In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met parkinsonsiekte gediagnoseer word. Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in ’n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met ’n geliefde met parkinsonsiekte: die ervaring om die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat te aanskou, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.
Erika Isabel Murray-Theron was born on 1 Oktober 1941 in Greytown, Natal into a school teacher's family. She studied Psychology and Afrikaans at the Universities of Stellenbosch, Pretoria and at UNISA (BSc.hon) and also obtained a diploma for special education. She worked for the Labour Department, lectured at UNISA's department of psychology, where she later did freelance translations and was editor of a local monthly newspaper. She also taught Afrikaans as a stand in at - among others - Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria and at Menlopark High. Erica works as a translator and regularly writes for different journals. She lives with her husband, the engineer Tom Theron, in Pretoria and they have five children.
Ek het nog altyd groot bewondering vir Erika Murray-Theron se werk gehad. Na Kom ons loop weg het ek dit ook vir haar as mens. Om so 'n verskriklike pad so oorwoë, sober en eg te verwoord vat groot talent, maar nog meer medemenslikheid en insig. Die boek sal baie beteken vir enigeen wat saam met 'n geliefde deur 'n slopende siekte moet stap, want ek dink min mense kan die emosies werklik verwoord. Sy skryf eerlik, nooit selfbejammerend nie, altyd met die grootste liefde en respek oor haar man se aftakeling en haar stryd om hom vir absoluut so lank as moontlik te versorg, maar steeds haar eie mens te bly, steeds skrywer en mens te bly.