Jump to ratings and reviews
Rate this book

Minder as niks

Rate this book
Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.
Hoe kan sy nee sê? Dis 'n uitstekende storie. En as 'n voormalige swemkampioen met 'n paar geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet die skuldige is nog op vrye voet...
Minder as Niks is die eerste boek in 'n splinternuwe reeks deur Irma Venter.

345 pages, Kindle Edition

Published September 17, 2021

92 people are currently reading
101 people want to read

About the author

Irma Venter

12 books155 followers
Irma Venter is a thriller writer. She writes books about strong women, interesting men and that fascinating space between right and wrong. Her first book, Skoenlapper, was published in 2012, in Afrikaans. Six of her books have been translated.

Irma Venter is 'n misdaadskrywer. Haar eerste boek word in 2012 gepubliseer. Skoenlapper word gevolg deur Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Minder as Niks verskyn in 2021, en is die begin van 'n nuwe krimireeks met Ami Prinsloo as die hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in die reeks, gevolg deur Al Wat Tel. Die vierde boek in die Ami-reeks het pas verskyn – Die Drie Weduwees.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
189 (47%)
4 stars
156 (39%)
3 stars
40 (10%)
2 stars
10 (2%)
1 star
3 (<1%)
Displaying 1 - 22 of 22 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
November 2, 2021
2021 was nie 'n besonder goeie leesjaar nie, en veral nie vir my en Afrikaanse fiksie nie. Toe kom Irma Venter se Minder As Niks verby, hang 'n vet geelwortel van 'n misdaadraaisel voor hierdie honger donkie se neus, en daar gaat ons en ons lees hom sommer in 'n dag en 'n bietjie klaar.
Die sinopsis het nie in diepte herhaling nodig nie. In kort, terminaal siek reeksmoordenaar Johan Botha word vrygelaat, dring aan dat hy onskuldig toegesluit was, verslaggewer Ami Prinsloo stel ondersoek in.

Ami het haar eie stormagtige verlede as olimpiese swemmer wat die pad byster geraak het...en wie se sussie vermoor is. Haar gekrap in Botha se storie dreig dan ook om haar en haar familie opnuut bloot te stel aan die spoke van die verlede.

Sy slaag daarin om die hulp van die destydse ondersoekbeampte, Paul de Jager, te kry. De Jager, ook nie meer gesond nie, moet mettertyd self 'n skrikwekkende realiteit in die gesig staar: dat hy moontlik 'n onskuldige man tronk toe gestuur het en 'n reeksmoordenaar op vrye voet gelos het.
Of is Botha besig om almal aan hulle neuse rond te lei?

Ek dink wat my so lekker aan hierdie boek laat lees het is dat dit my herinner het aan regte misdaadraaisels, soos die Gert van Rooyen-saak. Die natuurlike menslike drang om te wil weet wat regtig gebeur het word hier vernuftig deur die skrywer gebruik om die leser aan die blaai te hou. Gooi by 'n klomp puik karakters deurtrek van hulle eie intriges en jy het 'n boek wat min mense sommer gaan kan neersit.

Die einde was dalk nie vir my heeltemal bevredigend nie, maar nie omdat daar los drade of iets van die aard is nie. Bloot oor 'n tegniek waarvan ek nie baie hou nie, maar dis maar my probleem.
Hierdie is 'n suksesvolle wegbreek van die S-reeks met sy fênsie rekenaarfoefies en veelvuldige eerstepersoonvertellers na 'n meer tradisionele vertelling in die derde persoon, met meer van 'n ouskool krap en karring om agter die kap van die byl te kom. Ek voel ek mag hom maar luidkeels aanbeveel.
Profile Image for Sonja Arlow.
1,234 reviews7 followers
May 17, 2022
3.5 sterre

Ek prober hierdie jaar n punt maak daarvan boeke te lees van skrywers wat ek nie ken nie.

Meeste speur/spannings boeke is uit die oogpunt van die polisie so hierdie was verfrissend om te lees van die oogpunt van ‘n joernalis. Een met baie “baggage” van haar eie.

Hoe prober mens iemand se onskuld bewys vir reeksmoorde wat meer as 30 jaar terug gebeur het?
Wanneer ‘n terminale siek Johan Botha aan Ami se deur kom klop, met ‘n laaste wens om sy onskuld te bewys, dink sy net dat dit n lekker stories sal wees, veral omdat hulle dit gaan omskep in ‘n podcast, maar min weet sy wat wag vir haar.

Dit was ‘n lekker vinnige lees ondervinding en ek sal vir seker meer van Irma Venter se boeke lees.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,484 reviews84 followers
July 18, 2022
#Minderasniks – Irma Venter
#Tafelberg

Liewe Irma,
Mosterd, agteros….. Al daardie dinge. Dis nou ek met hierdie roman van jou. ‘n Vriendin het iewers in 2021 vir my ‘n (nogal getekende !) eksemplaar as geskenk gestuur. Maar by my gaan dit so: ek het drie verskillende wil-nog-lees stapels. Een daarvan is in die rakke weggepak vir eendag; die tweede is in my bedkassie (ek het ‘n grote – met rakke), dis boeke wat ek regtig graag wil lees en die derde noem ek my verrrassingspakkie; dis resensie-eksemplare wat altyd voorkeur kry; bo-op die bedkassie. Joune was van meet af aan in die tweede groep, maar my verrassingspakkie het dit heeltyd oorheers. Toe sien ek jou nuutste is eersdaags hier – en ‘Minder as niks’ wag steeds – goeie rede om haar bietjie voor te trek……

Ek hou baie van Ami. Sy is ‘n gutsy, maar ietwat stukkende karakter. Sy is nie modelmooi nie; nie klein en fyn nie; nie geseën met bonatuurlike insig oor moordenaars nie en ‘n introvert met demone wat sy meestal uitstekend onder beheer hou. Sy is geloofwaardig en ‘n volledig afgeronde karakter; ek het haar ontluikende verhoudings met Paul en Roelien veral geniet. Die insluiting van ‘n uiteenlopende drieling (ek het hulle die kunstenaar, die soet kind en die rebel gedoop) was ook ‘n lekker kinkel. Johan was ‘n mislike vent; skuldig of onskuldig – hy was onsmaaklik.

Jy het lekker met my kop gesmokkel met die moordenaar se identiteit; volpunte vir die slinkse insluiting van ‘n chimera. Die storielyn en sinopsis was vir my besonder interessant omdat ek self tydens albei tydperke (voor en na die beskikbaarheid van DNS-getuienis) met strafsake gewerk het; die ontwikkeling in daardie veld is fassinerend.

Toe ek destyds jou romans begin lees het, het ek met die eerste drie (ek het hulle die ‘bruin boeke’ genoem) gevoel dat jy en jou karakters geheime deel waarvan die leser uitgesluit word; dit het my ietwat onbetrokke gelaat. Toe kom die ‘rooi boek’ (‘Skarlaken’) en die prentjie draai heeltemal: ek was betower ! En die ‘blou boeke’ was almal heerlik. Dis seker toevallig dat hierdie een ook blou is, want dis mos nie deel van jou sogenaamde S-reeks nie, maar dit was ewe genotvol !

Die boodskap wat jy voorin geskryf het, is: ‘Ek hoop jy geniet hierdie nuwe poging!’ Ek het inderdaad. En nou tel ek die dae af na jou nuutste se verskyning.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
January 5, 2022
Moordverhale het ek tot ’n groot mate afgesweer, want geweld wat brutaal en grafies uitgebeeld word, het my toenemend van my gemoedsrus ontneem. Die opsommimg van Irma Venter se nuwe misdaadraaisel het egter my aandag getrek. Die reeks moorde was immers reeds 30 jaar gelede gepleeg.

Johan Botha was lewenslank tronk toe gestuur en word vrygelaat, terminaal siek en met ’n missie om te bewys dat hy eintlik onskuldig is. Vir dié doel nader hy ’n misdaadjoernalis, Ami Prinsloo. Haar eie verhaal ontplooi aanvanklik parallel met dié van Botha, maar vervleg mettertyd tot by ’n boeiende, verrassende ontknoping van die raaisel. Slegs dan maak die titel ook sin. "Want alles kom tot niks. Die antwoord is nul. Altyd nul." (p.302)

Daar is sterk elemente van selfverwyt, gedrewenheid, woede, verlies, mislukking, selfs gesondheidsuitdagings wat die storielyn inkleur. Daar was heelparty karakters wat ek om die beurt verdink het, met genoegsame motivering daarvoor. Daarbenewens het die skryfstyl en vele wendings in die verhaal, veroorsaak dat ek kompulsief gelees het aan my eerste boek vir 2022. En my laat wonder het hoekom ek die S-reeks misgeloop het.
Profile Image for Niekie Bushby.
63 reviews
October 16, 2021
Ek het eers gedink dié een is die moordenaar, en toe dalk daai een, maar was aan die einde heel verras met die wending. Irma Venter is beslis enig in haar soort as krimi-skrywer.
Profile Image for Werner.
25 reviews1 follower
October 15, 2022
Dit was 'n goeie boek. Ek het in die begin egter bietjie gesukkel met hom. Daar is baie susters wat dit moeilik gemaak het om hulle almal te plaas. Die belangrikste is daar is Ami en die drieling. Ek het eers gedink Ami was deel van die drieling. Maar dis ek wat dit mis gelees het.

Ek was nog nooit 'n aanhanger van potgooie of ''podcasts''. Vir my is dit net 'n verskoning om nie te lees nie. Maar dis net ek. So die konsep van 'n potgooi maak, in die boek, het nie baie opwindend gelyk nie. Maar toe die joernalis, Ami, die saak eers begin ondersoek het dit baie interessant geraak, ook wat in haar verlede uitgekom het.

Die Johan Botha karakter wat skuldig bevind was, was nie 'n baie 'likable' karakter nie. Hy was aanvanklik sommer ondraaglik met Ami, wat hom probeer help het deur om sy saak te ondersoek. Ek het amper gehoop dat hy regtig skuldig is. Maar hy was vir 30 jaar in die tronk vir 'n moord wat 'dalk' nie gepleeg het nie.

Die einde van die boek raak meer senutergend soos die leidrade opduik en die spoor gevolg word. Die titel van die boek is soos tyd 'n wenner. Dit het te doen net een van die slagoffers maar ook Ami se lewe en alles waardeur sy gegaan het. Gelukkig het sy ten spyte van haar moeilike omstandighede op gestaan.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
October 25, 2021
Weereens!

'n page turner.

Ek het Ami vreeslik geniet.

Kan nie wag vir die volgende boek nie.

Irma bly maar die beste
Profile Image for Adél Venter.
2 reviews
February 2, 2022
Het baie lekker aan die boek gelees. Hou mens aan raai tot aan die einde. Uitstekende boek.
1 review
August 31, 2024
Wat n lekker-lees boek!!
Dankie Irma Venter
En modern. Baie detail wat mense in die jare wat kom, altyd sal begrip gee van hoe ons in 2021-2024 geleef het.
Gym voor werk, toegangsbeheer waar jy bly en spesifieke koffie wat jou oomblik red…
Profile Image for Lena Nel.
337 reviews2 followers
July 25, 2022
Januarie 2022 Book Club boek.

Briljant. Ek het dit in een dag gelees. Daar was nie een keer gelaster nie en die dele waar daar gevloek was, sou ek ook gevloek het.
Profile Image for Miemie Minty.
178 reviews3 followers
June 7, 2024
Irma Venter het my laat wonder wie die moordenaar is tot die einde.

Ek het baie van al die karakters gehou en sien uit om meer van hulle te lees.
Profile Image for Carolien.
1,062 reviews139 followers
October 6, 2024
Op een of ander manier het ek nog nooit enige iets van Irma Venter gelees nie wat ek na Minder as Niks so vinnig as moontlik gaan regstel. Die voordeel van 'n outeur ontdek as hulle al 'n paar boeke geskryf het, is die feit dat jy nie hoef te wag vir die volgende een nie en dis definiteif wat hier gaan gebeur. Ami Prinsloo is 'n gesoute misdaarjoernalis in Johannesburg, 'n voormalige Olimpiese swemmer wat se loopbaan ontspoor het na 'n ongeluk en haar suster se dood.

Johan Botha het dertig jaar gelede skuldig gepleit aan die moord van drie jong meisies. Hy is uit die tronk gelaat, terminaal siek en vra Ami om sy onskuld te bewys. Sy besef vinnig dat daar meer vrae as antwoorde is en 'n oud polisielid moet begin wonder of hy die regte moordenaar aangekeer het.

Nie net 'n komplekse storie met geloofwaardige karakters nie, maar ook 'n liefde vir Johannesburg op sy beste en slegste dae. Ek is bly Die Vreemde Vrou staan ook in die rak om volgende gelees te word!
Profile Image for Kedooms.
158 reviews
December 9, 2024
ek dink wat my so lekker aan hierdie boek laat lees het is dat dit my herinner aan regte misdaad raaisels.
die natuurlijke menslike drang om te wil weet wat regtig gebeur het word hier vernuftig deur die skrywer gebruik.
1 review
April 17, 2022
Uitstekend! Mal oor die nuwe reeks, kon hierdie boek nie neersit nie. Kan nie wag vir die volgende Ami boek nie!
Profile Image for Anika_van_Zyl.
12 reviews
November 18, 2025
Ek het baie van die storie gehou, Ek het nog nie baie speur/journalis verhale gelees nie. Die een sal ek wel sê, mense kan gerus na kyk. Die storie gryp jou in.
Displaying 1 - 22 of 22 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.