Jump to ratings and reviews
Rate this book

Man uit die dode: 'n Ella Neser-roman

Rate this book
Danksy die virus is Ella terug van haar seevaart rondom die Karibiese Eilande, nou sonder werk en platsak. Lou oorreed haar om ’n ondersoek te loods na drie vermiste jong mans op Osspruit, in Mpumalanga. Die drie het oënskynlik besluit om weg te loop . . . Dis net die eksentrieke gastehuis-eienaar Cornelissen wat meer sinistere gebeure vermoed.
Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar ís ’n gewetenlose brein wat agteraf konkel.

Dit verskyn eers as vervolgverhaal op Netwerk24.

122 pages, Paperback

Published January 1, 2020

25 people are currently reading
22 people want to read

About the author

Chris Karsten

34 books39 followers
Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.

Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.

Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.

Karsten woon in Kanada.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (24%)
4 stars
32 (43%)
3 stars
22 (30%)
2 stars
1 (1%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,499 reviews86 followers
February 9, 2021
#manuitdiedode - Chris Karsten
#humanenrousseau
#NBUitgewers

Ella Neser is terug. Die ontydige toeslaan van die virus en die daaropvolgende grendelstaat en noodmaatreëls het haar Karibiese seevaart onderbreek en nou is sy werkloos. Wanneer 3 jongmans van ‘n klein dorpie in Mpumalanga verdwyn, is dit darem iets wat haar kan besig hou en brood op die tafel kan sit. Maar dinge is natuurlik glad nie so eenvoudig nie: Eskom se streke, korrupsie, georganiseerde misdaad en moord kompliseer dit wat ‘n eenvoudige privaat ondersoek moes gewees het.

Hierdie novelle (net 122 bladsye) was aanvanklik ‘n krimi-vervolgverhaal op Netwerk24. Kenmerkend van die skrywer se werk loop hier ook ‘n sterk spanningslyn met heelwat raaisels wat opgelos moet word. Ja, ek het ook bietjie teleurgesteld gevoel omdat dit so ‘n kort lees was, maar 3 goed verdien spesiale vermelding. Eerstens: om ‘n boek te open met inligting oor hoe om van lyke ontslae te raak, is ‘n baie belowende begin ! Tweedens: die beskrywings van die tonele was uitstekend; een van my gunstelinge: ‘Laag oor die tafel hang ‘n ornate kroonkandelaar..... aan porterlyste ovaalrame met moerige sepiagesigte.’ Derdens: daardie geheime bestanddeel in die kos....... Baie oorspronklik.

4 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Wim.
31 reviews
May 25, 2021
I enjoy Karsten's books and Ella Neser at least isn't one of those super human-beings, but very normal. But I enjoyed this book more for opening the can of worms around coal-mining versus renewable energy, for corruption versus doing the right things right, and for a very interesting take on the Ndrangheta, and carcass disposal. In a way it reminded me of Deon Meyer's book Blood Safari about our vultures' survival, also opening up the issue of the planet's survival and what human ignorance and greed cause.
Profile Image for Karin Strydom.
51 reviews
May 20, 2024
Dit was soos om weer met ‘n ou vriendin te ontmoet. Ella Neser was weer op haar stukke en het haarself soos altyd wéér in die pekel bevind. ‘n Baie lekker lees!
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
December 27, 2020
Dié novelle het as 'n vervolgverhaal op Netwerk24 verskyn en is toe in boekvorm gepubliseer. Ja wel, dit lees bietjie soos 'n vervolgverhaal vir 'n publikasie. Ella word deur Lou betrek om te help ondersoek instel na die verdwyning van 4 jong mans in 'n klein dorpie. Gou kry sy te doen met 'n gewetenlose besigheidsman en burgermeester en 'n eksentrieke do-gooder.

Die boek is slegs 120 of so bladsye, so dinge kom vinnig tot 'n punt met 'n ontknoping waar alles volgens plan verloop vir ons heldin en tjoef tjaf is dit oor. As 'n manier om 'n uur of twee om te kry is die storie seker nie sleg nie, maar ek kan nou ook nie sê dat jy iets aardskuddends gaan misloop as jy dit nie lees nie.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.