Jump to ratings and reviews
Rate this book

Strandwolf

Rate this book
Gaan haar verlede haar inhaal?Met haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug TalaRobberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewegesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op ’n stranddorpie,Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op diedorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl ’nregte wildewragtig-strandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haarhart bokspronge laat maak.Voor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haaremosies is ’n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haarseun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verledeherhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal?

153 pages, Kindle Edition

Published June 20, 2021

1 person is currently reading
2 people want to read

About the author

René van Zyl

29 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (66%)
4 stars
1 (11%)
3 stars
1 (11%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (11%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
August 12, 2021
Ontmoet jy vir skrywer, René van Zyl, sal jy dadelik besef dat sy nie ’n mens is wat jy in ’n voorspelbare boksie kan druk nie. Sy hou van misterie, kastele en vreemde kulture, en boonop is sy ’n puik skrywer. Daarom was ek nie verras dat dit juis sý is wat met ’n totaal unieke tema vorendag gekom het nie.

In haar nuwe Romanza, Strandwolf, ontmoet die leser die wolftrop bestaande uit Tala, met ’n ma wat volbloed Cherokee-Indiaan was, haar seun Fillan en oorgrote wolfhond, Akeela. Cherokee rituele, musiek en spiritualiteit is die basis van die storielyn, vir sover dit die heldin aanbetref. Tesame met trauma uit haar verlede wat haar na die klein Weskus dorpie gedryf het, waar sy kan wegkruip. Verder is die held ook, wat mens sou kon noem, onwaarskynlik. ’n Ruwe strandloper, bebaard met lang hare en ’n onwilligheid om met mense te kommunikeer. Die aanklank wat hierdie twee mense by mekaar vind, word pragtig uitgebeeld.

Teenoor die ruwe vreemdeling, wat waarskynlik lei aan geheueverlies en erge migraines kry, is daar die jong dominee van die dorp, wat baie belangstel om met Tala ’n verhouding aan te knoop. Vir elke beswaar wat sy opper, het hy ’n antwoord. Ook hierdie karakter word deeglik ontwikkel, in skrille kontras met Jabes, die geheimsinnige vreemdeling wat in ’n houthuisie op die strand woon.

As jy lus het vir iets totaal anders, daag ek jou uit om Strandwolf aan te skaf en te lees. Ek gee dit vyf sterre.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.