. Die boodskap van die betrokke fliek is dat mens nooit weer die diepte van vriendskap ervaar wat jy op 12-jarige ouderdom sluit nie, maar hierdie roman daag juis hierdie standpunt baie geloofwaardig uit.
Die proloog is, terugkykend, briljant geplaas. Die leser besef die relevansie en belang daarvan eers in die laaste derde van die roman en word dan teen die bors getref deur die volgende aanhaling: ‘Later sou sy dikwels hieroor nadink; oor hoe skynbaar doodgewone dae gekamoefleerde kantelpunte in ‘n mens se lewe mag wees.’ (p.7)
Lesers wat die roman bloot as ontspanningsfiksie wil geniet, sal nie teleurgesteld wees nie. Dis boeiend en deurspek met interessante en geloofwaardige karakters. Maar ek wil lesers tog uitdaag om dieper as die oppervlak te kyk; hierdie roman verdien dit.
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing.
Ek moet bieg ek het eers die laaste paar jaar Afrikaanse-boeke begin lees (behalwe vir die Deon Meyers op my boekrak). Ek kon net nie myself met die meeste karakters vereenselwig nie en dan praat ek nie eers van die Afrikaans wat in baie boeke gebruik word nie - nie eens my ouma praat so nie (okei partykeer)😂 baie lang storie om te sê Die waarde van stil bure is n moet-lees. Magdaleen Verster is so relatable en die storielyn so interessant en uniek dat ek nie seker was wat om volgende te verwag nie (my gunsteling tipe storie).
I loved Zelda’s book from the first page to the very last. She is a captivating writer who understands the nuances of the Afrikaans language and especially the psyche of her reader. Her latest book shows a very well developed ability to write in different genres. She also keeps her audience entertained with a quirky sense of humour woven throughout her masterful navigation of difficult subjects and perceived taboos. Hold on to your hearts as this book is a rollercoaster ride. Exhilarating suspense with enough drama to keep you turning the pages right to the end.
Zelda Bezuidenhout is vir my die Afrikaanse skrywer wat die mees kreatiefste omgaan met taal. Jy kan hierdie boek op enige bladsy oopmaak, en net daardie bladsy lees vir die manier waarop sy beelde inspan. Sy skryf net eenvoudig beautiful, soveel so dat ek soms vergeet om op die storie self te konsentreer.
Die tweede deel het ek vinniger gelees, dit was amper asof dit 'n boek op sy eie was en ek het effens verwyderd daarvan gevoel, miskien omdat spanningsverhale nie my eerste keuse van genre is nie. DIe karakter Magdaleen het my laat voel of ek van haar 'n vriendin sou kon maak.
Die spreek woordelike "page turner" vir my. Sterk karakters met interessante storie lyn, genoeg misterie om nie voor die tyd te veel weg te gee. Ek geniet Zelda Bezuidenhout se skrywes al hoe meer.
Awesome read, set in modern South Africa with references to local cuisine, language and Johannesburg that brings fond memories. Kept me spellbound and guessing what the outcome will be right to the end. I highly recommend this easy reading and entertaining thriller for summer holidays coming up.
Ek het die boek baie geniet. Was lekker om weer Afrikaans te lees. Zelda skryf suiwer Afrikaans en hou mens geboei tot die einde en wat n verassende einde. Ek kan die boek beslis aanbeveel