Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Buiter: 'n Kaaps-Hollandse Historiese Romanse, Boek 1 (Die Buiter Reeks)

Rate this book
DIE BUITER - DIE BUITER REEKS

Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat ’n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as ’n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status.

In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy ’n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van ’n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg ’n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes.

Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik.

In hierdie eerste Buiter verhaal reeks, word ’n onskuldige man helder oordag uit die hof op Stellenbosch ontvoer deur die Buiter. Die gebeurtenis vind plaas nie lank nadat die graaf Paul de Moreaux in die Kaap opdaag nie. Vir Willa Rossouw wat ook ʼn onderonsie beleef met die Buiter is dit ’n uitgemaakte saak. Die Buiter is ’n man wat geen gewete of goeie hoedanighede het nie. En tog moet sy telkens agterkom dat sy die volle waarheid nie ken nie en dat die drama wat ontplooi word, veel ingewikkelder en veel gevaarliker is as wat enige iemand besef.

277 pages, Kindle Edition

Published October 17, 2025

2 people are currently reading
8 people want to read

About the author

Gerrie Radlof

132 books5 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (53%)
4 stars
4 (26%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
1 (6%)
1 star
2 (13%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Meiring Fouché.
Author 158 books6 followers
August 27, 2023
In ’n tyd van politieke onrus en politieke ongelykheid in die Kaapkolonie, gee Die Buiter die spanning en avontuur van die wilde Kaapse kolonie opwindend gestalte. Die boek volg die lotgevalle van die geheimsinnige Buiter en sy bende wat die onregverdighede van die Britse owerhede en die verdrukking van die plaaslike bevolking teengaan. Deur slim en dapper optrede red die Buiter die onskuldige Wynand Rabie uit die hof op Stellenbosch en styg hy uit tot ’n volksheld onder die bevolking.

Alhoewel hy gesien word as ’n rower en selfs moordenaar deur sommige, bly sy identiteit vir die meeste ’n raaisel. Wie is hierdie man agter die masker? Hoekom neem hy soveel risiko’s om ander te help, terwyl hy self gesoek word? Die intrige verdiep wanneer die pragtige Willa Rossouw die Buiter ontmoet wanneer hy en sy bende hulle oppad na Stellenbosch teëhou. Sy is aanvanklik afkerig van hom, maar kan nie ontken dat daar iets bekends is aan sy stem en oë nie... Wanneer die Graaf Paul de Moreaux by die Rossouws op die plaas Klein-Klipdrift kom kuier, ontvou die ware identiteit van die Buiter. Hy is niemand anders as Paul se neef, Jean de Moreaux, wat in Engeland ter dood veroordeel is vir die moord op hul oom. Volgens Paul het Jean hom egter onregverdiglik van die misdaad beskuldig om sodoende sy erfdeel te bekom. Wie vertel nou die waarheid en waarom word Jean so desperaat gesoek? Kan Willa se liefde vir Paul haar oortuigings laat wankel? Die verhaal neem ’n onverwagte wending wanneer Jean en sy bende weer by Klein-Klipdrift verken en Elmien, Willa se jonger suster, bevriend raak met Jacques, Jean se trou vriend. Terwyl Elmien worstel om Jacques se betrokkenheid by die moontlike misdaad te verstaan, sluip Jean by die huis in en hoor toevallig ’n preek oor vergifnis.

Die boek is propvol opwindende en dramatiese tonele, van die ontvoering in die hof tot die konfrontasie tussen Jean en Paul op die stoep van laasgenoemde se huis. Die intriges en liefdesverhoudings hou die leser aan die gang, terwyl die mooi beskrywings van die omgewing en die tipe mense die era lewendig laat herlewe. Alhoewel sommige karakters eendimensioneel bly, kry die hoofkarakters soos Jean, Willa en Elmien genoeg diepte om die leser se simpatie en begrip te wen. Hulle worsteling met identiteit, liefde en vergifnis is universeel. Die Buiter is ’n opwindende verhaal vir enige iemand wat hou van histories-gebaseerde avontuurverhale vol intrige, liefde en konflik. Dit neem jou terug na die romantiese tydperk van seerowers, swaardgevegte en geheimsinnige helde wat veg vir geregtigheid. Met sy vinnige pas en kleurvolle tonele sal dit lesers van alle ouderdomme boei en laat uitsien na die ander boeke in die reeks.
Profile Image for Jansie Both.
61 reviews
June 1, 2025
Hierdie boek wat eeeste keer in 1953 uitgegee is, was vir my net so lekker om te lees soos toe ek dit in die laat 80's ondek het. Tewyl my pelle Saartjie en Trompie gelees het het ek verdwaal in die ou Kolonie en die Buiter en sy bende se avonture verslind.

Dit is wel n groot jammerte dat die e-boek wat ek deur Amazon gekoop het soveel tikfoute in het. Mens sou dink dat n hersiende uitgawe en in ons tyd van tegnologiese vooruitgaan beter af behoort te wees.
Profile Image for Cecily.
91 reviews5 followers
December 19, 2023
Ai...en om te dink ek het iets soos Zorro verwag...
Ongelukkig 'n produk van sy tyd.
Die botterkop heldinne is 'n steen des aanstoots. Dit is jammer dat die avontuur verhaal verlore gaan tussen die "ek het jou innig lief selfs al het ek jou nog net een keer gesien".
5 reviews
August 7, 2024
Lank Lewe die Buiter!

As ‘n kind was ek gaande oor die Buiter. Niks het verander nie. Na al die jare het die reeks nog steeds sy bekoring behou.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews