Jump to ratings and reviews
Rate this book

Seldsame man

Rate this book
Isa se wittebrood in Phuket word ’n tragedie toe ’n tsoenami die eiland tref. Hoewel sy dit oorleef, verloor sy haar lewensmaat. Ná die reddingspogings, ná die noodvlug terug Suid-Afrika toe, is die nagmerrie egter nie verby nie. Terugflitse, skuldgevoelens en skrikwekkende drome teister haar. Die enigste stuk blydskap wat sy teruggebring het, is die baba wat sy nie geweet het sy dra terwyl die tsoenami oor hulle gewoed het nie.

In haar geheue is net dele van daardie verskriklike gebeure vasgevang. Dit besef sy opnuut toe sy onverwags die man teëkom wat haar lewe gered het. Maar ook wat hom betref, is daar iets wat haar geheue net nie wil loslaat nie. Al waarvan sy seker is, is dat daar iets tussen haar en hierdie man gebeur het. Of dit goed of sleg of albei was, weet sy nie, maar dit laat haar nie vry nie. Sy is ook nie seker of haar toenemende gevoel vir hom dankbaarheid, skuld of liefde is nie – al drie is immers moontlik in die gemoed van iemand wat byna alles verloor het.

272 pages, Kindle Edition

Published July 2, 2016

Loading...
Loading...

About the author

Bets Smith

42 books13 followers
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in ‘n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Selfs die skryf van spanningsverhale help om van aggressie en frustrasies ontslae te raak, want die skurke word aangekeer en ry op die ou end aan die pen.
Sy is 'n afgetrede onderwyser wat tans in Reebok, in die Suidkaap bly. Hul uitsig op die see, en die pragtige omgewing is 'n inspirasie vir enige skrywer.
Sy en haar man is reeds 39 jaar getroud. Hy verstaan haar giere en geite en ondersteun haar in alles wat sy aanpak. Haar twee getroude kinders met ’n eiesoortige humorsin hou haar voete op die aarde, en haar vier kleinkinders is 'n groot vreugde in haar lewe.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (43%)
4 stars
4 (25%)
3 stars
2 (12%)
2 stars
3 (18%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
40 reviews
April 8, 2026
Uitgerekte selfverwyt, twyfel. Isabel karakter het my eintlik geirriteer. Voorspelbaar uitputtend. Ek kon net nie vat kry aan hierdie boek nie Het dit omgewens. Was soos tande trek , net klaargelees, want dit was 'n boekklub keus, maar nee dankie nie vir my.

Daar ook n paar foute
- waar Isa en Ettienne hand skud om mekaar te groet en dan net op die volgende bladsy hethaal dit weer dat hulle weer hand skud om te groet.

Waar Isa vir Etienne sê sy gaan tetug Phutet toe oor 2 dae
Net daarna vra hy haar wanneer gaan sy en sy sê weer oor twee dae
Displaying 1 - 2 of 2 reviews