Jump to ratings and reviews
Rate this book

Ivoor

Rate this book
’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40.
Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ‘n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ‘n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help.

Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ‘n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.

352 pages, Paperback

Published November 1, 2021

11 people are currently reading
14 people want to read

About the author

Jaco Wolmarans

6 books8 followers
Jaco Wolmarans is ‘n Kaapstadse vryskutskrywer, videovervaardiger en fotograaf. As voormalige joernalis het hy sy loopbaan in die Ooskaap as misdaad- en hofverslaggewer begin voor hy in die negentigers na korporatiewe joernalistiek en later vryskut-kopieskryf oorgeskakel het.

Jaco het in die laat tagtigers ‘n paar kortverhale gepubliseer, maar dit sou jare duur voor sy militêre diens-agtergrond en uitgebreide Afrika-reise sy begeerte om ‘n vollengte-boek te skryf, laat herleef het.

‘n Werkbesoek aan Mosambiek het as aansporing vir sy debuutwerk, BOS, in 2018 gedien. Die werk is wyd verwelkom as ‘n nuwe rigting in Afrikaanse literatuur: ‘n kombinasie van tradisionele spesmagte-literatuur en politieke intrige, gemeng met omgewingskwessies en intelligensie-aktitiwiteite.

Sy opvolg, die historiese roman SKAG, volg die politieke gebeure rondom die bou van Suid-Afrika se kernwapens in die tagtigers en die rampspoedige gevolge vir die land se jong demokrasie sou hierdie wapens in ver-regse hande val.

In IVOOR volg Jaco se spesmagte-karakters, Tex en Carlos, geheimsinnige betalings aan buitelandse rekenings uit die apartheidsjare. Die verhaal neem die twee terug na hul eie bloedige verlede as kleinspan-operateurs in Angola. IVOOR was ‘n ATKV Woordfeertjie-finalis vir spanningsromans in 2022.

In DOLOS skuif die aksie na Mosambiek en Islamitiese ekstremiste en heroïen-smokkel. Die karakters bevind hulself midde-in ‘n staatsgreep, en bring só al Jaco se fiksie-belangstellings byeen: die skatkis van onaangeraakte stories uit Suider-Afrika se politieke en militêre verlede, sameswering en politieke intrige.

Jaco bly in Milnerton saam met sy vrou Nicky en bestee sy vrye tyd op ‘n seilplank – verkieslik teen hoë spoed.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (30%)
4 stars
16 (61%)
3 stars
2 (7%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,488 reviews85 followers
November 23, 2021
#Ivoor - Jaco Wolmarans
#tafelberg
#NBUitgewers

14 Augustus - 4 September 1988.
Spesmagte operateurs Tex Texeira en Carlos Viyera het meer as net vermoedens dat grootskaalse ivoorsmokkelary onder militêre beskerming plaasvind. Voordat hulle egter genoeg inligting kon bekom, word die Bosoorlog meteens beëindig en hulle word uit die gebied onttrek en huis toe gestuur.

21 Julie - 1 Augustus 2019.
Miljoene dollars verskuil in Isle of Man-rekeninge begin in geheimsinnige trustfondse in Suid-Afrika opduik. En, hoe meer Tex grawe, hoe meer besef hy dat daar ‘n verband is tussen die 1988-gebeure en die huidige, en dat hy die raaisel vinnig sal moet ontsyfer as hy wil oorleef.

Die roman is die derde deur die skrywer en die tweede waar die bovermelde twee hoofkarakters figureer. Die voorgangers was ‘Bos’ en ‘Skag’ maar ’Ivoor’ kan onafhanklik van sy voorgangers gelees word. Soos met eersgenoemde twee, was die skrywer se navorsing en die tegniese akkuraatheid van die roman weereens indrukwekkend.

‘Ivoor’ se karakterontwikkeling en spanninglyn was egter vir my uitstaande; selfs meer as dié van sy voorgangers. Alhoewel dit nie ‘n genre is wat ek gereeld lees nie, het ek die roman geweldig geniet; dis van sulke hoogstaande gehalte dat dit enige kieskeurige leser sal tevrede stel; selfs diegene wat normaalweg ander genre’s verkies.

Dis vergelykbaar met van Wilbur Smith se bestes, maar sensitiewe lesers kan gerus wees: alhoewel die sentrale tema die onwettige jag van olifante is, is daar geen oordrewe ontstellende tonele wat wreedheid teenoor diere betref nie.

Die drukkersduiwel het ongelukkig toegeslaan: op p. 162 word na mevrou Holborne as mevrou Seymour verwys. Dis dan ook die enigste rede waarom ek nie 5 sterre toeken nie; die roman is andersins ‘n uitstekende spanningsverhaal wat ‘n gewilde keuse vir Kerskouse behoort te wees.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
October 25, 2022
Dit voel vir my asof Jaco Wolmarans in Ivoor uiteindelik sy skryfeendjies mooi in 'n ry gekry het.

Waar sy debuutroman Bos nog gehaper het in sekere afdelings, en Skag so bietjie van 'n identiteitskrisis-wipplank gery het (soms over-the-top ontvlugting ala Cussler, soms ernstige riller ala Clancy) kry hy in Ivoor uiteindelik die fokus en balans reg. 'n Verwikkelde intrige uit die Bosoorlog, sterk aksietonele wat voorkeur gee aan realisme eerder as Action Channel vuurwerke en stewige karakters maak van hierdie spanningsriller 'n sukses en dui op 'n skrywer wat nou behoorlik sy voete gevind het en saam met die groot honde kan blaf.

Moenie hierdie een laat verbygaan nie.
Profile Image for stefaans coetzee.
2 reviews1 follower
August 25, 2022
Jaco Wolmarans is benoem vir ñ ATKV-WOORDVEERTJIE: Prys vir Spanningslektuur. #NB-Uitgewers/Publishers #goodreadsfavoritebooks
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.