Jump to ratings and reviews
Rate this book

Buys: ’n Grensroman

Rate this book
Coenraad de Buys is die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêreld-uit. Vanaf die Langkloof swerf die legendariese Buys deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is trekboer, grootwildjagter, Khula die Grote, Koning van die Basters, sewevoet-rampokker, veelwywer en pes van die owerheid. Oral verwek hy kinders; oral sluit rowers en weglopers by hom aan – ’n ganske Buysvolk. Hy steel vee en vroue, smokkel gewere, sweep grensboere op teen die VOC en al wat Empire is; hy tolk tussen Nederlander en Xhosa en praat deurgaans net sy eie woorde. En oral op sy drosterpad is daar die honde, altyd die honde en die af-oor gedierte wat Buys se jeukvoete op die pad gesit het. Op Buys se spoor, in sy kop, om sy kampvuur draai die kwylende bekke rond. Buys is ’n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom.

440 pages, Kindle Edition

Published September 30, 2014

1 person is currently reading
12 people want to read

About the author

Willem Anker

9 books16 followers
Willem Anker is op 3 Februarie 1979 op Citrusdal gebore. Hy matrikuleer in 1996 aan Hugenote Hoërskool op Wellington. Tans doseer hy kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het in 2007 sy D.Litt aan dieselfde universiteit behaal.

In 2004 skryf hy die teks vir die ruimtelike teaterstuk Skroothonde wat by Aardklop die Aartvarkprys vir innoverende werk wen. Sedertdien het hy bekendheid verwerf as dramaturg. Siegfried, wat in 2007 by Kwela gepubliseer is, was sy eerste roman en is met die UJ-debuutprys en die Jan Rabie/Rapportprys bekroon. Sy roman Buys (Kwela, 2014) is met die WA Hofmeyr, Universiteit van Johannesburg, kykNET-Rapport, Helgaard Steyn en Hertzogprys bekroon.

Het jy geweet?

· Siegfried se eerste weergawe is in 2002 geskryf as deel van ’n MA-studie aan die Universiteit Stellenbosch.
· Sy doktorsgraad, wat voltooi is met prof Louise Viljoen as promotor, kyk na hoe die skrywers Breyten Breytenbach en Alexander Strachan die nomadiese figuur of swerfkarakter in hul tekste gebruik.
· Smag, sy Afrikaanse vertaling van Sarah Kane se toneelstuk Crave, is in 2008 landwyd by kunstefeeste opgevoer. Dit was sy eerste betrokkenheid by die vertaal van 'n toneelstuk.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (22%)
4 stars
6 (66%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
1 (11%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Renee Rossouw.
28 reviews2 followers
November 6, 2023
‘Fakken’ Hel. Dit het n rukkie gevat, maar totes worth it. Jy kom in die wereld in van Coenraad Buys en maak klaar met die boek se woorde ritme en karakters as goeie gevoel, klem gevoel, van wie hy was. He was a lot.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.