Jump to ratings and reviews
Rate this book

Mieke

Rate this book
Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees ...Mieke se lewe verander binne ’n oogwink wanneer Boeta met sy koffer en ’nsopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate lomp vyftienjarigeseun wat verstandelik gestemd is en opsluit sy pa soek. Hy weier om verder by syma en oom Voël te woon. Oom Voël is gemeen en raas met hom, en hy hou niksvan oom Voël nie.Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het niegeweet van haar man se vorige verhouding óf sy kind nie. Hoe kan sy Boetakwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal seharte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms vanjou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillendekante van ’n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis enhuismense nodig het.

308 pages, Kindle Edition

Published July 1, 2021

2 people are currently reading
10 people want to read

About the author

Mariël le Roux

8 books5 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (30%)
4 stars
17 (56%)
3 stars
3 (10%)
2 stars
1 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Heidi de Goede.
615 reviews8 followers
January 21, 2024
Een van daardie boeke wat jy nie wil hê moet eindig nie. Ek is reeds op soek na die skrywer se ander boeke.
4*
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
July 25, 2021

oeg, wat 'n wonderlike boek. ek is so bly ek het dit gelees en dit het alreeds 'n ereplek op my boekrak.

die storie is met soveel deernis geskryf. die karakters is wonderlik uitgebeeld en hoe almal se verhoudings inmekaar vleg is baie goed gedoen.

soms lag 'n mens bietjie en soms huil 'n mens bietjie - daar is so iets van alles.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,497 reviews86 followers
April 6, 2021
#Mieke - Mariël le Roux
#lapa

Alhoewel almal onbewustelik besef dat niemand álles van ‘n ander kan weet nie, is dit tog vir Mieke ‘n groot skok toe Boeta die dag aan haar deur klop. Want Boeta is nie net ‘n kreupel 15-jarige seun wat ‘bietjie dof is, maar nie doof nie’; hy het ‘n tas met sy aardse besittings by hom, want hy beplan om by sy pa in te trek; sy pa, Johan. Mieke se man.

Wat doen ‘n vrou wanneer sy gekonfronteer word met die lewende bewys van haar man se lewe vòòr haar; ‘n kind met spesiale behoeftes van wie se bestaan sy totaal onbewus was ?

Soos met die skryfster se vorige romans (‘Klara’, ‘Die naamlose’ en ‘Isabella’) is die fokus op menseverhoudings; op die nader groei en verwydering van mekaar; oor die bande, bloed én andersins, tussen mense; oor die vele verskyningsvorme van liefde; oor verlies en weer begin. In hierdie roman staan Boeta sentraal; niemand met wie hy in aanraking kom, sal onaangeraak bly nie.

Die onderskeie karakters word lewend geskryf; in sò ‘n mate dat ek die slinkse Ella se oë wou uitkrap en die walglike ‘Oom Voël’ met ‘n stomp mes wou bydam. Die tussenspele met Tant Juliana en die wewenaar en die rampspoedige familie-ete was besonder genotvol en het ongetwyfeld bygedra tot die leesgenot van die roman.

Johan was die één karakter by wie ek weinig aanklank kon vind. Op enkele uitsonderings na, was hy meestal selfsugtig, afsydig en moedswillig (of onnosel). Alhoewel hy inderwaarheid ‘n hoofkarakter moes wees, het hy nooit werklik as sodanig ontwikkel nie.

Dit was nietemin ‘n heerlike lees en lesers wat die skryfster se vorige romans geniet het, kan gerus hierdie een ook aanskaf.

4 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
April 12, 2021
Soms kom daar 'n boek oor jou pad wat soos 'n tornado 'n emosionele verwoesting saai. Hierdie boek was een van daardie ervarings. Ek het gelag en gehuil en geworstel saam met al die karakters. Dit was só eg menslik, en hartroerend geskryf, dat dit moeilik was om die boek neer te sit.

Hierdie is die uittreksel op die agterblad:
Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees. Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding of sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van 'n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.

Dit vereis soms onmoontlike situasies om jou eie innerlike sterkte te ontdek. En die hoofkarakters het beslis diep gedelf in hierdie hartroerende verhaal.
Die karakterontwikkeling was uitstekend, elke karakter, insluitend die ondersteunende karakters, het uit eie reg méns geword. Die storielyn was boeiend en realisties, en myns insiens nog nie baie uit hierdie oogpunt al vertel nie.


Hierdie is beslis een van my top boeke en een wat ek later in die toekoms weer sal lees.
Profile Image for Amanda.
1,162 reviews
December 19, 2022
Mieke Louw is as eerstepersoonverteller aan die woord, en ons ontmoet haar op hulle kleinhoewe, De Hoek, wanneer ’n oorverdowende geklop aan die voordeur, gevolg deur die geroep van haar naam, haar wêreld kom omkeer. ’n Seun in die lyf van ’n man, neem sy hom waar. ’n Vyftienjarige gestremde met ’n mank been, wat op soek is na sy pa en beweer dat haar man, Johan, daardie verlore pa is. Boeta, sy gesondheid en die invloed van sy koms op Mieke se lewe, staan sentraal in die storie.

Omdat ek redelik weerstandig is teen kru taal, het ek byna die boek neergesit tydens Boeta se aanvanklike tirade, maar ek is baie dankbaar dat ek deurgedruk het, want spoedig het die verhaal en die karakters my gedagtes besig gehou, selfs wanneer ek opsluit moes neersit en slaap. Moeilik om hier ’n gunsteling uit te sonder, maar Lottie is ’n stewige aanspraakmaker, met haar onversetlike hantering van die moeilike seun. Eintlik is al die inwoners van De Hoek wenners in eie reg vir hulle lojaliteit en ondersteuning in die uitdagende tyd wat gevolg het op Boeta se verskyning.

Die prys vir slegste karakter gaan ongetwyfeld aan oom Voël en Ella eers baie laat in die gebeure enige simpatie ontlok het. Ek het haar deurentyd as manipulerend ervaar, en Johan verkwalik dat hy nie fermer jeens haar opgetree het nie.

Dit is ’n verhaal wat vele harde werklikhede oopskryf. Gestremdheid, ouderdom, aanranding, ontrouheid, verbittering, en verskuilde agendas, om maar ’n paar te noem. Daar word nie gemaklik omgegaan met vergifnis nie. Selfs tot aan die einde, kom Mieke nog nie daarby uit nie. Om die hartseer ietwat te temper, is daar snertsies humor, soos die ou oom wat die afstand na die deur meet nadat hy met moeite orent gekom het.

Dit is die eerste maal wat ek kennis maak met hierdie skrywer, en ek is beïndruk met die wyse waarmee sy die storielyn, taal, spanning en empatie hanteer. Die roman het reeds in 2021 verskyn, uitgegee deur Lapa.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.