Jump to ratings and reviews
Rate this book

Geloof soos ’n mosterdsaadjie

Rate this book
Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

276 pages, Kindle Edition

Published March 1, 2022

1 person is currently reading
7 people want to read

About the author

Helena Hugo

56 books8 followers
Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Luisteraars sal haar veral vir Blinkwater en Mooi mense onthou. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (52%)
4 stars
5 (29%)
3 stars
2 (11%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (5%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,488 reviews85 followers
March 28, 2022
#geloofsoosnmosterdsaadjie – Helena Hugo
#luca #lapa

In die aanhef tot die roman, op 20 Maart 2020, is ‘n bejaarde predikant, Andreas Beyers, in sy studeerkamer in die pastorie van sy heel eerste gemeente, waarheen hy as 75-jarige tentmaker teruggekeer het. Hy kyk met nostalgie na die foto’s van sy oorlede vrou, Estie, en hulle kinders en kleinkinders, meubels en boeke wat hom omring en skep die indruk dat hy besig is met ‘n afskeidsritueel.

Die leser word dan in Andreas se eie herinneringe, wat ‘…is soos om ‘n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is’ (9) terugverplaas na Kersdag, 1940, die dag van sy geboorte. Hy is na ‘n nood keisersnee as tweede seun van die pastoriepaar, Faan en Louisa, en as jonger broer van die 10-jarige, Stephan, gebore. Die jong Andreas was ‘n intelligente, sensitiewe kind, geneig tot bevraagtekening en nadenke; Stephan sy beste vriend en mentor; bykans ‘n vaderfiguur. Andreas se letterlike interpretasie van sake (hy sou doelbewus homself vuil speel sodat Jesus hom nie as deel van die ‘skones en wittes’ voortydig sou kom haal nie) en sy ongemak met dit wat nie vir hom sin maak nie, word geïllustreer deur sy reaksie op sy ma se verduideliking dat ‘n fles ‘n bottel of ‘n beker kan wees: ‘Dit pla hom dat een ding drie goed kan wees’ (19) – wat die grondslag sou lê vir later jare se geloofstwyfel.

Na ‘n gesinstragedie sou Andreas al meer in homself keer; vereensaam en onseker. Hy word ‘n jong man in die era van Elvis Presley, Little Richard, The Great Gatsby, die stryd tussen Chev en Ford en The bridge over the river Kwai; ervaar die verwarring en ekstase van eerste liefde; die ontwikkeling van ‘n vriendskap wat lewenslank sou voortbestaan nadat dit in ‘n duiwehok ontstaan het en die siklus van lewe en dood van geliefde troeteldiere. Tussendeur is daar sy vertwyfeling, wat hy alleen moet dra. Van die hoogtepunte wat sielvolle skryfwerk betref, is ongetwyfeld die dood van sy oupa in later jare en sy stryd om oor sy toekoms te besluit; die keuse tussen wat hy wil, wat hy kan en wat hy voel hy moet, ‘n las sedert sy kinderdae.

Twee punte van kritiek: die tydspronge is soms chronologies verwarrend. Op p.18 ry Stephan byvoorbeeld hoërskool toe op sy fiets, maar hy kry sy eerste fiets en leer dit eers ry op p.19. Die afwesigheid van ‘n aanduiding dat die roman die eerste deel van ‘n drieluik is, het ook gepla.

Die roman vertel die verhaal van die grootword jare van ‘n eensame, kunssinnige,denkende seuntjie vanaf geboorte tot ouderdom 17, in Desember 1957. Dit speel af teen ‘n Christelike agtergrond, maar huiwer nie om opregte twyfel en vrae te konfronteer nie. Andreas se binnewêreld en siening van die lewe, homself en andere, teen die agtergrond van die 1940’s en 1950’s, word geloofwaardig en toeganklik aangebied. Die skrywer het reeds verskeie romans in hierdie genre die lig laat sien en lesers van haar werk sal ongetwyfeld Andreas se verhaal geniet en waardeer.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
LAPA Uitgewers
LUCA
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
March 21, 2022
Lewenservaring, mensekennis, skryfvernuf, kennis van die Woord, en eerlikheid oor geloofsaspekte waarmee mense worstel - al hierdie elemente dra by tot ’n uitsonderlike roman in die geestelike fiksiegenre, die eerste in ’n nuwe reeks deur Helena Hugo.

Hierdie skrywer is reeds bekend daarvoor dat sy nie wegskram van moeilike sake nie. Haar karakters kry dikwels swaar, hulle vrese en foute word nie versuiker om die leser in die gehoor te streel nie. In hierdie nuwe verhaal ontmoet ons vir Andreas, op pad na tagtig jaar oud, wat terugkyk oor sy lewe. Hy beleef dit "soos ’n boek waarvan daar bladsye uitgeskeur is." (p. 9). Met hierdie stelling het die skrywer reeds my verbeelding aangegryp, en het ek geweet dat hier pitkos vir die siel gaan wees.

Andreas lewe in die skadu van sy oorlede broer, wat sy held was. Anders as die standaard rebelse tiener, oorpresteer hy om te kompenseer en sy ouers se verwagtinge nie te beskaam nie. Deurentyd is daar die stryd oor geloof, die oorsprong en uitlewing waarvan hy geen sekerheid het nie.

Nog ’n belangrike saak wat die skrywer aan die groot klok hang, is vormgodsdiens en tradisie binne kerkverband. Steeds vandag, soos in die jare toe Andreas 'n tiener was, word jongmense gekatkiseer, aangeneem en voorgestel, sonder dat daar ’n persoonlike geloofservaring is.

Ek was byna desperaat toe ek die laaste woorde lees, want dit was voordat ek besef het dat hierdie die eerste in ’n drieluik is. Nou sien ek met groot verwagting uit om Andreas se lewe verder te volg. Die boek is uitgegee deur Luca, ’n druknaam van Lapa Uitgewers.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.