"Dis alles Bloedskuld, Malherbe. Dis die kruks, is dit nie?" sug Charlie en tuur uit oor die water. "Jy gee hulle net soveel as wat jy wil." "Dis skuld." Sy stem wankel. "Jy moet betaal tot jy klaar is ... Jy kan nie terughou nie. Dis nie hoe dit werk nie." "Wat as dit kon?" vra sy, met daardie amper-glimlag. "Niks meer as wat jy wil nie. As hulle dink hulle kan meer uit jou kry ... is jy 'n goner." "Charlie?" fluister hy, maar die wind ruk dit weg. Dit gebeur in 'n oogwink. Een oomblik is Charlie daar, teruggetrekte skouers, hare in 'n stralekrans. Die volgende oomblik is sy weg.
Malhere "Vuur" Albertyn beplan om die somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy Branderjaer-broers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Maar dit beteken sy moet Vuur se vertroue wen - die een ou wat haar nie kan verdra nie. En dan is daar Jak, en alles wat ongesê bly tussen hulle ... Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Charlie se verdwyning? Vir beide van hulle wag daar 'n besluit: waag of waarheid ...
Vuurvreter is die opvolg van Branderjaer en wat 'n avontuur is dit nie. Soos wat ons die seelug kon ruik en branders hoor breek in Branderjaer, die gejaag na adrenalien om branders te ry, so hardloop die vuur van emosies deur Vuurvreter en brand alle leuens weg, net die waarheid bly oor. van Dyk neem ons na Kransbos op 'n roete wat meer as net 'n staproete is, dit is self ontdekking en dit is hier waar Malherbe Albertyn van aangesig tot aangesig met sy spoke kom.
Ons word weer herenig met bekende karakters en sien 'n nuwe kant van Mieke asook Malherbe. Mieke het drome wat dalk waar gemaak kan word maar is sy bereid om sekere lyne te oorskry? Malherbe volg dagboek inskrywings en hoop vir antwoorde, maar daar is 'n kans dat alles net 'n leuen is. Die Vuurvreters betaal nog hul skuld, maar nuwe verwikkelinge veroorsaak dat reëls gebreek word en meer as net die mense in die kryt seerkry.
Hierdie karakters voel soos familie. Ons leer hul geheime, drome en vrese maar ons sien hoe hulle op mekaar staatmaak. Vrae, antwoorde, keuses en waarhede - alles gevind tussen hierdie bladsye. Daar is nie net avontuur nie, maar romanse maak ook 'n verskyning, enemies-to-lovers kan ons sê. Hierdie reeks is perfek vir jong volwassenes. van Dyk blaas nuwe lewe in Afrikaans deur haar beskrywings en karakters.
Baie dankie aan Joha van Dyk en NB Uitgewers vir die kopie in ruil vir 'n eerlike resensie.
Joha van Dyk laat my weer verlief raak op Afrikaanse literatuur. Ek het lank gedink oor wat om te sê oor hierdie boek en reeks oor die algemeen, maar eerlikwaar - lees dit net. Dit is meevoerend, uniek en werklik besonders. Hierdie storie en sy karakters het elkeen 'n manier om hulle pad in jou hart in te worstel. Ek wil hulle nooit laat gaan nie 😭
Ek kan nie wag om te sien wat Van Dyk volgende doen nie!
Baie dankie Joha en NB Uitgewers vir die resensie kopie.
Gee my gou 5 minute om net dele van my brein van die vloer af op te tel seeing it was blown to pieces.
Joha, damn. Dit was amazing.
“So . . . Ons weet nie wie ons is nie en ons weet nie wat ons doen nie.”
“Dalk is dit oukei om nie alles te weet nie.”
Seriously ek wil die boeke force feed vir kinders op hoërskool. Ek wens ekt die tipe boeke gelees toe ek nog op skool was. Net die tipiese drama van ‘jy moet maer wees om mooi te wees’ en ‘wat de hel gaan ek swot en hoe gaan my ouers of ek hiervoor betaal’ het so hard geslaan.
Boonop Malherbe as hoofkarakter trek jou so in op die soektog na sy sussie en al die rooi herrings wat sy vir hom los om haar te kry, meer uit te vind oor die Albertyn geskiedenis en in general net te kan rou oor die verlies van iemand al is hulle nie dood nie. Dit het my letterlik aan die nek gegryp en ek kon nie ophou lees tot ek klaar was nie.
“Ons is vuurvreters, dit beteken ons is magic.”
And magic it was. Soveel ernstige topics word so real maar ook respekvol bespreek en jy word ingesuig in hierdie wereld van bloedskulde, leuns, familie en vriende en ‘n wille identiteits soektog.
Ek het soveel sinne gehighlight want Joha skryf pure kuns, maar die deel was by vere my gunsteling:
Dit voel of ons vassit in die onbekende, in daardie plek waar daar net uitdagings is. Soms dink ek ons kom verder. Dat ons al die rebirth deel gedoen het of die dood darem. Maar dan begin dit van voor af. Ons haak vas by die middel.” Sy gesig draai weer na hare. “En dan begin ons weer van voor af.En ek is moeg.Ek...Ek wil huis toe gaan.”
Ek is 1729202% reg vir Kannidood. My verwagtinge is sky high.
Malherbe ‘Vuur’ Albertyn se Desembervakansie is beplan; sy Branderjaer-broers is óf weg vir die Feestyd, óf werk. Dit gee hom die geleentheid om Charlie se spoor te probeer vat; Charlie wat eers verdwyn het, maar darem nog poskaarte gestuur het. En nou het hy niks meer van haar nie, behalwe ‘n joernaal met moontlike leidrade.
Mieke le Roux het haar eie drome. Maar realiteit verhoed haar om hulle na te volg. Behalwe as sy bereid is om haar siel aan die spreekwoordelike duiwel te verkoop. En dit kan beteken dat sy vir Jak ‘Stoke’ Human verloor. Die enigste mens by wie sy ooit weer veilig gevoel het sedert haar pa se verdwyning. Maar skuld is skuld. En daar is nie altyd ‘n keuse nie.
‘Vuurvreter’ is die tweede in die Branderjaer-sage. Die eerste, ‘Branderjaer’, was in wese Louw ‘Bitter’ Swanepoel en Deidre Anker se verhaal, maar dit was ook die leser se bekendstelling aan Stormbaai; die Branderjaers, Kannie en Klippies, Bloedskuld, Breekwater, die arena, die Kring, die Rotte en die kransduikers. ‘Vuurvreter’ vervolg daarop en fokus op Mieke en ‘Vuur’.
Alhoewel dit met die eerste oogopslag soos ‘n ontspanne somervakansie-romanse vir jong volwassenes mag voorkom, is dit hoegenaamd nie die geval nie. Die karakters is inderdaad jong volwassenes/ouer tieners, maar elkeen van hulle is alreeds vanaf ‘n jong ouderdom op hulleself aangewese; hulle openbaar derhalwe selfstandigheid en volwassenheid wat ook by volwasse lesers aanklank sal vind. Van voorspelbaarheid is daar ook geen sprake nie; ek was tot en met die einde glad nie seker hoe dinge gaan uitdraai nie.
Reeds na die lees van ‘Branderjaer’ het ek opgemerk dat die skrywer ‘n meester is van baie ‘showing’ en min ‘telling’ en dis met ‘Vuurvreter’ bevestig. Ek was reeds oor die halfpadmerk toe ek die video’s van die Branderjaers op sosiale media raakgeloop het – en alles het presies gelyk soos wat ek my dit voorgestel het.
Ek is uiters opgewonde oor die Branderjaers; dis soveel meer as ‘n spanningsverhaal met romantiese elemente vir jong volwassenes. Dit skilder die soms ontstellende prentjie van jongmense wat net op hulleself en mekaar vertrou; van verraad teenoor lojaliteit; die reikwydte van ‘ou geld’; die tentakels van geheime agendas; die worsteling met onbeantwoorde vrae; die werklikheid van magsmisbruik; die eensaamheid van familiegeheime en die kompleksiteit van verhoudings.
Daar is vyf Branderjaers en (tans) net twee boeke. Dit spreek dus vanself dat ek heelhartig hoop dat die reeks sal voortgaan. Die eerste was alreeds indrukwekkend; die tweede is uitstaande en verdien elkeen van die 5 sterre wat hier onder pryk.
Waar begin ek ... Eerstens Baie dankie aan Joha van Dyk en NB Publishers vir hierdie gifted copy van Vuurvreter.
Malherbe en Mieke is my 2 gunsteling karakters, hulle hou nie baie van mekaar nie maar dinge het 'n massive turn gevat toe hulle die Ylwoud besoek om antwoorde te kry oor Malherbe se sussie Charlie. Ek het so baie gelag vir die 2 en met rukke was my hart seer van al die dinge wat Malherbe moes deur gaan en al die dinge wat hy geleer het oor sy familie naam. My gunstelling deel was waar hulle die vuurvliegies sien en hy haar soen.
Ek het die boek so geniet en ek het nie eers die 1ste een gelees nie. Hierdie is nie enige Afrikaanse storie boek nie... hierdie is magical. Ek wou nie hê dit moes eindig nie. Hierdie boek is al die sterre werd.
Die planmatigheid wat betref aanbieding, waarmee die eerste boek in die reeks afgeskop het, word voortgesit in hierdie, die tweede in die sage oor die vyf tieners wat bekend staan as die Branderjaers van Stormbaai. Terwyl daar 'n wye spektrum van karakters betrokke is, val die fokus telkens op die verhouding tussen een van die branderjaers en een van die meisies. Die storie word dan beurtelings vertel vanuit die twee perspektiewe. In Branderjaer was dit Louw en Deidre, terwyl Malherbe en Mieke nou die spil is waarom die storielyn geweef is.
Moet egter nie die fout maak om 'n gewone tienerliefdesverhaal te verwag nie. Die karakters, hulle situasies en hulle families is so kompleks dat ek telkens byna vergeet het dat dit handel oor skoliere. Hulle het al te veel beleef, te veel skuld betaal, te veel verloor. Geestesgesondheid, eetversteurings, magsmisbruik, ou geld, bendeaktiwiteite, boeliegedrag, net 'n paar van die moeilike onderwerpe wat ter sprake kom in hierdie storie met 'n sterk en onthutsende spanninglyn. Pak gerus die boek aan wanneer jy genoegsame leestyd het, want dit verg kophou met die verskeidenheid van name en plekke.
Ek sal beslis aanbeveel dat die boeke in volgorde gelees word. Ek het baie energie vermors om die detail van Branderjaer te probeer oprakel, en nie heeltemal suksesvol nie. Daarvoor is die storielyn heeltemal te verwikkeld, vol verrassings en baie onbeantwoorde vrae wat die tafel dek vir toekomstige avonture. As my leeshoop nie so onbehoorlik hoog was nie, sou ek Branderjaer beslis wou herlees om gate in my geheue toe te stop.
As jy nog nie die reeks van @johavdyk op jou rakke het nie stel ek voor jy bestel dit sommer nou!!! LEGENDARIES, AVONTUURLUSTIG EN ABSOLUTE VERSLAWEND! Die reeks sal jou aanmoedig om die lewe met albei hande aan te gryp. 'n Verruklike verhaal van 'n klein kusdorp en sy mense, sy donker kant en hulle oorlewing. Fenominale skryfstyl, briljante karakters en alles wat enige jongmens soek in n goeie storie boek. Plus 'n playlist om jou lees ervaring na die volgende vlak te neem. #booklovers #bookreelsofinstagram #booksbooksbooks #bookrecommendations #books #booktok #bookish #suidafrika #afrikaanstiktoks #afrikaansislekker @jonathanballpublishers
Dankie aan NB Publishers en die skrywer dat hulle vir my 'n gratis kopie van die boek gestuur het in ruil vir 'n eerlike resensie. Alle opinies is my eie.
Joha van Dyk doen dit weer met nog 'n grypende verhaal wat iets vir almal het. Vuurvreter is die tweede boek in die Branderjaer sage, en die keer volg lesers vir Malherbe Albertyn en Mieke Le Roux.
Die twee hou nie juis van mekaar nie, maar na al hulle vriende weggaan vir die vakansie, besluit hulle om saam op 'n avontuur te gaan - Malherbe is opsoek na die mitologiese Ylwoud, en Mieke het haar eie redes vir hoekom sy soveel tyd met Malherbe wil spandeer. Tussendeur ure se gesels en stilte in die bos en die woud, begin die twee mekaar leer ken.
Die storie vlieg verby, en tog word dit stadig uitgerafel sodat die leser die hele tyd op hulle voete gehou word. Daar is vriendskap, liefde, familie, avontuur, en gevaar - wat meet kan mens wil hê in 'n jeugverhaal?
Mieke en Malherbe is fantastiese karakters, en mens kan sien hoeveel aandag die skrywer aan hulle gegee het. Van die kleiner details soos Mieke se ring en Malherbe se getik, tot die groter dinge soos hoe hulle karakters ontwikkel - alles is fantasties gedoen.
Die woorde "waag of waarheid" speel 'n groot rol in die reeks, en mens kan dit sien in die manier wat Mieke en Malherbe dinge moet waag en hulle waarhede konfronteer. Dan is daar die ander karakters, wat almal bydra tot die storie in hulle eie manier.
Die plekke waarin die storie afspeel was so goed beskryf dat ek my kon verbeel ek was daar. Of dit nou die dorp met sy vakansiegangers was of die donkerte van die arena, ek kon alles sien asof dit voor my uitspeel.
Ek lees nie baie Afrikaans nie, maar elke keer wat ek 'n van Dyk boek optel besef ek hoe goed Afrikaanse boeke eintlik kan wees. Die skrywer gebruik woorde op so 'n manier dat dit die boek jou intrek en nie laat gaan todat jy die laaste bladsy toe maak nie, en selfs dan kan mens nie ophou daaraan dink nie.
Hoewel daar baie in die storie gebeur het waarvoor ons nie antwoorde kry nie, was die einde vir my perfek. Ek is beide tevrede met die einde en opgewonde om te sien wat volgende wag vir die Branderjaers.
The Saga continues! And if you thought mysteries stopped in book no on you have another thing coming!
Vuurvreter follows Malherbe & Mieke as the follow the mystery his sister(who disappeared) has left for him. While Mieke has ulterior motives(not all her own) for following this mission, Malherbe is on a complete ‘destroy myself to solve the mystery’ mission. Seems like things are fine?
What did I find myself saying here a lot? Teenagers, am I right 🤣
Again stunning piece of Afrikaans literature, Joha! You keeping knocking it out of the park for me!
Bloedskuld is ‘n moeilike ding en Malherbe wurg met die keuses wat hy en sy Branderjaer-broers moes maak. Dit gaan om en om in sy kop – dalk is die antwoord vir alles in Kransbos waar die Ylwoud groei, nes die legende sê. Aangesien die res van die Jaers die vakansie in alle rigting spat, is dit dalk juis sy kans. Alles verander net te gou en matriek lê nog voor. Dis als goed en wel, maar Mieke, die een mens wat hy nie kan verdra nie, druk haar neus orals in en is nou sy gereelde geselskap. Daar is nie altyd ‘n keuse nie.
Mieke het groot drome, maar dis net buite bereik. Wanneer Claudine Albertyn met ‘n voorstel vorendag kom, is dit dalk net dit wat sy gekort het. Dit voel egter of sy met die duiwel ‘n ooreenkoms maak, asof sy haar siel verkoop. Met die ongesêde goed tussen haar en Jak ook nog, maak die tyd wat sy in Malherbe se geselskap deurbring vir haar nog meer deurmekaar. Maar daar is nie altyd ‘n keuse nie.
Dalk is die antwoord vir alles in die Ylwoud soos die legend sê. Dalk is die lewe maar net deurmekaar. Malherbe en Mieke moet alles navigeer met baie druk op hul skouers wat nie ligter gemaak kan word sonder dat daar ‘n stertjie by is nie.
My gedagtes: Ek het so uitgesien na die tweede boek na Branderjaer! Ek was in die begin bietjie deurmekaar met die karakters (het te lanklaas die eerste boek gelees), maar toe ek weer in dit is, het ek dit baie geniet. Die storie is so maklik om in te sien en ‘n lekker jeugroman om te verslind wat my terug laat dink aan my hoërskool- en studente dae.
Die 2de boek in die sage is nog meer waaghalsend as die 1ste. Die wéreld wat geskep word met die eerste boek, word selfs vergroot in boek 2. Dit is so maklik om jouself in te leef, en te voel asof die hele boek voor mens se oë afspeel - so asof dit 'n movie is. Alles beweeg op so vinnig, mens kry nie kans om die boek neer te sit nie - want mens is bang om iets te mis. Die tension tussen realiteit en fantasie speel sterk af in die boek, en dit was baie opwindend om saam die karakters op die avontuur te moes gaan om agter te kom of Ylwoud regtig so magies is of nie. Daar is nie een enkele lae punt in hierdie boek nie. Joha van Dyk hou almal op hulle tone met haar 2de boek!
5🌟 - My Fav Afrikaans Series Honestly, how can I not give 5 stars to this! It was brilliant. Mieke is so like me and her struggle with food really hit home, as well as Malherbe's grief over essentially 'losing' a dear sister. I have gone through similar experiences. I have actually read the book twice, and the second time it got me good. I cried hard at the end. I performed a text from the book for my drama class as a short prose. I think because I so deeply connected to the characters I could really live myself into the role. Needless to say, I did pretty good. I'm always quoting and talking about this series. If you haven't read it - there's no time like the present!
This entire review has been hidden because of spoilers.