Jump to ratings and reviews
Rate this book

Monster

Rate this book
Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ’n CIA-steunpilaar. Intussen word ’n Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n SA joernalis as onwillige ooggetuie. Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

360 pages, Paperback

Published May 1, 2022

Loading...
Loading...

About the author

Rudie van Rensburg

30 books69 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
78 (48%)
4 stars
60 (37%)
3 stars
19 (11%)
2 stars
4 (2%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Waldimar Pelser.
55 reviews42 followers
January 10, 2023
Ek het gegroei van neutraal na geweldig positief namate hierdie internasionale spanningsverhaal ontvou, verweef met geopolitiek, seks, hunkerings, bloed, en outydse speurdrama.
Profile Image for Susanna.
373 reviews7 followers
July 30, 2026
‘n Suid Afrikaanse joernalis is toevallig ‘n getuie van ‘n grusame moord van ‘n Saodiese joernalis. Dit is egter van internasionale belang aangesien die joernalis uitgesproke was teen sy tuisland. Die gerug dat hy vermoor is deur die opdrag van ‘n kroonprins, maak dit nog meer skokwekkend. Die klankopname van die moord word gelek na die media en dit stuur skokgolwe deur die wêreld, met onder meer politieke en omgewings implikasies
Carl Bester is terug en hy werk vir ‘n “menseregte-organisasie”. Eintlik is dit ‘n arm van die CIA en hy kry die opdrag om die getuie en sy bewyse te beskerm. Om hom op te spoor, is egter nie maklik nie. As jy mense probeer afpers met inligting, is daar baie mense wat jou soek. Dus lees on sook van ‘n Saodiese agent wat ook op die getuie se spoor is. Sy is die eerste vrou in haar werk en wil haarself bewys – ‘n groot motivering vir haar. Carl gaan sy sokkies moet optrek as hy die getuie wil opspoor voor hierdie vrou tussenbeide tree.
Om dinge net ‘n bietjie meer te kompliseer, is daar ‘n dubbel agent, Bahir, wat inligting het wat almal wil hê. Carl moet alles uithaal want hoe langer die saak aanduur, hoe meer mense word rondom hom uitgehaal. Met so baie lyke, moet daar tog bewyse wees. Die druk is hoog en die koste hoër; gaan Carl hierdie ene kan oplos?
My indruk: Die boek het so na aan die werklikheid gevoel met wat in die nuus aangegaan het op die tyd. Nog ‘n heerlike spannende verhaal, al is Carl nie my gunsteling nie (ek verkies maar die verslonsde Kassie Kasselman). Sien uit na die volgende boek in die reeks!
Profile Image for Marno.
41 reviews3 followers
November 13, 2023
Hierdie is die beste boek van van Rensburg wat ek tot dusver gelees het. Ek het reeds "Merk" en "Dwelm" gelees, maar "Monster" oortref hulle by vêre.

Hierdie boek is ook besonders goed nagevors, met treffende temas van korrupsie, menslike swakheid, en hoop.
25 reviews
November 19, 2025
In the beginning the book was a little slow but at then at about 40% I just wanted to keep on reading.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews