Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vir my #3

Man van min woorde

Rate this book
Francesca begeer ‘n Duitse herdershond, maar Henri van der Merwe dink nie sy’s ‘n geskikte baas nie. Sy sál ‘n hond kry, besluit sy, maar sy moet verbete keer dat Henri agterkom sy wil hom ook hê.

123 pages, Paperback

First published September 11, 2012

20 people are currently reading
31 people want to read

About the author

Marilé Cloete (Alta Cloete)

31 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (14%)
4 stars
35 (50%)
3 stars
22 (31%)
2 stars
2 (2%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
July 27, 2020
Wow, wow en wow! Ek het so heerlik aan hierdie romanza gelees ek kon dit letterlik nie neersit nie.

Hierdie is nie sommer net 'n ligte liefdesverhaal nie. Die skryfster raak ook die seer onderwerp van abusive verhoudings aan, op meer as een vlak en uit meer as een oogpunt, is al wat ek hier wil sê.

Jennifer kom terug Suid-Afrika toe na haar verhouding met 'n Pool in Europa haar verpletter en verneder gelaat het. Haar selfbeeld is flenters en sy is boonop swanger.

Op haar ou dorpie in die Klein Karoo kry sy aanvaarding by haar vriende en vind sy uit Herman, haar een vriend, is nog al die tyd lief vir haar. Maar sal Jennie dit regkry om te genees en Herman se liefde te kan aanvaar. Of is sy dalk reeds lief vir hom, maar te hardkoppig?

Soms wou ek Jennifer skud en ekself was tot my ore verlief op Herman. Min kere dat dit gebeur. Is daar iewers nog Hermans?!


Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
November 24, 2020
Ek haal my hoed af vir Marilé Cloete wat in die uitdagende grendeltyd haar kop daarrondom gekry het om vir haar lesers ’n terugblik gee oor die vreemde omstandighede wat ons vanjaar beleef, en wel uit die oogpunt van twee fiktiewe karakters, Jos en Isa. Ek was diepgaande emosionele belewenisse te wagte, want die skrywer het deeglik navorsing gedoen oor die effek van inperking en noodmaatreëls op, onder andere, mense se geestelike welstand. Dit is dan ook meer as net 'n romanse. Dit bied insig in hoé mense reageer as hulle "normaal" omvergewerp word, gegrond op feite, nie blote fiksie nie.

Ek sien myself in die vertwyfeling oor voorrade, oor die angs wat mens onverhoeds oorval. Die nodigheid van roetine, die waarde van oefening, die nerwe wat dun skuur. So tussen die mooi liefdesverhaal deur, kan mens Alta se goeie raad raaklees, want ons is mos almal deur dieselfde meule vanjaar. Vir my is dit 'n kosbare storie wat ek sal bêre, om eendag, op 'n ligter trand, die storie van 2020 weer te besoek.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
October 23, 2017
Beth is ‘n groot Bruce Springsteen aanhanger. Om een van sy konserte by te woon, is sy bereid om alleen Noorweë toe te reis, selfs al is vlieg een van haar groot vrese.
Maar sy vlieg darem nie alleen nie. Ettiene is ook op pad Noorweë toe, om vir sy meisie te gaan kuier, en stem in om haar te vergesel. Ettiene is ‘n wiskunde-professor en luister net klassieke musiek. Tog vind Beth hom baie aantreklik en sukkel om haar gevoelens vir hom in toom te hou.
Ek het heerlik gelees aan Romanse in Rock. Ek het veral gehou van die hoofkarakters, hoe hulle glad nie bymekaar behoort te pas nie maar op die ou end mekaar aanvul. Ek dit ook geniet dat dit soveel oor liefde vir musiek gaan. Dit was vir my goed om te lees oor ‘n heldin wat vrese het en paniekaanvalle kry: Sy was ‘n baie menslike karakter.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
June 13, 2017
Beth het ’n vrees vir vlieg en klein spasies, en ’n neiging tot angsaanvalle, heel strydig met haar beroep as lewensafrigter. Sy het egter ’n fanatiese bewondering vir Bruce Springsteen en laat haar ompraat om Noorweë toe te vlieg om ’n konsert by te woon saam met haar vriendin wat daar studeer. Die man wat opgekommandeer word om haar te ondersteun tydens die reis, verander die reis, die verblyf in Noorweë, en die konsert in momente wat beide van hulle se lewens drasties verander. Myns insiens ’n uiters geslaagde romanse wat lees soos die liefdesverhaal wat dit veronderstel is om te wees, en nie soos 'n reisjoernaal nie.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
April 24, 2020
Ons lees dikwels van die voelgoedhormone wat klaarblyklik in jou brein vrygestel word wanneer jy ’n liefdesverhaal lees. As daar nou ’n held is wat myne op galop sit, is dit ’n man wat fyn luister na wat ’n vrou sê en ook verstaan wat onderlê dit wat sy nié sê nie. ’n Held soos Herman Fick!

In lyn met die vergunning wat deesdae gemaak word dat romanses dieper kan delf as die standaard kwessies wat gepaard gaan met liefdesverhale, bring Marilé Cloete vir ons ’n heldin, Jennie, wat die moed gehad het om uit ’n progressief dominerende en gevaarlike verhouding weg te stap, boonop swanger. Sy word aanvanklik geboeilie en selfs verstoot deur haar ouers, maar gaan vind ’n holte vir haar voet tussen haar vriende op die dorpie waar sy voorheen gewoon het. Dit haak aan by die vorige twee stories oor haar beste vriendinne en hulle geliefdes, en natuurlik word sy afgepaar met Herman, ’n enkelpa wat gek is na haar.

Die karakters tree absoluut konsekwent op: sy is gedetermineerd dat sy nie ’n man nodig het om haar te red nie en hy is oortuig dat sy van plan gaan verander. Dit was heerlik om saam met die karakters hulle spoke uit die verlede aan te spreek en te sien hoe hulle groei, in hulself en in hulle verhouding. Ek moet bieg dat ek ’n keerpunt vroeëer te wagte was, maar ervare skrywer wat sy is, het Marilé vir Jennie baie geleidelik saggemaak.

Terwyl Lapa tot 30 April ’n gawe 30% afslag aanbied op e-boeke, kan jy gerus oorweeg om Hoogsomerliefde en Nooit weer winter sommer saam met Vir altyd lente aan te skaf en in volgorde te lees. Dit kan egter ook op sy eie staan.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
December 15, 2020
Arme arme Jennie. Sy het probeer om ‘n beter lewe vir haar te gaan skep in die buiteland maar moes toe druipstert terug kom huis toe. Haar ouers wou niks weet dat sy by hulle moet kom bly totdat sy weer haar voete kry nie en sy moes toe aan die deur klop van haar vriende. Gelukkig het sy ongelooflike vriende wat alles sal gee om mekaar by te staan en ondersteun. Veral haar goeie vriend Herman, wat alles in sy vermoeê doen om dinge vir haar gemaklik te maak. Die feit ook dat sy swanger is met daai buffel by wie sy gebly het in die buiteland, maak dit nie vir haar enigsins maklik om die mans geslag te vertrou nie. Herman, besef dat hy oor sy ore toe verlief is op Jennie en vra haar telkemale om met hom te trou, maar Jennie is nog nie geestelik gesond genoeg om so ‘n groot stap in haar lewe te maak nie. Herman besluit toe om haar spasie te gee dat sy kan genees maar bly nogsteeds haar steunpilaar deur alles. Sy moet nou die ja-woord vra, hy het genoeg gevra, maar wanneer gaan sy dit dan nou vra, of ooit? Welgedaan Marlié, met ‘n vreeslike lekker lees boek.
Profile Image for Ciska Olivier.
Author 17 books10 followers
April 11, 2021
Alexandria is op toer in Kroasië en vang haarself tussen twee vure vas - Basjan is haar eks van jare gelede vir wie sy nog lief was toe sy hom gelos het, Christiaan is 'n nuwe kennis en mede-tandarts wat onverwagse roerings in haar aanwakker.
Saam vorm hulle drie 'n ongewone en dikwels ongemaklike groepie wat vir 'n ruk lank saam toer wanneer die honger na taalgenote en geselskap hulle saamsnoer.
Basjan weet wat (of wie) hy wil hê. Christiaan is aan sy vryheid gewoond, maar wil nie van Alex afstand doen nie, maar hoe voel sy?
En Alex? Is sy gereed om weer 'n kans te waag? Kan sy hoop dat daar meer agter Christiaan se belangstelling lê as net tydelike aangetrokkenheid?
Daar is net een manier om van enigiets seker te wees. Vra.
Genoeg vir my is lekkerlees ontspanning en ek sien uit daarna om die ander twee stories in die reeks te lees.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
June 14, 2019
Ontmoet vir Alex, die derde van die Mulder drieling. Sy is in Kroatië, op reis sonder spesifieke tydlyn en die minimum bagasie. Twee manlike karakters kruis haar pad, en die skrywer speel hulle uitstekend teen mekaar af. Die leser moet wikkel om by te hou met die verloop van die reis en die ontwikkeling van sterk gevoelens. Alta Cloete bewys haarself weer as ’n meesterverteller wat weet hoe ’n suksesvolle romanse aanmekaargesit moet word.
Profile Image for Amelia Strydom.
Author 10 books58 followers
June 25, 2016
'n Heerlike liefdesverhaal! Ek was mal oor die karakters en die ontmoeting tussen die held en die heldin. Baie oorspronklik en lekker geskryf.
Displaying 1 - 9 of 9 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.