Jump to ratings and reviews
Rate this book

Roet

Rate this book
For Rufus and Xandr #itscomplicated. They’re on their own after an apocalyptic cloud just destroyed the country. It’s just them, a red Mazda Midge and Flip the dog. An alternative route. A sexy German. A genius scientist. A 90s mix tape. And chaos. A lot of chaos.

236 pages, Kindle Edition

Published October 1, 2021

4 people are currently reading
17 people want to read

About the author

Hannes Barnard

10 books8 followers
Hannes Barnard is die jongste van drie broers en die seun van ’n dominee. Tussen 2002 en 2012 is hy woonagtig in Engeland, waar hy meestal as projekbestuurder vir ’n konstruksiemaatskappy werk. Ná dit het hy vir twee jaar in die Seychelle gewerk. Hy en sy vrou keer terug na Suid-Afrika in 2017, waar hy nou voltyds fokus op sy skryfwerk. Halley se komeet is sy debuutroman.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (52%)
4 stars
9 (39%)
3 stars
1 (4%)
2 stars
1 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,499 reviews86 followers
October 22, 2021
#roet - Hannes Barnard
#lapa

Na dekades se wag (nie regtig nie, maar dit voel so) is ‘Wolk’ se opvolg uiteindelik hier. Rufus (Ruth) en Xandr (#disingewikkeld) en Flip (die hond), in die getroue rooi Midge, probeer vasstel wie die nagevolge van die wolk oorleef het. Hulle besef egter gou dat alle oorlewendes nie noodwendig goeie nuus is nie en moet letterlik vir hulle lewens vlug in ‘n distopiese landskap waar anargie heers.

Ek het hierdie roman vir jong volwassenes op vele vlakke geniet; die rol van musiek (veral Tori Amos en ‘n 90’s mixtape), byname vir vreemdelinge (Driehoekgesig, Vergeetbaar, Growwestem, ens.) en pittige dialoog het baie leespret verskaf. En ek weet darem nou wat die wolk was, anders het ek waarskynlik teen hierdie tyd al die nuuskierigheidsduiwel op my skouer katswink geklap.

Daar is egter goeie en slegte nuus vir die skrywer: die slegte nuus is dat ek boos is omdat ek nog nie die volgende deel van die avontuur kan lees nie, maar die goeie nuus is dat ek hom vergewe omdat Flip so ‘n liewe karakter is (as hy seergekry het, het ek ‘n ster afgetrek !)

Dis ‘n heerlike boek met kleurvolle karakters en volop aksie - en ek wil nòg lees !

⭐️⭐️⭐️⭐️

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Deirdré Louw.
19 reviews
October 25, 2021
An adventurous page-turner! Can’t wait for the third book!! Maak gou Hannes!
Profile Image for Amanda.
1,165 reviews
October 18, 2021
Twee tieners en ’n hond in ’n rooi Mitch, op pad kus toe deur ’n verwoeste, apokaliptiese land. Dit is waar ons vir Xandr en Rufus gegroet het aan die einde van Wolk. Weliswaar met ’n verwagting dat ons meer van hulle sou hoor. Die hoop het nie beskaam nie, en Roet het vandeesmaand op die rakke verskyn.

In die omstandighede waarin hulle hulself bevind, is dit moeilik om te onderskei tussen vriend en vyand, veral as daar vuurwapens op jou gerig word. Daar is volop aksie, spanning en ontnugtering in hierdie jeugroman. Xandr tree baie verantwoordelik op, gegewe sy brose jeugdigheid. Dit terwyl hy roei met die veranderde gevoelens jeens Rufus, en sy antagonisme jeens die Duitser wat sy oë en hande nie tuishou nie. Rufus is aan die ontvangkant van Bernt se sjarme, en onseker oor haar reaksie daarop. Die konflik tussen die drie jongmense skep ’n groeiende parallelle spanningslyn.

Dieselfde patroon word, soos in Wolk, gevolg met die verhaal wat beurtelings vertel word uit die oogpunt van Xandr en Rufus. Terwyl daar elemente van die plot is wat wil herinner aan Koors, word hier geen grusame detail gegee nie. Tog kon ek duidelik snap presies hoé benard hulle situasie uit die staanspoor was, en toenemend vererger het.

Die skrywer het daarin geslaag om my belangstelling deurentyd te behou, met geen manier om die einde te voorsien nie. Die wetenskaplike se sogenaamde elevator pitch oor die ontstaan van die wolk was wel genoeg om ’n rilling by my ruggraat af te stuur. Sê nou maar …
145 reviews8 followers
November 7, 2021
Ek het met groot nuuskierigheid uitgesien na hierdie boek hoor! Soos 'n wafferse moeder-hen myself bekommer oor wat met Rufus en Xandr gaan gebeur ná hul ondervindings in Wolk.
Eerstens was hierdie voorblad vir my só mooi...jy kan hom vóél, én die avonture wat daarbinne wag! Ek was nie teleurgesteld nie!
Rufus en Xandr, die twee hoofkarakters, is steeds op die vlug nadat hulle rakelings die kloue van "Jy weet wie" ontglip het. Sover hulle reis, is die land verskroei...heeltemal tot niet. Wánneer hulle ander mense teëkom weet hulle nie wie vertrou kan word nie, en probeer sover moontlik sulke situasies ontglip. Eers reken hulle dat Lesotho 'n veilige opsie is, maar loop hulle amper lelik vas daar. Daarna besluit hulle om na Port Edward omgewing aan die suidkus te gaan maar ry ongelukkig reg in 'n lokval in. Alhoewel dit lyk of hierdie groep mense hulle goedgesind is, word dit gou duidelik dat dit nie die geval is nie. Cherelene en Dieter Hellberg het duister motiewe, en boonop smokkel hulle mooie seun, Bernt, erg met Rufus se kop. Hulle word gedwing om vir Bernt saam te neem om te gaan hulp soek, maar Xandr vertrou steeds nie die vrede nie. Ons twee helde is in die diepkant van 'n swembad sonder vashouplek. Gaan hulle, hulle families ooit weer sien? Gaan hulle ooit lewendig hier uitkom? Jy sal maar die boek moet lees om uit te vind! Weereens 'n spannende naelbyter uit die pen van Hannes Barnard!
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.