Jump to ratings and reviews
Rate this book

Bloedbande

Rate this book
Elke huis het sy kruis. Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.
Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak
Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime
sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe
voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy
klop nie.
Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar
eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders
dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die
straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar
ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin
skuil moet trotseer.
Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

319 pages, Kindle Edition

Published February 1, 2022

3 people are currently reading
13 people want to read

About the author

Jeanette Stals

9 books7 followers
Afgetree uit die onderwys, en werksaam as toergids en gastehuis-eienaar, konsentreer Jeanette Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfiksie lees, begin sy haar toespits op die spanningsgenre. Haar eerste boek in die reeks met Luna as hoofkarakter, Katoog, verskyn in 2016. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fiksie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (25%)
4 stars
19 (43%)
3 stars
12 (27%)
2 stars
1 (2%)
1 star
1 (2%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,538 reviews89 followers
March 11, 2022
#bloedbande – Jeanette Stals
#lapa

Die De Winter-egpaar is ‘n doodgewone gesin; hulle besit ‘n tuinbesigheid, woon in ‘n middelklas-buurt, maak saam hulle kinders groot en is vooraanstaande lede van die gemeenskap in Stellenbosch. Daar blyk dus geen rede vir die oënskynlik sinnelose moorde op hulle te wees nie; hulle sterf in hulle eie huis in ‘n bloedbad, maar daar is geen tekens van diefstal, ‘n struweling of geforseerde toegang nie en geen leidrade is agtergelaat nie. Daar is wel ‘n stiefdogter uit ‘n vorige huwelik; die studentehuis oorkant die straat wat die buurt se bron van dwelms mag wees en twee aangenome kinders, maar Luna Joubert, die ondersoekbeampte, kan geen konkrete getuienis opspoor om die moordenaar te identifiseer nie.

Lesers het Luna, met die kat-oë, reeds in hierdie roman se drie voorgangers ontmoet: Katoog (2016); Vermis (2017) en Dag drie (2018). Mike Grant, wat reeds voorheen haar hart vinniger laat klop het, kompliseer haar lewe verder wanneer hy weereens sy verskyning maak. Hy maak deel uit van ‘n diepdekking polisie-operasie en Luna se ondersoek stel beide se lewens in gevaar wanneer sy ‘n moontlike verband tussen die studentehuis en die De Winter-moorde begin ondersoek.

Luna is ‘n heerlike hoofkarakter; sy is ‘n sterk vrou, maar gee nooit haar vroulikheid in die tradisionele manswêreld prys nie. Sy is in sommige opsigte weerloos, die herinnering aan haar ma se stryd met kanker ‘n deurlopende hartseer: ‘Ma was nog steeds ma, maar iets vreemd het bygekom. ‘n Onwelkome gas wat nie daar hoort nie, wat inbreuk gemaak het op hulle lewe, op hul rustige saamwees’ (p. 226), maar beskik ook oor ‘n pittige sin vir humor wat te voorskyn kom wanneer sy met ‘n minder intelligente karakter gesels wat trots verklaar: ‘As almal weg is, moet ek die hele plek run’ en Luna dan onmiddellik die stille hoop uitspreek dat dit nie dikwels gebeur nie. (p.68)

Die leser ‘ontmoet’ vroeg in die roman die ongure karakter wat die onderwerp van Mike se geheime operasie is, ‘n gladde jakkals genaamd Stephen Anderson en, juis omdat die leser insae in sy doen en late het, trek die net van spanning om Luna en Mike al hoe stywer. Ek was ‘n hele paar keer in die versoeking om hardop vir hulle te sê: ‘Nee, moenie !’ en het regtig op ‘n stadium gewonder of Luna lank genoeg gaan lewe om die moordenaar te ontmasker.

Die skrywer se skryfwerk laat my dink aan die gesegde dat die mens nie van brood alleen sal lewe nie; behalwe vir hierdie spanningsreeks en romanses, het sy ook ‘n historiese fiksie roman, Diep spoor, agter haar naam. Ek salueer die verskeidenheid; haar oeuvre is soos ‘n vyfster-buffet ete wat keuses betref. Volgens die persverklaring is hierdie roman Luna se vierde en laaste avontuur, maar dit kan ongetwyfeld ook alleenstaande gelees word. Ek waardeer die subtiele manier waarop ‘n nuwe leser in die prentjie gebring word sonder om dele van die vorige romans te herhaal en daardeur gereelde lesers te verveel.

Die roman is ‘n lekker leunstoelspeurder-uitdaging met so ‘n tikkie romanse en ‘n geurige potpouri van familiedrama. Perfekte ontspanningsleesstof.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
LAPA Uitgewers
Profile Image for Amanda.
1,202 reviews
April 17, 2022
So ver terug as November 2018, het ek geskryf oor Dag drie, die derde in die Luna Joubert spanningsreeks deur Jeanette Stals. Ek het die hoop uitgepreek dat daar 'n vierde boek sou volg met hopelik 'n romantiese wending. Die onlangse verskyning van Bloedbande is presies dít en enige tyd net so spannend soos die vorige avonture van Luna en haar halfbroer, dalk selfs nog meer so. Mike is weer op die toneel en die aantrekkingskrag tussen hom en Luna onbetwisbaar. Maar helaas, sommer vroeg in die verhaal het ek die gevoel gekry dat haar verbintenis met Mike vir hulle albei groot gevaar gaan inhou.

Soos met die vorige boeke, kan ek die skrywer komplimenteer op haar vermoë om spanning en geweld uit te beeld sonder oormatige kru taal en grafiese beelde. Sy delf met hierdie storie in die kompleksiteite van gesinsverhoudinge, raak aan boeliegedrag en die afbrekende gevolge daarvan, magsbeheptheid, ook die gevare van dwelms, vir beide gebruikers en verskaffers.

Hoewel daar jare verloop het sedert die derde boek, kon ek van die begin af weer identifiseer met Luna, wat steeds haar eie kop volg en haar baas en haar broer hoofbrekens besorg met haar impulsiewe optrede. In hierdie geval was dit naelskou-spannend, wanneer juis hierdie eienskap van haar, byna haar lewe kos. Interessant was die feit dat die identiteit van die informant in polisiegeledere nie geheim gehou is nie. Mens sou dink dat dit sou afbreuk doen aan die spanningslyn, maar die teendeel was waar.

Indien jy Katoog, Vermis en Dag drie nog moet lees, doen dit gerus voordat jy Bloedbande aanpak, maar dit is glad nie voorvereiste om hierdie vierde boek te geniet nie.
166 reviews8 followers
March 12, 2022
Stellenbosch word geruk deur die dubbele moord op die De Winter egpaar - wreed aangeval, helder oordag, in hulle eie huis. Hulle aangenome tweeling (Hein en Rika) verwese, en die ouer broer en suster skynbaar minder aangeraak.
Speurder-sersant Luna Joubert staan aan die hoof van die ondersoek en sy kan nie die gevoel afskud dat alles nie pluis is nie. Daar is byvoorbeeld geen teken van 'n struweling nie en dit lyk nie of enige items uit die huis gesteel is nie...
Verder af in dieselfde straat is 'n kommune waar 'n klomp jongmense woon, en Luna raak gou agterdogtig oor hulle 'aktiwiteite'. Boonop ontdek sy dat een van die inwoners bevriend is met Hein, én díe se pa, is die vername meneer Anderson - 'n bekende sakeman op die dorp - se seun.
Toe haar agterdog die oorhand kry, bevind sy haar in 'n verknorsing waar sy bitter min kans tot oorlewing het.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews