Jump to ratings and reviews
Rate this book

Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713

Rate this book
Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Hulle word een-een siek – die gevreesde kinderpokke. Op 12 Februarie gaan die gesin aan land in Tafelbaai. Enkele maande later is sowat die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.
In Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. 

434 pages, Kindle Edition

Published January 27, 2022

9 people are currently reading
20 people want to read

About the author

Dan Sleigh

17 books21 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (25%)
4 stars
9 (56%)
3 stars
3 (18%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Nic van der Westhuizen.
29 reviews6 followers
March 6, 2022
'n Moetlees boek vir almal wat belangstel in die vestiging van die Kaap as verversingspos, die VOC en die ontwikkeling van die seeroetes tussen die Ooste en Nederland. Insiggewend, veral die beskrywings van lewe op die skepe tydens die ellelange reise tussen Batavia en hul uiteindelike bestemmings. 'n Kragtoer deur Dan Sleigh.
Profile Image for Zina Britz.
13 reviews1 follower
May 25, 2025
Die boek gee vir jou meer inligting oor onder andere die samestelling, voorbereiding, organisasie, bestuur, diens en ontvangs van die VOC se vlote, oor ’n periode van 200 jaar. Dit lees maklik, maar nie soos ’n storieboek nie — dit is meer verslaggewend, soos dit ’n historikus betaam.

Die boek is gebaseer op Johannes van Steelant se reisjoernaal. Hy was admiraal van die retoervloot van 1713 en tydelike kommissaris van die Kaap vir 2 maande oppad terug van Batavia. “Aspekte van kultuur word ook aangeraak, want die joernaal bied voorbeelde van hoe Oosterse — veral Maleise — woorde en uitdrukkings die Nederlandse taal op land, see en in die handel beïnvloed het, en hoe sommige van dié woorde vroeg in Afrikaans opgeneem is. Die VOC se seetaal het op sy beurt ook ’n ryk bydrae tot Afrikaans gelewer.”

Persoonlik het ek die volgende as die interessantste beskou:
1. Die VOC se optiese en oudioseinwerk op land en see, asook die universele seinwerk met ander nasies.
2. Die Klein Ystyd en die invloed wat dit op seeroetes regoor die wêreld gehad het. Dit het gelei tot die stigting van die Tafelbaai port, wat later krities geword het vir die sukses van die VOC.
3. Die proviand aan boord het altyd drie verskillende kase ingesluit, naamlik Edam-, Gouda- en Leijdse kase.
4. “In die 18de eeu is 107 skepe tydens die ‘retoerreis’ aan storms of strandings verloor.”
5. Die oorsprong van die woord “flagship”.
6. Die lewe aan boord ’n skip in ’n vloot.
7. Daaglikse vergaderings tussen die skippers om die rigting te bepaal.
8. Die “ins and outs” van Kaap de Goede Hoop, asook die korrupsie en wanadministrasie rondom die 1700s, voor Van Steelant se twee maande as kommissaris.

Laastens, hierdie aanhaling van zuidafrikahuis.nl:
“Indeed, there does not seem to be a book in Dutch in which the return fleets of the VOC are described as exhaustively. Although Sleigh takes the position that Cape Town had ‘no function or raison d’être’ without the return fleets, Retoervloot is perhaps even more relevant to the Netherlands.”
This entire review has been hidden because of spoilers.
121 reviews2 followers
February 13, 2022
Rapport Weekliks: 13 Februarie 2022

Die geredigeerde uittreksel verskaf baie inligting vir geskiedenis leerlinge.

n Hoogs aansteeklike virus-infeksie (Pokke) tref die Kaap en wis omtrent die hele bevolking uit. Niemand was beskikbaar om die siekes te versorg nie.
Daar was ook geen teenmiddel beskikbaar nie.

"Ten spyte van die reuseverwoesting van die 1713-epidemie en die reusagtige sosiale gevolge daarvan wat oor die suidwestelike deel van die land heen gevoel is, is daar geen gedenksteen of monument in Kaapstad wat die stad se grootste ramp in die geheue roep nie"
Profile Image for Loraine.
476 reviews
April 26, 2023
Hierdie boek is vir ‘n spesifieke nismark geskryf - ywerige VOC-belangstellendes. Alhoewel die skrywer probeer om die massiewe navorsing en skeepsjoernale in ‘n narratief te omskep bly dit ‘n verslag.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.