Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vat die regte pad - Jesus s’n

Rate this book
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle. Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die “las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

Paperback

Published December 8, 2021

1 person is currently reading
5 people want to read

About the author

Stephan Joubert

49 books4 followers
Stephan Joubert dien al vir meer as ‘n dekade as ‘n professor in Nuwe Testament studies by die Universiteit van Pretoria. Hy het al meer as 40 akademiese navorsingspublikasies, 10 artikels vir publikasie in internasionale akademiese werke, sowel as ‘n magtige navorsingswerk oor die lewe van Paulus die lig laat sien. Hy was ‘n leraar by ‘n mega gemeente in Pretoria, en is steeds ‘n gesogte spreker by internasionale konferensies en seminare oor leierskap en die kerk.

Hy skryf ‘n weeklikse bydrae vir ‘n koerant in Gauteng, ‘n maandelikse bydrae vir ‘n Christelike glanstydskrif, en is ook die redakteur van ‘n groot internet kerk (24 000 besoekers). Stephan het reeds 47 Christelike boeke geskryf, en is ook die mede-vertaler van ‘n moderne Afrikaanse vertaling van die Bybel, welke bekroon is as die beste Christelike publikasie van die jaar in Suid-Afrika. Hy het ook reeds die Van Drimmelen medalje vanaf die Suid-Afrikaanse Raad vir die Wetenskap en die Kunste ontvang.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
2 (100%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,501 reviews86 followers
February 22, 2022
#vatdieregtepad – Stephan Joubert
#luca
#lapa

Die lokteks voor- en agterop hierdie boek (“Dissipelskap-stories vir gewone mense” en “Vat die regte pad en leef jou eie, unieke, gewone lewe voluit vir die Here”) klink nie besonder opwindend of uniek nie. Inteendeel: dit skep met die eerste oogopslag die indruk dat dit net nog ‘n boek is wat lesers wil voorsê hoe hulle dinge behoort te doen.

Die eerste leidraad dat hierdie egter nie ‘n tradisionele ‘so moet jy maak’ boek is nie, is die insluiting van hierdie gedig deur Linda Rousseau in die inleiding:
‘Ek is flou gerou;
oor Eden wat was maar nie meer is oor wat kan wees maar nog moet kom
Ek’s ontnugter,
ek skram weg van prekies en praatjies ek’s goddelooslik godsdiens skugter.
Hul beperk ons God tot twee, eng opsies: ‘Hemel of Hel?’
‘Reg of Verkeerd?’
‘Draai of Braai?’
‘Wit of Swart?’
‘My kind, is Jesus in jou hart?’
Ek is flou gerou;
hul’t ons Heer vasgespyker aan ‘n kerkgebou.’

Met die eerste loer na die hoofstuk-indelings is die ongewone opskrifte ook opvallend; in plaas van die tradisionele beskrywings van die fasette van dissipelskap, is elke hoofstuk se titel tweeledig geformuleer: ‘n fundamentalistiese wanpersepsie word teenoor ‘n nuwe perspektief gestel.

Die heel eerste hoofstuk, byvoorbeeld, stel die bekende ‘doen goed vir God’ teenoor ‘word rustig by God’. Die volgende aanhaling verklap die bedoeling daaragter en motiveer waarom ‘ons het dit nog altyd so gedoen’ ‘n slag heroorweeg moet word: ‘Gebed is taakgedrewe aktiwiteit. Stiltetyd is geraasmaaktyd. Dis harde werk propvol versoeke, stryde, worstelinge en aksies. Daarom dat sommige selfs aan ‘gebedsuitbranding ly. Hulle is moeg gebid.’ (p.14) Dit word egter duidelik gestel dat ‘rus’ nie aan ‘niksdoen’ gelykstaande is nie en, ter illustrasie, word die verskil tussen (negatiewe) gejaagdheid en (positiewe) dringendheid as volg verduidelik: ‘Gejaagde mense rus eers nadat hulle vir die Here gewerk het, maar mense wat dringendheid ervaar, dien Hom en ander vanuit hulle rus’.(p.17) ‘n Aanhaling uit John Kotter se ‘A Sense of Urgency’ is ewe insiggewend: ‘….the energy from anger and anxiety can easily create activity, instead of productivity.’ (p.18)

Die menslike geneigdheid tot traagheid om veranderinge aan ‘n bestaande orde te oorweeg, word ook aangespreek met verwysing na die sogenaamde ‘Einstellung Effect’; dat ons bestaande ‘kopkaarte’ aangaande vorige ervarings ons blind maak vir nuwe moontlikhede en oplossings, en die treffende aanhaling van John Maynard Keynes (p.38): ‘The difficulty lies, not in the new ideas, but in escaping from the old ones…’

Die titel van die Dan Kimball boek ‘I like Jesus, but not the church’ open ‘n insiggewende gesprek oor die tradisionele kerkopset. Die skrywer vertel openhartig hoe ‘n gemeentelid sy oë vir die noodsaaklikheid van verandering geopen het, toe hy, na aanleiding van die skrywer se gebruik om ‘n paar minute stilte toe te laat (om oor jou sondes te dink !) na die lees van die Tien Gebooie, die volgende gesê het: ‘Ek het nog skaars begin dink, dan sê jy al amen. Ek het ongelukkig nie so min sondes soos die res van die gemeente nie. Jy sal my baie meer tyd as dit moet gee.’ (p.53) Dit het aanleiding gegee tot selfondersoek en die noodsaaklikheid om te ‘detoks van ‘n stuk godsdienstigheid’, met verwysing na ‘If you fall in love with a system or an institution, you’ll soon lose your capacity to challenge or change it.’ (p.62)

Ander oproepe tot vernuwende denke en verandering sluit in: die besef dat die Efesiërs 6 wapenrusting geen beskerming vir die rug bied nie; mense moet dit vir mekaar wees (p.98); dat nederigheid nie is om minder VAN jouself te dink nie, maar om minder AAN jouself te dink (p.102); dat die tradisionele evangelisasie-tegnieke veel te wense oorlaat, want ‘…ons het nie ‘n lisensie om ongenooid in mense se lewens in te storm en hulle as objekte te hanteer vanaf ‘n godsdienstige hoogte nie’ (p.124) en die herinnering dat Lilliput se bewoners gedink het Gulliver se horlosie was sy god omdat dit sy konstante aandag gekry het.

Die huis-toe-neem-boodskap kan in die eenvoud van Miga 6:8 saamgevat word: ‘Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is. Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.’

Die skrywer het reeds verskeie publikasies agter sy naam en is aktief betrokke by die digitale bediening van ekerk; die Pierre van Reyneveld-gemeente; Mosaïek; Kerk-sondermure en die Alberton lewensentrum en is ‘n buitengewone professor in teologie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die boek sal byval vind by Christen-lesers wat ‘n behoefte aan vaste kos het en besef dat dit tyd is om van die melk gespeen te word.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
LAPA Uitgewers
Lucalife
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.