Jump to ratings and reviews
Rate this book

Moer

Rate this book
Dis ’n roman oor die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf. Daar is ’n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak. Die bloedige slagveld van geboorte word ontstellend verwoord en daarna die allesoorheersende liefde vir die babas. Maar ook die onmoontlike gyselaarsituasie van ’n ongelukkige huwelik: “Om ’n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf.” Dis ook die verhaal van die mooi vriendskap tussen ’n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weemoed.

200 pages, Paperback

Published January 1, 2022

Loading...
Loading...

About the author

Michèle Meyer

48 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (34%)
4 stars
14 (48%)
3 stars
4 (13%)
2 stars
1 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,604 reviews92 followers
September 26, 2022
#Moer – Michèle Meyer
#ProteaBoekhuis

Om vrou te wees in ‘n wêreld waar patriargie steeds seevier, dreineer die psige; om boonop ma te wees, vereis ‘n bykans bomenslike poging om te oorleef; om te glimlag terwyl jou wêreld doek vir doek en skreeu vir skreeu verbrokkel.

Kylie deel haar lewensverhaal in poëtiese prosa; hartverskeurend, brutaal, eerlik en aangrypend. Nie lineêr nie; nie noodwendig logies of objektief nie, maar deurentyd roerend en onderhoudend. Die skrywer verwoord die onmag van ‘n jong ma op ‘n wyse bykans ongeken in enige taal; die desperaatheid, onsekerheid en vrees wat die realiteit is, word in skrille kontras teenoor die indrukke van buitestaanders gestel.

Kylie se ontluiking, val en opstaan, word ‘n werklikheid tussen die bladsye; dis die universele verhaal van vrouwees; van aanhou asemhaal wanneer dit onmoontlik voel; van oorleef ten spyte van die werklikheid; van anderkant uitkom sonder die voorreg van ‘n hand wat jou regop hou.

Op ‘n persoonlike noot: die boek was reeds etlike maande ongelees op my rak; ek is nie ‘n ma nie – en dit het my laat twyfel of ek daarmee sou kon aanklank vind. My onsekerheid het egter met die lees van ‘Uitspraak’ (99-105) soos mis voor die son verdwyn; ek het skielik onthou: ek was een van daardie twee dogtertjies, die oudste. My ma was Kylie. My hart het gebloei vir haar, vir my ma, vir alle ma’s wat met twee kleintjies spartel terwyl Pa na die braaivleisvuur staar – asof hy geen verantwoordelikheid ten opsigte van ouerskap het nie.

Dit was geensins so beplan nie, maar vandag sou my ma se verjaarsdag gewees het. 26 September. Dis gepas dat ek hierdie vandag skryf. Juis vandag.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek Protea Boekhuis
Profile Image for Julia.
577 reviews19 followers
October 23, 2023
sjoe, wat 'n verhaal. dit was interessant, omdat ek in die tyd groot geword het. ek het so baie van hierdie tipe gesinne geken.

dit was nie 'n maklike lees nie, die onderwerpe het my geruk. ek het baie van die skryfstyl gehou, dit was anders as wat 'n mens verwag dit sou wees.
Profile Image for Miemie Minty.
206 reviews3 followers
April 20, 2023
Baie goed geskryf maar definitief nie ‘n maklike onderwerp boek nie.
Profile Image for Barend van der Merwe.
54 reviews1 follower
September 23, 2023
Ek het redelik vroeg in my lewe my geloof in drie dinge verloor. God. Die huwelik. En die Afrikaner. Met tyd het ek weer bietjie teenoor die Afrikaner vermurwe, en besef dis eintlik blinde nasionalisme en groepsmentaliteit, van watter aard ook al, wat my teen die bors stuit. Maar dis 'n storie vir 'n ander dag. Meyer se boek is egter wel 'n klein mikrokosmos van die Afrikaanse gemeenskap van soorte. Die skrywer is besonder woordvaardig en in daardie opsig is die boek boeiend. Die manier waarop die boek geskryf is, val egter vreemd op. Die boek word as 'n roman van soorte beskou, maar lees baie soos 'n outobiografie. En mens kan aanneem die outobiografiese het 'n sterk basis in die storie. Die huwelik is 'n tronk vir so baie mense. Vroue ly. Ook mans ly. Maar vroue kry dikwels werklik 'n baie lelike hand (figuurlik gesproke, die uitdrukking sinspeel op die kaartspel poker).

Ek stem saam met die ander lesers se reaksies. Moer sou nog veel sterker kon wees, was dit nie vir al die mooiskrywery nie. Maar ek kan die boek beslis aanbeveel. Dit sal met baie lesers resoneer. Die boek sluit goed aan by die boek SO LYK 'N VROU, wat ek ook onlangs gelees het.
Profile Image for Michael Kruger.
7 reviews
September 27, 2024
This book sheds light on the incredible complexities and near-impossible-to-articulate experiences of the emotional rollercoasters associated with motherhood and divorce. Being a woman in a patriarchal young South Africa, divorce and shifting of family dynamics as a result, as well as the incredible willpower and love that can drive mothers, are all expertly and carefully illuminated in this touching novel.

An absolute must-read in today’s climate, where topics of motherhood, womanhood, what it means to belong and not belong in place and time, and mental health are discussed across the globe.

6 out of 5 stars, if I could.
Profile Image for Elsa.
94 reviews1 follower
July 22, 2022
Ek sou 4 sterre vir die verhaal gegee het, maar die redigering was swak en die mooiskrywery net te erg.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books36 followers
May 24, 2022
Skrywers word dikwels gewaarsku teen “mooiskryf”, en hier word dit oorvloedig en heeltemal oordadig aangewend, op dieselfde manier as wat Kylie wegraak in haar eie wêreld. Dit word soms bitter van al die soet, maar is beslis funksioneel in hierdie boek.

Dit wek baie emosie by die leser en word aanbeveel vir lesers wat nie begaan is oor ʼn boek wat volgens die reëls geskryf is wat jy by die skryfskool of werkswinkel geleer het nie. Dis terselfdertyd ʼn saaklike verslag en liriese prosa.

Min mense gaan lou staan teenoor hierdie boek. Lees self en besluit aan watter kant van die munt jy is.
Displaying 1 - 7 of 7 reviews