Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kaap

Rate this book
Die hoofkarakter, Marnus, is ʼn ondersoekende joernalis, ʼn libtard met struggle credentials, hoewel een van die karakters tereg opmerk dat geen witmens struggle credentials het nie. In sy jeug het hy ʼn beweging op die been gebring om teen diensplig te agiteer en toe gesê as die toekomstige ANC-bewind nie uitwerk nie, sal hy en sy vriende maar die Kaap afstig en daar gaan woon. Daardie uiting kom byt hom aan die hakskeen en plaas hom jare later in die visier van ʼn paar groepe, soos die Intelligensiediens, die Suidlanders en groepe met verwante maar meer gematigde oogmerke.
Op ’n meer persoonlike vlak betrek dit die dinamika en verhoudings tussen die karakters; jare lange vriendskappe, verraad, ontrou en ware liefde, met humor en hart.

280 pages, Paperback

Published February 1, 2022

1 person is currently reading
1 person want to read

About the author

Hans Pienaar

11 books13 followers
Hans Pienaar het gedigte begin skryf op universiteit in die laat 1970s, maar opgehou nadat die tydskrif Vlieg, waarvan hy die redakteur was, verbied is. Teen die einde van die millennium het hy weer begin, en ‘n bundel in 2002, Die taal van voëls, uitgegee. Dit is genomineer vir die Ingrid Jonkerprys. Hy is ook bekend as dramaturg, en het pryse en nominasies gewen vir Drie dosyn rose en Ching Chong Che. Ander stukke uit sy pen is Please tell us what’s going, please, Kom terug Saartjie en die onopgevoerde Die wortel van alle kwaad en Kruger se DNS. ‘n Bundel kortverhale, Die lewe ondergronds het ook sy pen verskyn en hy was mederedakteur van die bundel dienspligverhale Forces Favourites.

Hans Pienaar het vir tien jaar lank as spesialis in buitelandse sake by Independent Newspapers gewerk en is tans verbonde aan Business Day, waar hy skrywer van die blog “Africa” is. In 1992 was hy die ontvanger van die Rapportprys vir Nie-Fiksie vir Die derde oorlog teen Mapoch, oor die staat se geheime veldtogte teen die Ndebele-stam. Hy was ook die redakteur van die deur die polisie verbode Die Trojaanse perd, ‘n bundel artikels oor die noodtoestand in die 1980s in die Kaap.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
1 (100%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
121 reviews2 followers
February 13, 2022
Hierdie is Hans se nuwe fiksie roman en bestaan uit 30 hoofstukke.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.