#dieteenoorgesteldeisnetsowaar - Azille Coetzee
#humanenrousseau
#NBUitgewers
Lien, Katryn en Charlotte se jarelange vriendskap word aan die leser bekendgestel teen die agtergrond van Lien se troue (wat sterk aan die wonderlike fliek ‘Wonderlus’ herinner) met Tiaan in die eerste deel van hierdie roman. Daarna verloop 3 jaar - waartydens die drie vriende elk hul eie paadjie begin stap het.
So verskillend as wat hulle is, is hulle ook dieselfde: die all together Lien is nie so stabiel en selfversekerd as wat sy voorgee nie en dit reflekteer dan ook op die ou end in haar huwelik en in haar verhouding met Tiaan; Charlotte, die kunstenaar, wil graag glo dat haar loopbaan genoeg is om haar as bevryde feminis te vervul, maar haar soeke na haarself openbaar mettertyd die leemtes in haar aanname en Katryn, pragtige, charismatiese Katryn, se suksesvolle loopbaan as aktrise is allermins so vervullend as wat die buitewêreld mag dink.
In hulle soekes na hulleself; na die plek waar hulle gemaklik is in hulle eie velle (analoog aan die skrywer se nie-fiksie ‘In my vel’) maak hulle foute, wat nie noodwendig reggestel kan word nie; hulle vind dele van hulleself in ander mense; in hul loopbane; in hulle verhoudings en in die metafore vervat in Charlotte se kuns.
Dis nie ‘n Thelma en Louise-wegbreek roman nie; eerder ‘n geleidelike openbaring van wie elke karakter werklik is; nie perfek nie; nie altyd 100% vervuld nie; nie noodwendig met al die antwoorde nie, maar bloot veelkantige karakters wat deurlopend groei na wat hulle werklik wil wees.
Dit was ‘n interessante lees met stof tot nadenke en word aanbeveel vir lesers wat graag na andere se lewensverhale luister, bloot vir die lekker daarvan, nie om sedelessies daaruit te leer nie.
⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek