Jump to ratings and reviews
Rate this book

Herfswind

Rate this book
Mari se lewe is omvergewerp. Haar ouers is dood en sy maak ’n skokkende ontdekking. Dit blyk dat die God van haar ouers haar verlaat het maar kan die regverdige Hemelse Vader van die aantreklike nuwe predikant (wat haar knieë lam maak) haar dalk red?

143 pages, Kindle Edition

First published February 1, 2020

9 people are currently reading
2 people want to read

About the author

Madelie Human

66 books15 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (30%)
4 stars
7 (53%)
3 stars
1 (7%)
2 stars
1 (7%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
40 reviews
May 5, 2020
As jy ʼn bietjie pitkos vir jou siel nodig het gedurende die onsekere tyd waarin onsself tans bevind, is Madelie Human se Herfswind net die verhaal vir jou.

In Herfswind leer ons saam met Mari dat alles, maar alles oorwin kan word deur die liefde.

Heerlike beskrywings en kwinkslae soos koppiekomando - vir dames van die vrouediens - noop jou om die boek vinniger te blaai terwyl jy angstig wonder hoe die heldin van al haar goggas ontslae gaan raak en ewige liefde in haar held Adriaan se arms gaan smaak.

Hierdie boek verdien gewis al die goeie terugvoer wat dit reeds ontvang het, en ek is maar net weereens oortuig, Madelie is ʼn meester op haar gebied. Haar pen se ink is liefde.
Profile Image for Amanda.
1,175 reviews
June 13, 2022
In 2018 verskyn Lang pad na liefde, deur Cynthia Robertson. Dit was die eerste Romanza wat Lapa Uitgewers se "Inspirasieverhaal" stempel gedra het. Ek kan nie onthou dat daar sederdien weer een verskyn het nie. Nou het ervare en geliefde skrywer, Madelie Human, die sprong gewaag om die liefdesverhaal en geestelike fiksie te verweef, en met groot sukses. Ek skroom nie om hierdie romanse te skaar by goeie geestelike fiksie wat ek al gelees het nie.

Die kwessies waarmee die karakters worstel, is realisties en eerlik. Daar is byvoorbeeld die eng en wettiese predikant wat vir jare in die gemeente dien en niemand waag om hom in enige opsig te bevraagteken nie. Ek is telkens tot introspeksie gedaag, onder andere oor gebed: bid ek om my sin te kry of bid ek om die Here se wil te laat geskied in my lewe? Dit is die vraag waarmee Mari gekonfronteer word (Bl. 89), en waarop sy nie dadelik ’n antwoord het nie. Haar diepgewortelde vooroordele en bitterheid toon krake, onder die wyse leiding van die nuwe leraar op die dorp; een wat bely dat hy al die antwoorde het nie, maar ’n Wyse Raadgewer het.

Die skrywer raak heelparty geestelike gesprekspunte aan, soos vergifnis, geloofsgroei, en swaarkry. Ek kan nie fout vind met haar aanbieding van die onderwerpe nie. Dit getuig van kennis en goeie insig, sonder om prekerig oor te kom.

Dankie, Lapa, dat julle aan skrywers wat so geroepe voel, hierdie geleentheid gee om te skryf vanuit ’n Christelike oogpunt, sonder dat hulle ’n ander uitgewer hoef te nader. Ek wag gretig op ’n volgende aflewering in die Groeneweide-sage.
Profile Image for Louise Merwe.
Author 3 books5 followers
May 5, 2020
Herfswind is beslis 'n inspirasie verhaal wat jy selfs met die derde keeer se lees elke keer 'n nuwe boodskap raaklees.

Madelie Human kry dit reg om jou pens en pootjies in 'n predikant se lewe as gemeenteleier te laat val en alles is so geloofwaardig dat jy soms wonder of sy self in 'n pastorie grootgeword het.

Driaan is karaktervas en godvresend maar sy menslikheid skemer steeds deur wat hom geliefd maak van die eerste ontmoeting. Arme Mari se stryd laat mens besef daar is tog hoop vir ons elkeen!

Madelie Human kyk diep in ons siele met hierdie verhaal en ek weet ek sal hom nog 'n paar keer lees om die volheid oor en oor te ervaar.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.