PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus. Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in ’n mens se hart.
Pieter Georg du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Sy pa was vir veertig jaar onderwyser in Engels in die Vrystaat. Pieter, soos hy verkies om genoem te word, gaan skool op Cornelia en Heidelberg in Gauteng waar hy aan die Hoër Volkskool matrikuleer.
Hy behaal die grade: BA -1955 -(Universiteit van Pretoria), Onderwysdiploma- 1957 - (Pretoriase Onderwyskollege), BA Honneurs - 1960- (Universiteit van die Witwatersrand) Phd -1966 - (Universiteit van die Witwatersrand)
In sy beroepslewe maak hy 'n draai in die onderwys (Hoërskool Fakkel in Johannesburg), lektor by die Johannesburgse Onderwyskollege, senior lektor in Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van die Witwatersrand, Direkteur by die Instituut vir Taal, Lettere en Kuns by die RGN, eindredakteur by die tydskrif Standpunte, assistentredakteur by die dagblad Die Transvaler, redakteur van Hoofstad koerant.
Literêre kritiek 1968 Die verwysing in die literatuur, Nasionale Boekhandel
VERHOOGSTUKKE 1969 Die nag van Legio, Tafelberg 1971 Siener in die suburbs, Tafelberg 1973 Plaston: DNS-kind, Tafelberg 1977 ’n Seder val in Waterkloof, Tafelberg 1985 Vereeniging, Vereeniging, Tafelberg 1999 Inkleurboek 2005 Nagkantoor 2006 Bedevaart 2004 Send for Dolly (Engelse vertaling van 'n Seder Val In Waterkloof) 2008 Sophia Mentz beredder haar boedel 2014 Pandjieswinkelstories
Prosa: Kortverhale 1980 Koöperasie-stories op Donderdag, Perskor 1983 Hier sit die manne…, Perskor 1985 Nog koöperasie-stories, Perskor 1991 Koöperasie-stories: die omnibus, Perskor 1997 Tussen die riewe, Benedic 1998 Tweehonderd stories, Perskor 2006 120+ sommerstories, LAPA 2009 Kortetjies en 'n lange, Tafelberg
Prosa: Sketse 1987 Het olifante elmboë?, Tafelberg 1993 Neklis, Tafelberg
Prosa: novels/romans 1994 Syferfonteine, Tafelberg 1998 The Married Man’s Guide to Adultery: A Study of Adulterations, Tafelberg 2008 Fees van die ongenooides, Tafelberg
VERTALINGS Die nag van legio (1969) English (My name is Legion)
Dramas en verhoogstukke: Die Nag van Legio; Siener in die suburbs (Hertzogprys, W.A. Hofmeyr-prys); Seder val in Waterkloof (1979), vertaal in 2004 as Send for Dolly;Vereeniging, Vereeniging; Bedevaart; Inkleurboek; Nagkantoor; Plaston: DNS-kind; ; Verwerkings vir verhoog: Mikro se Mattewis en Meraai; Gonnakolkers; Die Wa-as; Die Houtswaan en Die Porseleinkat. Televisiereekse en draaiboeke: Koöperasiestories; TJ7; Rand 'n Droom; Die Maplotters; Andries Plak; Feast Of The Uninvited; Dryfsand (ATKV-Televisieprys, ATKV-Televisieprys vir Beste Draaiboek vir ’n Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama, Beste Regisseur (Koos Roets), sowel as Beste Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama.);
Films: Nag van die Negentiende; Liewe Hemel, Genis - die moevie;
Verhoogoptredes: Spies en Plessis met Permissie (saam met Jan Spies);Klets, Klawers en Kitaar ( Saam met Ollie Viljoen en Valiant Swart).
Intussen vestig Pieter en sy vrou Marie hulle op ’n plaas, Sémoér, by Rysmierbult net duskant Ventersdorp. Hier boer Marie en kan Pieter sy liefde vir houtwerk uitleef. Bron: Wikipedia
TOEKENNINGSWA Hofmeyr Prize (1970) – Die nag van Legio CNA Prize (1971) – Siener in die suburbs Hertzog Prize for Drama (1972) – Die nag van Legio and Siener in die suburbs WA Hofmeyr Prize (1973) – Siener in die suburbs FAK Prize for Light Fiction (1988) – Het olifante elmboë? Insig Afrikaanse Onbeperk Pioniersprys (2002) ATKV Television Prize for Best Script (2007) – For the TV series Dryfsand ATKV Prize: Fees van die ongenooides (2009) Helgaard Steyn Prize: Fees van die ongenooides (2012)
Ek het tog te lekker proe-proe gelees aan die heruitgawe van PG de Plessis se Kooperasiestories. Ek het nie eens destyds die TV-reeks gekyk nie, maar het uit die media steeds so 'n goeie idee van die karakters gekry dat ek elkeen van hulle voor my kan sien. En omdat ek so gelukkig was om hom een of twee keer te ontmoet, kon ek ook PG se stem die stories hoor vertel. Op Netwerk24 is die baie interessante gesprek oor die boek steeds beskikbaar. Dit was vir my interessant om te hoor dat die stories nie in die eerste plek vir TV geskryf is nie, maar vir 'n weeklikse aflewering in 'n koerant. Ja, mens ken al die meeste van die stories, maar dis steeds lekker om hulle weer te ontmoet. Ja, dis bitterlik snaaks - maar onder die humor is die menslike tragedie duidelik sigbaar. Die laaste storie was vir my 'n effens pynlike verrassing - ek het nie besef dis hoe dit gaan eindig nie.
PG du Plessis, meesterverteller, se Koöperasiestories is volksbesit, en ’n nuwe bundel met dertig verhale, is ’n welkome item vir menige boekrak. Ek onthou baie goed hoe ons nie sommer ’n uitsending misgeloop het nie. Genis en Veldsman, saam met Myta, was bekendes in ons sitkamers. Tyd het aangestap, die karakters lui beslis klokkies, maar ek moet erken dat ek bitter min van die stories onthou.
Met die uitsondering van Soontjie. Met die lees het hierdie verhaal het moes ek trane afvee van die lag oor Soontjie se gegroet. En dan die skok wat my weereens tot trane beweeg het, nou van empatie. Daardie diep menslikheid, dikwels tragies, agter die humor is ’n uitstaande kenmerk van hierdie vertellings. Ook die skerp insinuasies: "Maar dis goed waaroor ’n mens nie praat nie." (p.166)
Ek het nogal gesukkel om vlot aan die lees te kom, want dit is geskryf soos die karakters praat, en nie soos ons gewoond is aan die geskrewe woord nie. Mettertyd het ek meer op dreef gekom en dit na waarde geniet. Ek wonder nou of die TV reeks op dieselfde noot geëindig het as die finale storie. Dit was nogal ’n aardige verrassing.
Tafelberg, ’n druknaam van NB Uitgewers het gesorg vir hierdie publikasie wat wyd beskikbaar is.