Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto’s neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie.
’n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. ’n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.
Azille Coetzee is a postdoctoral researcher in gender and decolonisation at the Centre for Historical Trauma and Transformation, Stellenbosch University. She has a PhD in philosophy from the Free University of Amsterdam and Stellenbosch University. She is the writer of In my vel (Tafelberg), a memoir exploring whiteness and Afrikaner identity. Her research is published in various international feminist journals and sometimes she writes for local Afrikaans publications like Vrye Weekblad, LitNet and Rapport.
Dis baie raar om 'n boek op te tel en te voel asof jy oor jouself, jou vriendinne, jou wêreld lees. Hierdie boek het my weer laat lief voel vir Afrikaanse fiksie. Die karakters is absoluut lewendig.
Teen die einde was ek hartseer om afskeid van hulle te neem.
Lien, Katryn en Charlotte se jarelange vriendskap word aan die leser bekendgestel teen die agtergrond van Lien se troue (wat sterk aan die wonderlike fliek ‘Wonderlus’ herinner) met Tiaan in die eerste deel van hierdie roman. Daarna verloop 3 jaar - waartydens die drie vriende elk hul eie paadjie begin stap het.
So verskillend as wat hulle is, is hulle ook dieselfde: die all together Lien is nie so stabiel en selfversekerd as wat sy voorgee nie en dit reflekteer dan ook op die ou end in haar huwelik en in haar verhouding met Tiaan; Charlotte, die kunstenaar, wil graag glo dat haar loopbaan genoeg is om haar as bevryde feminis te vervul, maar haar soeke na haarself openbaar mettertyd die leemtes in haar aanname en Katryn, pragtige, charismatiese Katryn, se suksesvolle loopbaan as aktrise is allermins so vervullend as wat die buitewêreld mag dink.
In hulle soekes na hulleself; na die plek waar hulle gemaklik is in hulle eie velle (analoog aan die skrywer se nie-fiksie ‘In my vel’) maak hulle foute, wat nie noodwendig reggestel kan word nie; hulle vind dele van hulleself in ander mense; in hul loopbane; in hulle verhoudings en in die metafore vervat in Charlotte se kuns.
Dis nie ‘n Thelma en Louise-wegbreek roman nie; eerder ‘n geleidelike openbaring van wie elke karakter werklik is; nie perfek nie; nie altyd 100% vervuld nie; nie noodwendig met al die antwoorde nie, maar bloot veelkantige karakters wat deurlopend groei na wat hulle werklik wil wees.
Dit was ‘n interessante lees met stof tot nadenke en word aanbeveel vir lesers wat graag na andere se lewensverhale luister, bloot vir die lekker daarvan, nie om sedelessies daaruit te leer nie.
Ek moet sê, ek het nog nie regtig Afrikaanse boeke 'n regverdige kans gegee nie, gedeeltelik omdat ek nie wil sukkel met die oormate van geloof wat gereeld in die boeke is nie. Maar as daar meer sulke boeke soos dié is, sal ek bly wees om 'n bietjie meer Afrikaans te lees.
Lien, Katryn en Charlotte is drie vriendinne wat baie min in gemeen het. Die boek gaan oor hulle verhoudings met mekaar, maar ook die individuele paaie wat hul stap wanneer hulle uitmekaar dryf. Al drie karakters is goed afgerond en daar is 'n definitiewe fokus op hul tekortkominge en foute waaruit hul uiteindelik leer en groei.
Wat vir my spesiaal was van die boek was dat ek dele van myself en mense wat ek ken raakgesien het regdeur dit soos nog nie tevore nie. Ek sal graag wil sien hoe dit vergelyk met ander Afrikaanse boeke. As enigiemand voorstelle vir my het, stuur dit hierdiekant toe asb!
'n Greep uit die lewens van drie moderne jong Afrikaanse wit vroue in Suid-Afrika, deur 'n jong skrywer wat dié leefwêreld duidelik goed ken. Vir 'n ouer leser kan dit 'n openbaring wees. Die boek lees glad, hoewel die verskuiwings in perspektief soms hinderlik kan wees. Die drie se uiteenlopende karakters en die onderlinge verbintenisse word egter duidelik en in geloofwaardige detail gewys. Die betekenis van die titel word teen die einde duidelik. Die voorblad skep 'n duidelike prentjie van die drie vriendinne.
This book makes you think about time ... (What is love, 'tis not hereafter, Present mirth, hath present laughter: What's to come, is still unsure. In delay there lies no plenty, Then come kiss me sweet and twenty: Youth's a stuff will not endure. - Feste's sweet song from Twelfth night kept popping up in my head while I was reading this book) ... and about friendship between women, and of course about white Afrikaans South Africa. I absolutely loved it. The descriptions of the artworks and photographs are spot on. I liked how artist Charlotte wasn't terribly productive, and how Hendrik really gets what she makes and why. The shock value of the carelessness of Katryn was brought home to you, the reader, right near the beginning of the book by her not worrying about the bat-eared fox they maybe killed with their car on the way to their friends' wedding. You wonder why on earth somebody (Lien) so grounded and with her priorities so sound (seemingly) would choose a bridesmaid like that - so disinterested and self-absorbed. You know it couldn't be because she's famous, simply because Lien doesn't care about that. Sound, too, was the way each of the three witches makes her way through the world as it is today. The title of course refers to the differences between each woman. A very good and absorbing read.
Lien, Charlotte en Katryn is drie vriendinne wat vanselfsprekend mekaar se strooimeisies gaan wees wanneer hulle trou. Hulle het ‘n woonstel gedeel op Universiteit, al was hulle swot rigtings en persoonlikhede so heeltemal verskillend.
Lien trou met Tiaan – hy kom vanaf ‘n goeie familie in die gemeenskap met ou geld. Dinge is egter redelik ongemaklik tussen die drie vriendinne op die Lien se spesiale dag. Dis waar ons die drie begin leer ken. Lien kom voor as die perfekte, hardwerkende vrou, getroud met die perfekte man en blywend in ‘n groot huis in die Kaap. Charlotte, ‘n kunstenaar en feminis wat glo die geluk in die lewe lê buite die normale white-picket-fence-leefstyl. Katryn is beeldskoon, vol selfvertroue en ‘n bekende gesig op die TV, planke en haar perfekte Instagram profile.
Deur die boek deur sien ons die lewe deur die drie vriendinne se verskillende perspektiewe – hoe elkeen nie so perfek is nie, dat die lewe meer is as wat in hulle kop is, of dalk moet hulle net ophou so hard probeer en net wees.
My gedagtes: Ek hoop nie dis hoe die gemiddelde jongmense is deesdae nie, want dan is daar ‘n baie hartseer en alleen toekoms vir baie. Steeds was dit ‘n fassinerende boek om te lees en ek kan my eie vriendinne in stukkies sien van die drie hoof karakters.
Ek het dit nou nogal baie geniet. Voel soos om te lees oor ‘n vriendekring parallel tot jou eie. Mense met ooreenkomstige stories en beginsels. Baie relatable en mens gee om oor die karakters.
Dit is verfrissend om 'n boek te lees en ek myself met die hoofkarakters kan vereenselwig. Alhoewel Lien, Charlotte en Katrien se lewens baie anders is as myne, is hulle probleme, drome, innerlike worstelinge en verhoudingskwessies alles iets wat die gemiddelde 30-something Afrikaanse vrou sal kan herken en by aanklank vind.
En dis wat hierdie roman so lekker gemaak het om te lees. Ek kon wegraak in hul wêreld en tog het dit soos deel van my eie wêreld gevoel.
Daar is 'n goeie balans tussen groot fiksionele drama elemente asook die klein alledaagse dinge wat die storie nederig hou en real laat voel.
Dit laat jou lekker vrae vir jouself afvra en teen die einde van die boek ken jy jouself 'n biejtie beter.