Jump to ratings and reviews
Rate this book

Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans

Rate this book
Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen ’n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avontuur. In Pienk bikini gee die woord matriek vir Elle ’n knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word. In Strikdans skop Elle se matriekjaar op ’n aaklige noot af. Daar is skielik probleme tussen haar en Alex, haar kêrel. En Gravitas het ’n nuwe waarnemende skoolhoof wat ’n veer vir die skooltradisies voel. Elle probeer red wat te redde is – maar dit kan haar dalk haar hoofmeisiebalkie kos …

374 pages, Kindle Edition

Published September 1, 2021

11 people want to read

About the author

Christien Neser

29 books23 followers

Christien het grootgeword op Bloemfontein en Pretoria. Sy woon tans saam met haar man in Sandton. Sy het ‘n pro bono spraakterapie-praktyk en hou haar ook besig met toetsing, voorligting en terapie by ’n plaaslike parallelmedium laerskool. Christien is baie lief vir haar drie kinders, honde en leer al 30 jaar lank Frans. Kondensmelk is haar eerste boek.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (75%)
4 stars
3 (25%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
146 reviews8 followers
October 31, 2021
Ag hoe lekker was dit nie om weer saam met die drie maats Elle, Refi en Leya te kuier nie! Én om hulle nuwe maats beter te leer ken!
Hierdie omnibus bevat die volgende drie boeke in die Elle reeks; Middernagklub, Pienk Bikini en Strikdans.
Ons 3 maats se Gr 11 jaar lê op sy rug en dis tyd vir leiers kies, eksamen skryf en afskeid neem. Tussen díe bedrywighede deur gebeur die lewe met ons jong vriendinne!
In die Middernagklub hou die meisies hul laaste middie - hulle is só bewus van die vereistes wat daar aan 'n witbaadjie gestel word, dat hulle selfs bereid is om hul groeps-tradisies daarvoor prys te gee. Totdat die Nagadders hul opwagting maak!
In Pienk Bikini word die arme Elle blitsig 'n internet sensasie terwyl sy by Kaya Kumba doenig is, maar in ware Gravitas styl, word uit díe ramp, 'n nuwe tradisie gebore. Maar, toe Bender ineenstort en ou Grimm skielik almal se jaar op sy kop kom draai in Strikdans, toe dink almal Gravitas se vlerke is geknip! Gelukkig kry Elle dit uiteindelik reg om alles ten goede te laat uitwerk! Sy beland (soos gewoonlik) midde-in elke storm wat op die skoolgronde van Gravitas losbars, maar kom telkemale met vlieënde vaandels (en die vernuftigheid van haar vriendinne) deur die krisis. 'n Mens raak só deel van die meisies se lewens, dat ek glad vir hulle wil sterkte toewens met hul eindeksamen😉! Dis beslis 'n heerlike reeks om vir jou tienerdogter aan te skaf! Pure lees-plesier!
Profile Image for Marzanne.
37 reviews
October 1, 2025
Christien Neser het vreemde name vir haar boeke, maar dis so met goeie rede en hierdie omnibus was geen uitsondering. Ek kan hier staan en babbel oor hoe baie ek van die kamp in Middernagklub gehou het, hoe Divan simpel is maar ons almal ❤️ hom en hoe hy vir Elle skoonsus noem😍. Ek kan praat oor watse goeie en verantwoordelike leier Elle in Pienk Bikini was en hoe sweet sy met die kinders is. Of ek kan praat oor die lekker aksie in Strikdans toe watse-naam-met-die- strikdas Gravitas oor geneem het en hoe baie ek van Anja gehou het. Maar wie probeer ek vir die gek hou? Ek was meestal daar vir nog Elle en Alex en kom ons sê net Christien Neser het nie my teleur gestel nie. ("Jy kan nie dit aan my doen nie, Elle Kroon. Jy sal my hart laat gaan staan")-Hulle is my nuwe gunsteling boek-paartjie. ❤️🥰😍❤️Verslawing opsy gesit, sal ek hoogs dié omnibus en die hele res van die reeks aanbeveel. Ek belowe dis nie nét Elle en Alex nie.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.