Jump to ratings and reviews
Rate this book

Om alleen te gaan

Rate this book
Die verhaal van Cato van Johannesburg, wat in haar middeljare op ’n hartsreis na die Nyl gaan ná ’n ernstige verlies. Op haar tog word sy vergesel van ’n Egiptiese artefak, wat trouens een rede vir die reis is – dié antieke klein klipskilpadjie moet huis kry.
Vroeg in haar Nylbesoek ontmoet sy vir Da’oud, ’n jong Koptiese Egiptenaar op ’n eie lewensveranderende sending. Sy familie is intens geraak, oor etlike generasies, deur sosiopolitieke onrus en ongeregtigheid, met 2011 se onlus op die Tahrirplein as onlangse laagtepunt.

Op hul bootvaart op die Nyl ontmoet dié twee ietwat ongemaklike vriende ’n bonte verskeidenheid soekers en swerwers, en die terugkeer van die skilpadartefak na sy plek van heenkome word ’n simbool vir die afleggings en totruskom wat Cato en jong Da’oud, op sy eie, verskriklike manier, moet deurmaak – elkeen alleen.

’n Roman vir die fiksiefynproewer.

352 pages, Paperback

Published September 1, 2021

3 people are currently reading
10 people want to read

About the author

Nicole Jaekel Strauss

5 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (23%)
4 stars
8 (61%)
3 stars
2 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,484 reviews84 followers
December 16, 2021
#Omalleentegaan – Nicole Jaekel Strauss
#Queillerie
#NBUitgewers

‘Ek wens ons kon net hier bly.’
‘Hoekom ?’ wou sy weet.
“Dis so stil hier. My kop voel groter. Oper, soos die plek.’

Beide van hulle was op ‘n persoonlike pelgrimstog: Cato, die Suid-Afrikaner met ‘n klein klipskilpadjie wat moet terugkeer na sy Egiptiese tuiste sodat Cato afsluiting kan vind, en Da’oud, die Egiptenaar wat vir ‘n kort tydjie David was, maar nou finaal na sy wortels terugkeer. Vergesel deur ‘n uiteenlopende groepie medereisigers, op ‘n week lange vaart op die Nylrivier, ontwikkel ‘n onwaarskynlike vriendskap en ‘n insig in mekaar se wêrelde.

Die roman se fokus op twee hoofkarakters wyk af van die algemene protagonis – antagonis patroon. Beide Cato en Da’oud vervul beurtelings beide rolle. Die leser word in beide se binne-wêreld en verlede toegelaat en beide se agtergrond en rede vir die reis word geleidelik ontbloot; die lae word tydsaam en sorgvuldig afgeskil. Die agtergrond is wel die van moderne Egipte, maar die karakters se besoeke aan geskiedkundige besienswaardighede en hulle gepaardgaande gesprekke oor antieke Egipte se eeue-oue legendes en gelowe, skep ‘n ryk agtergrond waarteen die karakters uitgebeeld word.

Alhoewel dit nie ‘n raaiselroman in die tradisionele sin is nie, herinner die saamgooi van ‘n verskeidenheid karakters in ‘n geslote ruimte nogal sterk aan die sogenaamde ‘closed room mysteries’. In hierdie geval is die ruimte ‘n dahabiya, die tradisionele tipe seilboot wat reeds vir eeue op die magtige Nyl vaar. Hierdie tegniek word uitstekend aangewend: die karakters is so uiteenlopend dat hulle andersins waarskynlik nooit aan mekaar blootgestel sou wees nie. Nou, te danke aan die intieme, afgesonderde ruimte, word die karakters met verskeie onontvlugbare situasies gekonfronteer: Alzheimersiekte, die aftakeling van oud word, die dood, verhoudings met geliefdes, politiek, asook hulle eie drome, verwagtinge en spoke uit die verlede.

Aanvanklik het ek min aanklank by die karakters gevind; ek het bloot te min van hulle geweet om myself met enigeen te kon vereenselwig, maar die gevoel van afsydigheid het verdwyn soos wat die roman gevorder het en, waarskynlik juis omdat die karakters op die ou end so intiem aan die leser bekend word, het ek die slot as uiters emosioneel ervaar.

Dis ‘n lieflike roman wat sal byval vind by liefhebbers van reisverhale en antieke Egipte, in die besonder.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Profile Image for Stephanie Muller.
219 reviews
January 15, 2024
Uitstekende boek, goed geskryf met interessante karakters.
Die reis af met die Nyl en die besienswaardighede maak jou lus om Egipte toe te gaan.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
November 12, 2021
Die titel vir hierdie uitsonderlike roman is ontleen aan ’n aanhaling uit Elsa Joubert se Water en woestyn: "Veral wou ek alleen gaan, omdat mens soveel meer afhanklik en soveel meer ontvanklik is as jy alleen gaan." Skrywer Nicole Jaekol Strauss is meer as een maal bekroon vir haar kortverhaalbundels. Hierdie is haar eerste vollengte werk en hoewel sy in 'n onderhoud erken dat die oorgang na ’n langer werk vir haar moeilik was, het sy haar uitstekend van die taak gekwyt.

Hoofkarakters Cato, geskeide ma van twee, uit Suid-Afrika, en Da'oud, ’n jong Egiptenaar, se paaie loop saam op ’n bootreis op die Nyl. Hoewel hulle deel is van ’n toergroep, is hulle elkeen op sy afsonderlike alleentog met ’n duidelike doel wat hulle dryf. Daar ontstaan ’n interessante wisselwerking tussen hulle, byna soos ’n onwaarskynlike vriendskap. Sy herken baie van haar afsydige seun in Da'oud, en op sy beurt voel hy dat sy dieper kyk as wat hy sou wou toelaat.

Die sterkste tema in die verhaal is dié van verlies in vele vorme, beide by die hoofkarakters as by die newekarakters, wat almal ook baie sterk ontwikkel is. Dit is ’n komplekse storielyn, met baie ander elemente soos onteiening, ontnugtering, woede, rasse-en geloofskonflik, politieke oproer, ouderdom en siekte wat aan die verhaal diepte verleen en vir my as leser, nie onaangeraak gelaat het nie.

Ek het aanvanklik gesukkel om my stryk te kry omdat Egipte, met sy ryk geskiedenis van Farao's, gode, die Nyl en tradisies vir my grootliks onbekend is. Ek moes vrede maak dat ek nie alles kon naslaan nie, want die karakters het my aandag gevra. Ek was onbewus van die handige notas oor name en terme agter in die boek, want ek het ’n doelbewuste besluit geneem om nooit agter in ’n boek rond te blaai voordat ek klaar is daarmee nie, uit vrees dat ek iets van die slot per ongeluk raaksien. Ek dink ek sal hierdie boek dalk eendag wil herlees, en sal dan meer paraat wees wat betref die Egiptiese milieu.

Profile Image for Rozaan De.
Author 1 book7 followers
October 14, 2021
Ek is ń groot aanhanger van die skrywer se werk en het hierdie boek net soveel soos haar vorige twee kortverhaalbundels geniet.
Haar beskrywing van beelde en tonele is uitmuntend en geen film kan dit helderder uitlig nie.
Ek beveel dit sonder terughouding aan.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
September 27, 2021
'n Lieflike boek wat my absoluut aan die hart gegryp het. Daar is baie meer diepte as wat die kort beskrywing by die boek mens laat vermoed.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.