Jump to ratings and reviews
Rate this book

Klikbek

Rate this book
Speurder Sollie Mtembu lê snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om dié “verdwyning” te ondersoek. Kort ná hy in Rhynveld arriveer verander die oënskynlike ontvoering in ’n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seëvier.

288 pages, Paperback

Published August 1, 2019

15 people are currently reading
42 people want to read

About the author

Sidney Gilroy

8 books25 followers
Sidney Gilroy is ’n projekbestuurder en digitale spesialis wat sedert 2015 deeltyds as stokperdjie skryf. Hy woon in Reebok, Suid-Afrika saam met sy kat.
~
Sidney Gilroy is a project manager and digital specialist who has been writing part-time as a hobby since 2015. He lives in Reebok, South Africa with his cat.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
56 (37%)
4 stars
67 (44%)
3 stars
22 (14%)
2 stars
2 (1%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 18 of 18 reviews
Profile Image for Tania.
1,485 reviews371 followers
July 4, 2020
3.5 sterre opgerond na 4. Dis altyd 'n plesier om 'n nuwe Afrikaanse skrywer op my boekrak te verwelkom. Wat die meeste uitgestaan het in Klikbek is die skrystyl - intens beskrywend sonder enige aansit of fieterjasies.

Ek het baie vroeg al geraai wie die moordenaar is, maar die fokus is in elk geval meer op die hoekom as op die wie, so dit het my nie te veel gepla nie. Wat die boek ook anders maak is dat die hoofkarakter 'n swart man is. As gevolg hiervan bring speurder Sollie Mthembu 'n spliternuwe agtergrond, "issues" en uitkyk na die genre. Klikbek is ook meer ernstig as byvoorbeeld Deon Meyer of Rudie van Rensburg se boeke. En alhoewel ek gek is oor beide hierdie outeurs, is dit altyd lekker om verskillende opsies te he.

Ek sal definitief die opvolg, Middernag, voor die einde van die jaar nadertrek.

Profile Image for Sonja Arlow.
1,258 reviews7 followers
September 4, 2020
3.5 stars

Daar is n paar dinge wat ek BAIE van gehou het in hierdie debut verhaal.

Die feit dat die storie in die Vrystaat afspeel (hoekom is meeste speur verhale deesdae net in die Kaap?), die feit dat die hoof karakter ‘n swart man is wat ‘n hoogs sensitiewe saak moet ondersoek in n klein boere dorpie waar hy self sy eie dramas het wat sy aandag verg.

Daar was wel ook ‘n paar goed wat gekrap het aan my. Party van die (vele) sekondere stories het amper onnodig gevoel en ek het NIE van Carla gehou nie. Sy was net te steeks vir geen rede nie en te steriotipies uit gebeeld.

Maar dit was soos altyd ‘n plesier om in my moedertaal te lees en ek is bly om te sien dat die 2de boek Middernag al klaar gepubliseer is. Ek sal definitief nog tyd saam met speurder Sollie Mtembu wil spandeer.


22 reviews1 follower
December 2, 2019
“Klikbek” is ‘n pure leesplesier, wat my vierkantig in die Vrystaatse landskap, iewers naby Bethlehem, geplaas het en my heeltyd aan die raai gehou het.  Nogtans is daar soveel onvervulde beloftes van die potensieel plofbare konflik, wat net kan ontstaan as ‘n swart speurder ‘n ondersoek na ‘n verdwyning van ‘n gesiene boer binne die Afrikaanse boeregemeenskap in die Vrystaat doen.  Terwyl die boek slaag om die duistere onderlae in hierdie stoere gemeenskap af te skil, kom daar weinig van die konflik, behalwe vir een episode in die kroeg, wat nie juis die hele verhaal se verloop beïnvloed nie. Verder kom die verhouding tussen die speurder en sy vrou feitlik op ‘n aparte storielyn neer, sonder ‘n bydrae tot die hele verhaal.  En so ook sy traumatiese ondervinding gedurende sy kinderjare, wat meer effektief binne die onderliggende konflik ontgin kon geword het.  Aan die einde van die boek is die moordverhaal netjies afgebind, met die ander storielyne wat nog rondlê – wat jammer is, want dit kon amper ‘n volmaakte riller gewees het.  Of word ons voorberei op ‘n vervolg?
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
July 30, 2020
Ek het swaar gelees aan Klikbek en ek weet nie regtig hoekom nie. Die feit dat ek nou hier sit en skaars weet wat om oor die boek te sê is seker 'n akkurate refleksie van my leeservaring.

Die Engelse term "muddled plot" was vir my van toepassing. Veral in die middelste derde van die boek het dit vir my gevoel of die skrywer op te veel plekke gevat en gelos het.

Uiteindelik was die karakterisering goed, veral 'n hoofkarakter van wie ek regtig kon hou, maar my tande kon net nie 'n lekker sagte plek kry om in hierdie deurmekarerige storie in te byt nie. Familieintriges is geneig om my koud te laat, wat ook is hoekom ek nie met die domestic noir genre regkom nie, so dalk is dit deel van die probleem hier.

Klikbek is meer van 'n whodunnit as 'n naelbyt spanningsrit, so lees dit as jy hou van 'n erg verwikkelde intrige met kleindorpiegeheime en familieskandes as fondament. Ek gee drie sterre, maar dit het vir my eintlik meer na oraaiterig as goed oorgeleun.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
May 16, 2020
Ek is nie meer 'n misdaadleser nie, maar hierdie een het met my eerste besoek aan 'n boekwinkel na volslae inperking oor my pad gekom - en my groot plesier verskaf. Om my te boei, moet 'n misdaadverhaal besondere karakterisering hê en nie net op aksie staatmaak nie. En ek moet van die speurder hou. Albei elemente het my tot die einde laat lees en die grusaamhede dapper laat verduur.
Daar is 'n paar dingetjies wat my op 'n opvolg laat hoop ...
Profile Image for Christina Rothfusz.
992 reviews26 followers
May 15, 2023
Tillman Wagenaar is 'n bekende, of berugte, ryk boer in die Vrystaat en toe hy verdwyn vra die Kommisaris vir Parkview Weg Polisiestatsie in Bloemfontein om die SAP in die klein dorpie Rhynveld te gaan help met die ondersoek.

Die fokus is nie op wie dit gedoen het nie, ons weet sommer gou in die storie wie vir Tillman se verdwyining verantwoordelik is, die storie gaan oor die hoekom en met soveel familie intriges op 'n klein dorpie waar families vete's oor generasies strek is daar genoeg redes.

Dis die omstandaghede waarin Sollie Mthembu sy eerste saak ondersoek. As 'n bytestander moet hy gou opvang met die klein dorpie se skandes, maar hy het ook sy eie geskiedenis wat hom terug hou.

Altyd lekker om 'n nuwe (vir my) Afrikaanse skrywer to ontdek en ek sal verseker die volgende in Sollie Mthembu boek lees.

Ek het wel gevind dat die skrywer baie hardhandig met sy karakters is, die lykstelling is baie hoog en 'n paar van die storie komponente het aan my gekrap. 1. Daar is nie regtig is soos 'n "vakleerling" speurder nie, dat Sollie vir maande moes wag om aan enige saak te kry in 'n SAP waar die misdaad die speurders oorval was vreemd. 2. As die kommissaris vra vir hulp met 'n sensitiewe saak stuur jyverseker jou beste, mees ervare speurder, nie 'n nuweling wat jy tot nou toe nog nie met enige saak van sy eie vertrou het nie.

Maar, dit was klein irritasies en het nie beinvloed hoeveel ek die boek geniet het nie. Sollie is 'n boeinde hoof karakter en ek sal graag sien waar die skywer sy storie neem.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,538 reviews89 followers
November 12, 2019

Rhynveld is ‘n klein dorpie in die Vrystaat. Die hele gemeenskap is (direk en indirek) afhanklik van Tillman Wagenaar. Sy voorgeslagte het deur die jare die grond in die omgewing opgekoop totdat die Wagenaar-plaas, Onverwacht, bykans die hele distrik beslaan. Hy en sy vrou, Renate, het slegs een kind; hulle dogter, Lente. Sy is swanger met Onverwacht se erfgenaam.

Renate se suster, Marisa, is met ‘n fanatiese leke-prediker, Dassie Jacobs, getroud. Dassie se jonger broer, Lukas, woon ook saam met hulle op wat van hul plaas oorgebly het.

Op ‘n ander buurplaas woon Toit du Toit. Sy enigste seun, Sias, is ‘n belowende rugbyspeler en Toit se hoop op ‘n beter lewe. Hy is ‘n verbitterde sukkelaar wat alle ellende in sy lewe (insluitende die dood van sy vrou) op Tillman blameer.

Dan gebeur die ondenkbare: Tillman verdwyn. ‘n Week later, met Tillman steeds soek, is daar ‘n aanval op Onverwacht waartydens twee mense sterf en een grusaam vermink word.

Sollie Mthembu, ‘n junior speurder, het probleme. Die letsel aan sy gesig is ook ‘n letsel in sy binneste; sy vrou spandeer geld vinniger as wat hy dit kan verdien en hy word nie by die werk vertrou om self ‘n saak te kan ondersoek nie. Tot Tillman verdwyn......

Sollie word Rhynveld toe gestuur; sy eerste groot kans as speurder, maar hy loop hom vas teen rassisme, geheime uit die verlede, onwillige getuies en kleindorpse agterdog teenoor ‘n buitestaander.

Ek kon nie glo hierdie is ‘n debuutroman nie; dis een van my lees-hoogtepunte van 2019. Daar is verskeie kinkels, volronde karakters en ‘n briljante ontknoping. Ek gee uiters selfde 5 sterre vir fiksie, maar hierdie boek verdien dit.

Profile Image for Zelda.
Author 16 books33 followers
January 22, 2021
Teen bladsy 10 het ek geweet ek gaan ’n Sidney Gilroy groupie word. Spannende leesstof en ’n deernisvolle hoofkarakter.
Profile Image for Rika Burger.
56 reviews
October 7, 2025
(Getekende kopie) Ek het hierdie boek nou baie geniet. Drie laat aande in ñ ry, kon dit net nie neersit nie! Ek het self lank in die oos-Vrystaat naby Bethlehem gewoon, en kon myself lekker inleef in die storie. Dis die eerste keer wat ek een van Sidney se boeke lees maar beslis nie die laaste nie!
Profile Image for Rachelle.
52 reviews
March 27, 2020
'n Verrassende debuutroman! Beslis sy UJ literêre nominasie werd!
Profile Image for Miemie Minty.
194 reviews3 followers
August 16, 2021
Brilliant book but very haunting. Some of the storylines will stay with you forever.
Profile Image for Heidi de Goede.
632 reviews5 followers
February 15, 2022
3.5 sterre. Nie sleg vir 'n eerste boek nie. Sal beslis nog van hom lees. Kan net beter raak.
Profile Image for Wena.
378 reviews1 follower
March 8, 2022
Gilroy is 'n vars bries in krimilektuur!
Profile Image for Rudi Opperman.
650 reviews7 followers
April 19, 2026
Uitstekende misdaadriller met karakters wat ‘n mens nie uit jou kop uit kan kry nie!
220 reviews12 followers
December 29, 2020
Ek het die boek lankal gekoop na aanleiding van die goeie resensies wat dit gekry het. Dis beslis n boeiende verhaal. Daar is plekke waar die skrywer werklik mooi beskrywings gee wat die leser intrek in die gebeure. Daar is net op n stadium n intense beskrywing van seksuele gebeure. Verder was dit n spannende speurverhaal met baie sy lyne wat dit bietjie langdradig maak. Beslis die moeite werd om te lees.
Profile Image for Dirk Roets.
25 reviews
July 1, 2024
Lekker boek om te lees. Dit was effens voorspelbaar, anders het ek dit 5/5 gegee. Ek gaan definitief sy ander boeke ook lees na hierdie een 🙂
Displaying 1 - 18 of 18 reviews