Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. ’n Dump, verwyt sy André, haar argitekman. Dit was sý idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in ’n nagmerrie ontaard toe haar jongste kind enkele weke voor hulle vertrek na Frankryk sterf.
In die vreemde sukkel elkeen met sy eie swaarkry: Emile – hulle dertienjarige seun – smelt weg in die dik klipmure van die huis om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. André stort al sy energie in die restourasieprojek en verdwyn tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype.
En Hester? Sy word ál stiller en meer afwesig, voer denkbeeldige gesprekke met ’n onwettige immigrant uit die Demokratiese Republiek van die Kongo, en vind op ’n vreemde wyse aanklank by ’n weeskind uit Rwanda – onvoldoende plaasvervangers vir die dogter wat sy verloor het. Deur hulle ontdek sy opnuut haar liefde vir Afrika.
Stiltetyd is die meesleurende verhaal van ’n vrou se stryd teen ongeneeslike smart, van haar soeke na haarself, en van die skugter, moedige treë – terug – na die hart van haar man.
Marita van der Vyver is the author of a dozen novels, a collection of short stories, two collections of humorous essays, picture books for children, many short stories and essays in anthologies, and regular columns in newspapers and magazines. Her books have been published in English, Dutch and German, and her first novel, published in English as Entertaining Angels, became a bestseller and was translated into twelve languages. She lives in France with her family.
Marita van der Vyver is die skrywer van ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n literêre sensasie wat in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.
'n Ongelooflike hartseer boek, maar beeldskoon mooi geskryf en stemmingsvol. 'n Handvol relevante temas behalwe die ooglopende een van verlies word ook aangeraak.
Dit boek is van een Zuid-Afrikaanse schrijfster en gaat over een vader, moeder en zoon. Zij hebben hun dochter en zusje verloren bij een overval in een winkel in Kaapstad. Zij hadden al plannen een jaar in Frankrijk door te brengen en gaan dat nu ook daadwerkelijk doen. Alle drie hebben natuurlijk moeilijkheden met dit verlies te verwerken. Hoe zij daar mee omgaan en alle drie natuurlijk andersw vertelt dit verhaal. Ik vond het erg mooi en aangrijpend.
As ek die boek in n kleur kon klassifiseer was dit n mistige grys. In die boek word. 'n mens weer bewus van SA realiteit onskuldige mense word doodgemaak vir niks of diewe se wellus vir geld. Hoe impak dit op die agtergeblewenes het. Die diewe gaan aan met hul lewe maar hulle bly vasgevang.
Ek het meeste Marita van der Vyver boeke gelees en daar is heel party van hulle wat mens bietjie "depro" laat voel, maar altyd hoopvol. Hierdie boek was vir my net donker, hartseer en sonder hoop. Maar nogtans was dit 'n goeie boek om te lees.
Van Der Vyver has captured grief and been able to make the reader feel the parents grief in this really sad book about the murder of their child. I like her style of writing and am eager now to read her others, I love discovering new authors.
Helder, pakkend en ontroerend. Mooi dat het hoofdthema van het boek (het verliezen van een kind) ook het hoofdthema is gebleven en er niet allerlei extra drama aan toegevoegd is. De eenvoud maakt het aangrijpend.
I kept thinking of Finuala Dowling saying that landscape is the one element in a book that will not reproach you, or throw back in your face the things you write about it. Marita van der Vyver describes the French landscape so accurately and without sentiment that I felt I could have been living in that village along with the bereaved family. I loved the evocation of yearning that pervades the book, it rings very true. I myself haven't lost a child, but can well believe that this would be what it would feel like. The only reason it isn't getting five stars from me is because while reading (by the way, I found the book unputdownable) I eventually started feeling a little impatient - as the reader you want to know, why, if the little girl is still alive, is the family so sad? Was it another sister that had died? What I particularly relished was the telling of the story by three protagonists: the mother, the husband/father, and the brother. An excellent read.