Jump to ratings and reviews
Rate this book

Klankgrens

Rate this book
Jy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, was pap en swaar, 'n dronk pateet. Die Weermag, die noodlot, die sisteem — het 'n man en beskermer, 'n mens wat 'n morele leier kon gewees het, van my gesteel. Die man op ons dubbelbed kon enigiets gewees het, enigiets. Maar jy moes drink om die oorlog in jou kop beëindig te kry. Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

387 pages, Kindle Edition

Published January 1, 2022

1 person is currently reading
5 people want to read

About the author

Maretha Maartens

81 books24 followers
Maretha Maartens woon in Bloemfontein. Reeds op 13 het sy stories en bydraes vir Klein Volksblad en die kerklike kindertydskrif Môrelig begin skryf en illustreer. In 1964, gedurende haar eerste jaar as BA Tale-student aan die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat, is ’n seleksie van dié stories, blokkiesraaisels, strookprente ens deur die NG Sendingpers as Die Lekkerlees Kinderboek gepubliseer. Sedertdien het daar ongeveer 155 boeke uit haar pen – of die een verganklike rekenaar na die ander – verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (31%)
4 stars
8 (50%)
3 stars
1 (6%)
2 stars
1 (6%)
1 star
1 (6%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,492 reviews85 followers
February 11, 2022
#klankgrens – Maretha Maartens & Magda Slabbert
#lapa
#luca
‘Die wat luister of toevallig opkyk, hoor ‘n knal soos diè van ‘n bomontploffing wanneer daar deur die klankgrens gebars word – maar eers wanneer alles verby is.’ (p.304/5)

Magda Strydom, getroud met Rufus Strydom, ‘n beroepsoldaat tydens die Bosoorlog, nou afgetree as RSM van 1SDB, Tempe, het, volgens ‘n onderhoud met Maroela-media (15/12/2021) haar lewensverhaal (‘Dit is my ervaring, maar ek kan nie namens al die vroue daar buite praat nie.’) aan Maretha Maartens vertel. Hierdie boek, wat 3 jaar geneem het om te voltooi, is die vrug daarvan. Die hoofkarakter, Jo de Winnaar, gebore Johanna Althea Barnard, ‘verteenwoordig elke vrou wat alles in die stryd gewerp het om geloof en hoop in haar gesin en eie menswees te behou.’

Die openingshoofstuk, As Pappa met die Flossie kom, Augustus 1987, word verskeie keer deur die verloop van die boek as tussenspel geplaas; die spesifieke dag word verteenwoordigend van die patroon wat homself telkens herhaal: vrouens met jong kinders wat hulle soldaatmans se terugkeer inwag, die afwagting, die desperate voorbereidings, die struikelblokke, die ontnugtering en die teleurstelling.

Jo se verlede word deur middel van terugflitse in verdere hoofstukke aan die leser geopenbaar. In 1975, as jong skooldogter, ontmoet sy haar Alec, ‘n paar jaar ouer as sy. Sy onthou hoe sy as kind, tydens die kyk van ‘The World at War’, reeds besef het dat oorlog ‘my keel laat toetrek’, maar trou in 1983, op 19-jarige ouderdom met ‘n beroepsoldaat en ontdek reeds by hulle huweliksonthaal dat die kuier saam met weermagkollegas vir ‘n soldaat belangriker is as sy blosende bruid (p.129) se verwagtinge en dat sy altyd ‘n buitestaander sou bly: ‘Vir ‘n vrou is weermagtaal soos Frans vir mense met ‘n Felixtonse tongval.’ (p.48) Met die geboorte van hulle eerste kind, Lea, in Januarie 1984, is Alec dan ook saam met sy eenheid in die Bos.

Met die jare besef sy toenemend dat kommunikasie ‘n oorlog in die huis geword het: ‘My soldaat vermy vrae asof ek landmyne vir hom stel’ (p.109) en ‘….dat hy my irriterend vind wanneer ek emosie en oorlog soos sopgroente deurmekaar geroer het.’ (p.121), want ‘Soldate stort mos nie ‘n traan nie. Militêre protokol negeer die verleentheid van rou emosie.’ (p. 221). En, in Alec se woorde: ‘Praat is soos die aftrap van ‘n landmyn. Niemand kom heel uit so iets nie.’ (p.267)

Dit sou egter by verre nie die enigste ontnugtering wees nie; elke afskeid het aan die trauma van ‘n amputasie herinner; ‘….dat daar….koek en tee vir die vertrekkende troepe sou wees, maar dat die band met vrouens, meisies en kinders reeds geknip sou wees.’ Jo se jong meisie-drome ‘Elke vrou het ‘n man nodig na wie sy kan opkyk (p.18) in 1982, sou vervang word vervang word met die besef: ‘Die beplunderde wese was nie meer ‘n mens, iemand se pa of seun nie.’ (p.284)

Selfs na die amptelike einde van die Bosoorlog in 1989 was die betrokkenes nie vry nie: ‘Oorlog in die Bos is ‘n oorlog tot in die verre toekoms. ‘n Oorlog in die Bos duur van geslag tot geslag. (p.153). Hierdie besef van Jo herinner aan die woorde van haar studentevriendin, Anouk, soveel jare gelede, wat haar gewaarsku het dat die liggaam onthou (p.21) Interessantheidshalwe, vir diegene wat graag meer oor hierdie konsep wil weet, daar is ‘n boek met ‘n soortgelyke titel (The body keeps the score van Bessel van der Kolk) wat die teorie onderskryf.

Lesers wat onder die indruk is dat die boek ‘n jeremiade van moedverloor en ellende is, wees gerus, dit is juis nie. Die diepte van die pyn moes juis so intens beskryf word sodat die wonder van die oorlewing as sodanig herken kan word. Dis nie ‘n aanval op enigste instansie en ideologie nie; dis bloot die verhaal van ‘n vrou se persoonlike ervarings waarmee verskeie lesers sal kan identifiseer. Maretha Maartens verdien ‘n pluimpie vir die teks; sy vertel Jo/Magda se verhaal met deernis en empatie, maar ook met brutale eerlikheid. Die boek word aanbeveel vir lesers wat belangstel in die agter die skerms trauma en wonde van die Bosoorlog, maar ook vir diegene wat graag herinner wil word aan die sterkte van die mens se drang om emosionele oorlewing.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
LAPA Uitgewers
LUCA
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
January 18, 2023
Die verhaal van Alec en Jo de Winnaar is geskoei op ’n vertelling deur Magda Slabbert, die vrou van ’n beroepsoldaat. Mense wat nie persoonlik blootgestel was aan die grensoorlog en wat dit aan al die betrokkenes gedoen het nie, kan baie ontstellende dinge wys word uit hierdie verhaal. Die ontberings en lewensverlies, beslis, maar veral die effek wat dit gehad het op gesinne. “Jy leer dat sy kom en gaan onverwags is, dat saamwees kortstondig soos die lewe en weggaan so onverwags soos die wegraping of die dood is.” (p.111)
Die aanbieding is effektief, in redelik kort hoofstukke met verwysing na plek, datum en gebeurlikheid in die opskrif. “As Pappa met die Flossie kom” ruk ’n mens aan die hart, want vrouens en kinders het ingelyks swaar gekry. Jo se lewensverhaal, van skoolkind tot middeljarige, word geskets; die stryd om alleen te oorleef, kinders groot te kry, die verlies van geliefdes, geloofstryd, selfs die verskrikking van Covid. En dan die hartseer gevolgtrekking: “Die soldaat wat terugkom na sy huis praat in die taal van ’n ander wêreld. Hy sukkel om die taal van dié wat op sy tuiskoms gewag het, weer te bemeester.” (p.236)
Maretha Maartens het met haar taalvaardigheid reg laat geskied aan ’n ontroerende storie, hoewel dit vir my iewers ná die halfpadmerk, bietjie uitgerek geraak het. Ek kan dit aanbeveel vir enigeen wat belangstel in méér as die veldslae van die oorlog wat so lank deel was van die verwysingsraamwerk van Suid-Afrikaners. Dit laat my dink aan woorde van ’n lied: “Except for the names and a few other changes, when you talk about me, the story is the same one.” Daar is ’n Alec en ’n Jo in baie huishoudings. Wees dankbaar as jy dit nie persoonlik aan jou lyf gevoel het nie.
Profile Image for Suzie Van Heerden.
2 reviews
December 3, 2022
Dit was baie deurmekaar. Soos 'n aandag-afleibare persoon. Laaste deel ook heel vervelig, waar haar kinderdae en gedagtes afspeel, terwyl ek eintlik wil weet of Alec tot sy sinne gekom het.
Profile Image for Rozaan De.
Author 1 book7 followers
August 12, 2022
Wat die boek so puik vir my maak, is die spesifieke detail in klein, maar besonderse dingetjies, amper vergete, uit daardie tyd. Verstommend die beskrywings van alles wat met soveel helderheid opgeroep word. Ek salueer die skrywers vir hierdie merkwaardige verhaal.
“Toe ek die woord, ‘weemoed’, die eerste keer raakgelees het, het ek Pa se kyk en stemtoon daaragter gesien, soos ń dowwe watermerk uit my vroegste kindertyd. Nou is ek die een met die watermerk.
Hoe verskriklik mooi is dit nie.
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 13 books48 followers
December 3, 2022
Die verhaal het my ingetrek. Dis my ouderdoms-groep se manne wat saam met Alec grens toe is. My hart gaan uit na hom, terwyl ek so kwaad was vir hom. Ek bewonder Jo. Sou ek so lank uitgehou het... net die manier van praat? Lea se pappa wat op die Flossie kom, en dan stap Pappa by haar verby. Hartverskeurend. 'n Goeie skryf wat jou emosies vasgryp.
Profile Image for Lynelle Clark.
Author 58 books176 followers
July 20, 2022
Ek het die boek gewen tydens 'n kompetisie wat die uitgewers geloods het op Instagram.

Klank grens is 'n baie toepaslike naam vir die boek. Dit handel oor die destydse oorlog waar baie van ons manne (seuns eintlik) geveg het. Baie het teruggekom stukkend, verward, kwaad en gebroke. Ekself het 'n paar sulke manne ontmoet. Ons hier by die huis sal nooit werklik verstaan waardeur die manne gegaan het nie.
Die skrywer raak dit wel aan deur die vroue karakters in die boek. Hul perspektief, 'n werklike terugblik elke keer wat 'n man op pas was en hoe hulle elke keer moes aanpas by die nuwe man wat by die voordeur ingestap het.

Die skryfstyl is direk en sonder doekies en sny tot op die been. 'n Raakvat boek oor 'n baie donker tydperk in ons geskiedenis.

Geloof en hoop die enigste basis wat die betrokke mense kon help in hul soeke. Dit gaan oor die mens se aanpasbaarheid te midde van 'n moeilike situasie. Die tydgleuf waarin dit speel is getrou weergegee terwyl jy die spanning kan aanvoel.

Ek kan met die grootste vrymoedigheid die boek aanbeveel.
Baie dankie Luca Uitgewers vir my boek.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.