Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vlug

Rate this book
Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.

310 pages, Kindle Edition

Published November 2, 2021

40 people are currently reading
58 people want to read

About the author

Wilna Adriaanse

19 books29 followers
Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het op Worcester grootgeword en matrikuleer in 1976 aan Hoërskool Worcester. Sy verwerf daarna ’n BA en BA honneursgraad in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon voordat hulle weer in 1985 hulself in die Kaap gevestig het. Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland,

Het jy geweet?

Sy het om middernag op 31 Desember 1999 (in die Switserse Alpe) besluit om skryf haar Nuwejaarsvoorneme te maak. Sy het in 2000 begin skryf en haar eerste boek het in 2001 verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
85 (43%)
4 stars
76 (38%)
3 stars
28 (14%)
2 stars
5 (2%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,484 reviews84 followers
November 5, 2021
#Vlug - Wilna Adriaanse
#tafelberg
#NBUitgewers
‘Het iemand al ooit vir hulle verduidelik van balans en dat elke aksie ‘n gevolg het ? Dis dalk nie altyd ‘n sigbare gevolg….. nie. Sommige gaan nooit tot rekenskap geroep word nie, maar jou siel kan nie ongeskonde bly nie.’ (p. 76)

Milla Roux, ‘n veearts werksaam by ‘n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK, en Graham Saunders, ‘n dokter verbonde aan Médecins Sans Frontières, bevind hulleself as die bewakers van drie klein sjimpansee-wesies toe hulle desperaat in ‘n Cruiser na Suid-Afrika probeer vlug. Tussen hulle en hulle bestemming lê daar duisende kilometers, vyandige magte, geweld, die magte van die natuur, die feit dat Milla ernstig beseer is en Ebola-uitbrake.

Ek moet bieg: die sinopsis het my aanvanklik benoud gehad: ek kan enige riller lees, en doen dit ook, maar grafiese geweld teenoor diere kan ek glad nie hanteer nie - en ek was doodbang dat hierdie roman my daarmee sou konfronteer. Vir diegene wat my vrees deel: wees gerus, die tonele wat geweld insluit is deurgaans relevant, bevat geen doelbewuste skok- of gru-beskrywings nie en is veilig vir sensitiewe lesers.

Die spanning bly egter snaarstyf en ek het myself doelbewus verbied om net gou te loer of almal nog lewe op die volgende bladsy…. Die hoofkarakters word, deur middel van beskrywings van hulle verlede en hulle gevolglike persoonlikhede en keuses in die teenswoordige tyd, baie lewendig vir die leser. Selfs die sekondêre karakters laat die leser nie onaangeraak nie en mens hoop deurgaans dat almal veilig sal bly in ‘n Afrika waar enigeen die vyand kan wees en niemand kan voorspel wat die dag van more mag inhou nie.

Die roman verdien die term ‘blitsblaaier’ as etiket; die hoofstukke is kort en die spanningslyn neem eerder toe as af. Ek het reeds enkele vorige romans van die skrywer gelees (en geniet) maar ek dink hierdie een is my gunsteling van haar.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
512 reviews31 followers
May 3, 2023
As jy tot 11uur in die aand lê en lees op 'n skoolaand, moet jy weet dis 'n goeie boek.
Het ek nou Vlug deur Wilna Adriaanse geniet!
'n Verhaal gevul met deernis en empatie wat mens in een asem laat hunker na ons pragtige kontinent en in die volgende een net wil vlug van alles wat so, so verkeerd is in Afrika.
Het al die karakters vreeslik geniet, tot die sjimpansees en jip - die trane het gevloei (nope, dis nie 'n tranetrekker nie, ek huil net maklik en gemaklik vir 'n boek).
Dankie Wilna Adriaanse vir puik leesgenot!
❄️❄️❄️❄️❄️ Van my af.

#leesafrikaans @wilna_adriaanse #vlug #wilnaadriaanse #kindlepaperwhite #kindleboeke #sabookstagrammers #trotsafrikaans #afrika
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
January 17, 2022
Daar was twee aanduiders dat ek hierdie boek wou lees: die uitsonderlike voorblad en die skrywer se naam. Ek het immers heelparty boeke van Wilna Adriaanse gelees, waarvan nie één teleurgestel het nie.

Terwyl ek nog wonder wáárom ’n verhaal wat in Afrika tussen sjimpansees afspeel, is ek summier by die plot ingetrek. Daarna was dit baie maklik om slaap te verloor of 'n paar minute hier en daar te steel vir net nog 'n paar bladsye, terwyl ek deurgaans gewonder het of hierdie krisissituasies ooit besweer kán word.

Die skrywer gaan meesterlik om met die Afrikaanse taal om emosies, stryd, vrese, geweld, verlies, hartseer, skuldgevoelens, boetedoening en vele ander aspekte van menswees uit te beeld en veelvlakkige karakters te skep. Milla en Graham kom elk met hulle persoonlike spoke uit hulle verlede en vul mekaar op unieke wyse aan terwyl hulle lewensgevaar trotseer.

Wat het in besonder beïndruk? Die spanningslyn is strykdeur met sukses behou en verhoog sonder om van grafiese beskrywings gebruik te maak, wat my as redelik sensitiewe leser sou ontspoor het. Verder is die gebruik van sterk taal beperk en sinvol toegelaat in gelaaide situasies.

Sou ek, soos my gewoonte is, ’n aanhaling wou kwoteer wat my in besonder geraak het, sal ek omtrent die boek moet oorskryf, want dit is volgepak met sinsnedes wat jou bybly, en insigte waarmee jy nie kan fout vind nie. Ek dink byvoorbeeld aan die hoofkarakters se gesprek oor doelwitte en lugspieëlings (p. 267), en Milla se uitspraak oor hartseer: "Hartseer is soos ’n skaduwee, dit volg jou. Maar op ’n ander plek val die son soms uit ’n nuwe hoek, en vir rukkies is jy nie bewus van die skaduwees nie." (p. 196)

"Om te vlug het verskillende gesigte." (p.289) In, wat nou in retrospek voel na ’n skamele 301 bladsye, demonstreer die skrywer inderdaad vele gesigte van vlug, emosioneel en fisies. Vlug is sonder twyfel vyf sterre werd.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
November 5, 2021
'n Besondere boek wat Afrika tot in jou binnekamer bring.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
November 29, 2022
sjoe, dit was nou goed. hierdie skrywer mag maar skryf. die spanning was deurentyd daar. ek het baie van die karakters gehou.
75 reviews
August 10, 2022
Ek het uitgesien daarna om die boek te lees wat 'n effense ander tipe Afrikaanse fiksie is as wat ek gewoonlik lees. Ek het die meeste van die boek, storielyn en karakters geniet. Daar was ook sommige dele wat my diep geraak het waar oor trauma geskryf is.

Ek het op die ou end net werklik nie baie van die hoofkarakter gehou nie. Ek verstaan dat Milla baie trauma beleef het en veral die laaste week baie deurgemaak het, maar ek kon later net nie meer haar hardkoppigheid en soms blatant ongeskikheid hanteer nie. Ek het net meer respek vir arme Graham gekry dat hy aanhou omgee en probeer help het.

Dit het ongelukkig later die storie vir my bederf.

'n Positief is dat as ek só sterk oor die karakters voel, dit tog beteken die boek was so goed geskryf dat ek my heeltemal kon inleef, wat tog die doel is van 'n goeie storie.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Susanna.
252 reviews7 followers
August 8, 2023
Diep in die DRK is Milla Roux ‘n veearts wat in ‘n rehabilitasie sentrum werk met sjimpansees. Sy het 5 jaar gelede daar aangekom nadat sy deur vreeslike trauma was in Suid Afrika. Bang om weer lief te word en om te gee vir mense en so weer deur onbeskryflike pyn te gaan, wy Milla al haar tyd en aandag aan die sjimpansees.

Graham Saunders is ‘n dokter in die DRK wat werk vir Dokters Sonder Grense. So baie soos wat hy sy werk geniet, begin hy ook oorwerk raak soos al sy kollegas. Die pasiente word net meer soos die geweld in die land toeneem en die Dokters Sonder Grense wil hul personeel daar wegkry. Dit raak net te gevaarlik om in sulke onstabiele toestande te werk en die gewondes neem net toe.

Graham vlug met die laaste helikopter uit die kamp, maar moet net gou vir nog ‘n paar mense optel oppad land uit. Milla moet saam, maar sy weier om die drie baba sjimansees daar te los. Haar enigste manier is om hulle skelm te vervoer in haar ou betroubare Land Cruiser. Gewond, desperaat en bang, probeer Milla dit alles self doen maar sy kan net nie. Graham spring toe saam haar in die Land Cruiser en so is hulle oppad na Suid Afrika.

Die drama is nog lank nie verby nie en nog geweld, onsekerheid, slegte paaie, grensposte, Ebola en drie siek sjimpansees maak dit baie moeilik vir Graham en die gewonde Milla om hul bestemming in een stuk te haal.

My gedagtes: Sjoe, dit was nou ‘n lekker spannende boek! Al wat jammer is, is dat ek nie mal was oor Milla nie. Ja, sy’s deur baie trauma, maar sy stel ander mense se lewens in gevaar met haar hardkoppigheid en kom dit nie eers agter nie. Elke aksie het gevolge en sy verstaan dit duidelik nog nie goed nie.
Profile Image for Claudette.
3 reviews
January 22, 2023
Spanningsvol en onvoorspelbaar en ek het dit interessant gevind om van die DRK te lees.

Ek sou net graag ‘n epiloog wou gehad het om te weet waar almal hulle na ‘n paar maande of jare sou bevind het.
Profile Image for Heloise Hart.
9 reviews
October 29, 2022
Veearts en Dr raak verlief in moeilike omstandighede met vele noue ontkomings terwyl hulle vlug met 3 sjimpansees.
352 reviews7 followers
April 11, 2023
'n Boeiende verhaal wat mens 'n kykie gee in die chaotiese, tragiese lewe van die mense van die DRK, ge-orkestreer en beheer deur siellose skurke.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.