Jump to ratings and reviews
Rate this book

Toe als groen was

Rate this book
Geen verhoudings nie. Geen vriendskappe met seuns nie.
Geen langbroeke. Geen juwele, grimering of wêreldse klere nie.
Geen wêreldse musiek, boeke of flieks nie. Geen TV nie.
Jy mag nie ’n selfoon hê as jy nog op skool is nie.
Jy moet ten minste een maal ’n week jou sondes by jou counsellor gaan bely.
Jy mag geen deel hê aan die wêreld nie. Jy mag nie kontak hê met enigiemand, selfs familie, buite die Sending nie.
Wees anders as die wêreld.

Dis die reëls waarmee Marné nog haar hele lewe in die Sending moet saamleef. Maar genoeg is genoeg. Marné besluit dat sy die kloue van Die Sending moet ontsnap. Sy vlug na haar tannie in Klerksdorp om ’n nuwe lewe te begin. En sy probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie in ’n nuwe skool te wees.

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.

’n Aangrypende debuut oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.

283 pages, Kindle Edition

Published June 1, 2022

6 people are currently reading
23 people want to read

About the author

An-Mari do Carmo

2 books31 followers
An-Mari do Carmo grew up on a farm in North-West, South Africa. From the moment she learned to read, books were her best friends, and she started writing her own stories from the age of nine.
Growing up, she was raised to be part of the KwaSizabantu (KSB) Mission, which she later realised is a legalistic cult. After attending school on the Mission, she went to study Languages and Literature with an emphasis on Creative Writing at the North-West University, Potchefstroom, and broke all ties with KSB while learning about the grace of the true gospel of Jesus Christ.
After graduating she started working as a children's book editor, furthering her love for the book world.
Today she is married and devotes her life to books, her family and her faith in Jesus.
Her writing dreams came true in June 2022 with the publication of her debut, "Toe als groen was", a Christian YA based on her life in the cult.

Find An-Mari on Instagram: instagram.com/anmaridocarmo

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
32 (45%)
4 stars
29 (40%)
3 stars
8 (11%)
2 stars
0 (0%)
1 star
2 (2%)
Displaying 1 - 26 of 26 reviews
Profile Image for Rozanne Visagie.
766 reviews104 followers
May 31, 2022
"𝘞𝘢𝘵 𝘢𝘴 𝘦𝘬 𝘯𝘦𝘵 𝘵𝘦 𝘷𝘦𝘦𝘭 𝘶𝘪𝘵𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯, 𝘵𝘦 𝘮𝘪𝘯 𝘪𝘯𝘱𝘢𝘴?"

Toe Als Groen Was deur An-Mari Do Carmo (Pub date: 1 Junie 2022)
Hierdie boek is gebaseer op ware gebeure; dit is 'n emosionele verhaal waar die leser Marné ontmoet en haar soektog na identiteit volg. Wanneer sy wegloop van die huis af, weg van alles wat sy ken, weg van die kultus wat mense manipuleer en beheer, vind sy haarself by haar tannie se voordeur in stukke. Hierdie debuutroman speel af in hede en verlede, ons sien hoe Marné probeer inpas en deel word van 'n lewe wat sy nie ken nie maar terselfdertyd gryp haar verlede haar aan die enkels vas en hou haar terug. Waar sy vriende maak maar steeds soos 'n vreemdeling voel.

Die storie het my diep getref, ek het gehuil en my hart het gebreek vir die karakters. Die pyn, die onsekerheid, die vrees. Do Carmo lê klem op 'jy mag nie' en 'jy moet', reëls waarvolgens elkeen moet leef in die kultus. Do Carmo het onlangs op haar profiel meer inligting gedeel oor KwaSizabantu en ek glo elke leser moet daarna gaan kyk.

Hierdie verhaal is ideaal vir jong volwassenes vanaf 15 jaar en ouer, maar ek glo elke persoon moet hierdie storie lees. Jy sal nie dieselfde wees nadat jy hierdie boek gelees het nie. Hierdie is 'n verhaal met impak.

Die boek is beskikbaar vanaf 1 Junie by boekwinkels soos Bargain Books en Exclusive Books. Bestel jou getekende kopie voor 1 Junie by @graffitiboeke en ontvang 'n gratis bypassende boekmerk.
Baie dankie aan die skrywer vir hierdie kopie in ruil vir 'n resensie. Jou storie het my waarlik aangeraak.

"𝘌𝘬 𝘷𝘰𝘦𝘭 𝘴𝘰𝘰𝘴 '𝘯 𝘭𝘦𝘨𝘬𝘢𝘢𝘳𝘵𝘴𝘵𝘶𝘬 𝘸𝘢𝘵 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘦𝘳𝘬𝘦𝘦𝘳𝘥𝘦 𝘣𝘰𝘬𝘴 𝘣𝘦𝘭𝘢𝘯𝘥 𝘩𝘦𝘵."
Profile Image for Sandsandstories .
40 reviews
June 6, 2022
4.7 ⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ e-ARC

Is this book in my home language, no, but here are my thoughts.

This book follows Marné who manages to sneak away from the only world she has ever known to live with her aunt and discover what living in the outside world is like. The question is, why did she need to run away in the first place?

It is so easy to read even if Afrikaans is your second language and kept me captivated to the point that I forgot I wasn’t reading in English. The story is fictionalised but you feel the emotions behind it. You want to protect the MC and root for her all the way. I have such a soft spot for her new best friend though, she is a gem. It’s real, atmospheric with a few Easter eggs for the YA book nerds. I enjoyed it so much!
243 reviews
May 27, 2022
Dankie aan die skrywer An-Mari Do Carmo sowel as Luca en Lapa Uitgewers en dat hulle vir my ‘n gratis kopie van Toe Als Groen Was gestuur het vir resensie. Die boek word op 1 Junie 2022 gepubliseer en kan nou by Graffiti Boeke bestel word. Die e-kopie kan solank op Amazon bestel word. Die boek sal ook by winkels soos Exclusive Books en Bargain Books te koop wees. Alle opinies is my eie.

Op agtien loop Marné weg van die Sending en kultus waar sy grootgemaak is. Sy gaan bly by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale matriek meisie te wees. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë ... Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek nie. En haar ouers en die Sending sal haar nie uitlos nie. ’n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, God en die waarheid. Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was.

Toe ek die boek begin lees her, het ek gedink ek weet presies wat gaan gebeur. Maar ek was verkeerd. Vir ‘n boek wat so vinnig en maklik gelees het, was daar baie aksie. Ek was nie vir ‘n oomblik verveeld nie. Die boek was ‘n warrelwind van emosies – daar was tye wat ek gehuil het, tye wat ek gelag het, tye wat my hart so vinning geklop het ek het gedink hy gaan uit my borskas spring, en tye wat my so gelukkig gemaak het ek kon nie ophou glimlag nie.

Ek is iemand wat baie belangstel in die karakters van ‘n boek, en die een het nie my teleurgestel nie. Marné se karakter-ontwikkeling deur die loop van die boek was uitstekend. Die ander karakters was goed uitgedink; hulle was nie net daar om Marné se storie te bevorder nie. Elkeen van die karakters het realisties gevoel, en die liefde en omgee tussen hulle was duidelik.

Ek lees nie veel Afrikaans nie, want ek voel altyd die taalgebruik is baie onrealisties. Gelukkig was dit nie die geval met Toe Als Groen Was Nie. Die tieners het gepraat soos tieners, en daar was baie allerdaagse sȇ-dinge wat my laat lag het, want ek dog dis net my familie wat sulke goed sȇ. Die skrywer het duidelik ‘n talent vir skryf, want haar manier met woorde is iets wat ek al min ervaar het. Sekere dele van die boek was so mooi geskryf dat ek my nie kon indink hoe sy daaraan gedink het om dinge so te beskryf nie.

Nie net is die ‘n fantastiese boek nie, maar ‘n belangrike een. Dit is gebasseer op die skrywer se eie ervaring van grootword by die KwaSizabantu Sending, en dit skyn die lig op al die dinge wat daar aangaan waarvan mens nie altyd weet nie. Dit maak mens se oë oop. Ek dink ook die boek sal ‘n fantastiese boek wees vir enige iemand wat al so iets ervaar het, want dit praat oor trauma, maar ook oor hoop. En al het Marné groot geword op die Sending, ervaar sy ook baie dinge wat meeste tieners ervaar, wat beteken omtrent enige tiener sal hierdie boek kan optel en iets daaruit leer.

Ek het nog nie vir ‘n oomblik opgehou dink aan hierdie boek nie. Dit is ‘n uitstekende storie oor groei, liefde, pyn, familie, hoop, en geloof.
Profile Image for Luzanne Warren.
335 reviews35 followers
February 5, 2023
Full Review to Come.


Nou net klaar gelees en ...WOW!!!! Hou maar die tissues naby hoor

📗📗📗📗 Blog toer stop 📗📗📗📗
Toe alles groen was deur Anmari do Carmo
(Blaai links vir 'n opsomming van die boek)

📗 Ek het 'n kopie van die boek ontvang van die skrywer in ruil vir 'n resensie. Die volgende is my eie opinies:

So... die boek...
Ek het snot en trane getjank. My hart is steeds in stukkies. Ek en my man is so geskok dat mens nie eens geweet het die plek bestaan nie, nevermind wat hulle alles doen nie. Die storie het my so diep geraak.

Marné se storie is een wat elke tiener tot in hulle diepste sal raak. Nie net oor menswees en jou plek vind nie, maar ook alles wat jy bevraagteken om jou eie opinies te vorm. Oor vriendskappe en verhoudings en wie jy is. Met karakters wat so realisties geskryf is, jy sien jou eie mense se gesigte oor hulle hang kan jy nie anders as om diep in die storie in te sak nie.

Beste Anmari
Jou boek is AMAZING!
Ek het gehuil toe Marné, Corri se storie vertel, toe Lielie se storie uit kom, toe Minette hulle kom haal het by die sending, toe Tiaan uit die trok klim, toe sy herenig is met Karli en Megan, toe sy haar epos aan haar ouers skryf.
Ek het haar woede en hartseer en frustrasie gevoel. Elke keer wat sy getwyfel het in haarself, wanneer sy onseker was oor wat is waar en wat is die sending. Die emosie loop amper van die bladsye af. Dit het my seker 'n uur gevat om net myself weer te vind. Dis so meevoerend. Ek kan nie dink dat iemand ongeraak gaan wees deur die boek nie. Ek het laas so baie gehuil in Dis ek, Anna.

Die boek is beskikbaar vanaf 1 Junie 2022 by jou naaste Bargain Books of Exclusive Books.
Maar bestel sommer jou getekende kopie vandag by @graffitibooks en kry n pragtige boekmerk saam. Die boek klasifiseer as Christelike fiksie geskik vir jong volwassenes 15jaar+

Indien jy vra oor die KwaSizabantu sending het, moedig ek jou aan om sommer direk met die skrywer in kontak te kom. Sy het 'n hooftrekke kortpad op haar Instagram blad met baie inligting.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
June 12, 2022
Ek het kennis geneem van Erika Bornman se Mission of Malice, maar nie eintlik iets van KwaSizabantu geweet nie. Tot ek agterkom iemand wat destyds saam met my op skool was, is saam met haar gesin toegewyd deel daarvan. Toe begin lees en skrik ek eers en skrik sommer nog 'n keer.
In hierdie konteks verskyn An-Mari do Carmo se pragtig-versorgde Toe als groen was, die nie-so-fiktiewe verhaal van 'n tienermeisie wat uit die Sending (soos dit in die boek genoem word) wegloop, haar stryd en haar vreugdes in die "gewone" lewe, ens ... Verder wil ek nie vertel nie.
Die hoofkarakter se ervarings en emosies t.o.v. al die verskillende situasies waarin sy haar bevind, is so getrou uitgebeeld dat mens nie kan dink dis blote fiksie nie. In die Skrywersnota agterin sien mens dan ook dit is nie blote fiksie nie.
Aan die ander kant is dit ook 'n lekker (liefdes)verhaal vir tieners. Ons oueres kry 'n goeie insig in die lewe van moderne christentieners wat nie iewers vir die lewe wegkruip nie.
Ek dink nie dis 'n boek uitsluitlik vir tieners of vir christene nie. Ek dink dis 'n noodsaaklike boek vir elkeen wat wil seker maak hy loop nie met skille oor die oë deur die lewe nie.
Sterk aanbeveel!
Profile Image for Leane Vorster.
176 reviews3 followers
January 1, 2023
Ek het nie woorde om te beskryf hoe ongelooflik en hoe nódig hierdie boek is nie. Ek lees amper nooit Afrikaans nie, ten spyte daarvan dat dit my moedertaal is. Ek sukkel om vat aan Afrikaanse boeke te kry en daar is min wat al n werklike indruk op my gelos het of waaroor ek verder gedink het na ek die laaste bladsy gelees het. Hierdie is een van die rare boeke wat my my keuse om amper eksklusief Engels te lees laat heroorweeg.

Ek is trots om te sê dat die hierdie die eerste boek in jare is waaroor ek talle trane gestort het. Ek het gehuil vir Marné, vir Lielie, vir haar ouers, vir Corrie, vir elke een van die karakters se stories waarin daar soveel waarheid lê. Ek het geglimlag vir die verhoudings wat gebou is deur die loop van die verhaal. My hart het oorgeloop van hoop met elke nuwe insig wat Marné gehad het oor God en Sy liefde en hoe sy goed genoeg is net soos wat sy is in Sy oë. Ek kan nie onthou wanneer laas my hart so gebreek het in n boek nie. Dankie aan die skrywer vir die hartverskeurende, pragtige boek wat jy geskryf het. Ek hoop dat dit die stryd teen KwaSizabantu bevorder deur elke persoon wat dit lees bewus te maak van die gruwels wat steeds daagliks plaasvind.
Profile Image for Danielle Pieterse.
23 reviews9 followers
Read
June 6, 2022
Toe Als Groen Was volg die verhaal van Marné en haar ontsnap vanuit die KSB Cult in Kwazulu Natal, sowel as al die aanpassings wat daarmee gepaard gaan.

Dankie aan An-Mari wat die storie geskryf het. Nie net het dit my oë oopgemaak aan wat in die cult aangaan nie, maar ook wat dit verg vir mens om uit te kom en aan te gaan met hulle lewe as "normaal" na die tyd.

Dit is 'n ongelooflike verhaal wat mens ingryp van die begin af. Die kloue van die verhaal het so diep gegaan dat ek dit nie kon neer sit nie en dat ek steeds daaraan bly dink. Die manier wat dit vertel is, is "gripping", en die taalgebruik maak dit net baie meer relatable want dis hoe ons allerdaags praat - Mengels soos my ouers sal sê.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
June 8, 2022
#toealsgroenwas – An-Mari do Carmo
#luca / #lapa

‘Mense wat in ‘n kultus grootword, besef nie altyd dis ‘n kultus nie. Jy dink dis normaal, dat dit so hoort. Jy ken niks anders nie. Tot iets eendag gebeur… iets wat jou alles wat jy ken, laat bevraagteken.’ (142)

Kort na haar agtiende verjaarsdag vlug Marnė van die KwaSizabantu Sending in KwaZulu-Natal na haar tannie in Klerksdorp; weg van haar ouers, haar jonger sussie en alles wat sy haar hele lewe lank geken het; weg van veroordeling, breinspoeling, vrees en mishandeling. Maar sy sou spoedig uitvind: selfs weg van die Sending is die Sending steeds met jou; voel jy ‘soos ‘n legkaartstuk wat in die verkeerde boks beland het’ (39) en dat vrywording ‘n proses is, veel meer as ‘n enkele daad of keuse: ‘Ek weet hoe om op te tree tussen Sendingmense, en ek weet hoe om op te tree tussen my vriende. Maar wat maak ek as almal saam is? Hoe pas ek gelyktydig by twee verskillende legkaart in?’ (257)

Die roman is, visueel gesproke, een van die heel mooiste op my rak. In ooreenstemming met die titel, is die bladsye se kante groen gekleur; die detail op die voorblad (kyk gerus na die woorde wat op die rok se materiaal gedruk is), die tipografie en ragfyn illustrasies dra by tot ‘n kunswerk in die kleine; ‘n letterlik pragtige boek. Die rol van kleur, groen in die besonder, word in die teks uitgebrei wanneer Marnė bely dat groen nog altyd vir haar die kleur van skuld was (96) en dat sy skuld ervaar as ‘n ‘getroue groen papegaai op my skouer.’ (210)

Die skrywer het self eerstehandse kennis van grootword onder die skadu van die Sending (sien die skrywersnota) en alhoewel dit ‘n fiktiewe verhaal is, is die meeste van die gebeure in die roman op die waarheid gebaseer. Dit vertel ‘n rillerverhaal van seksuele, fisiese, emosionele en finansiële uitbuiting; van patriargie en manipulasie. Die toeslaan van die drukkersduiwel op bladsy 31 (in reël 5 word verkeerdelik na Minette as Marnė verwys) doen geensins afbreuk aan die feit dat dit ‘n uitstekende byvoeging tot Christelike fiksie vir jong volwassenes is nie. In die lig van onlangse soortgelyke publikasies, in Suid-Afrika Erika Bornman se ‘Mission of malice’ veral, is dit ‘n relevante tema wat spesifiek fokus op die trauma wat kinders in so ‘n omgewing aangedoen word en die gevolge daarvan.

Die roman is nie ‘n sedepreek of ‘n veroordeling nie; dis ‘n dapper verhaal van val en opstaan, van moed hou en van uiteindelike oorwinning; ‘n herinnering aan: ‘All that is necessary for the triumph of evil is that good men do nothing.’

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
LAPA Uitgewers
LUCA
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
March 16, 2024
ek sit gewoonlik boeke op my lys wat ek wil lees. natuurlik is dit 'n ellelange lys. wanneer ek dan 'n betrokke boek lees, dan lees ek nie eers weer waaroor dit gaan nie, want ek wil niks weet voor ek dit begin lees nie.

** moontlike spoiler alert **

die storie is 'n storie wat so baie in die regte lewe gebeur het en nog steeds gebeur. na ek dit gelees het, het ek aan die einde gelees dat die skrywer deel van kwasizabantu was. die storie is wel fiktief, maar dis op werklike gebeure gegrond.

ek het self ondervinding met sektes, maar ek het gelukkig heel anderkant uitgekom. dit was nou nie so erg soos wat in die boek beskryf is nie, maar heelwat van dit wel. ek is bly die skrywer kon op 'n plek uitkom waar sy uitgevind het waaroor geloof werklik gaan. so baie mense sal net wegloop van geloof in geheel, wat jy ook kan verstaan.

ek weet hierdie storie is baie kontroversieel en 'n mens kan die info in die media kry, maar vir my persoonlik voel ek dat waar daar 'n rokie is, is 'n vuurtjie.

die skrywer het haar goed van haar taak gekwyt met die skryf van hierdie storie.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
July 16, 2022
Die feit dat skrywer, An-Mari do Carmo persoonlik betrokke was by die kultusbedrywighede waarop hierdie fiktiewe roman gebaseer is, verleen 'n besliste geloofwaardigheid daaraan, tesame met die feit daar beperkte fokus is op sensasionele en grafiese detail van vergrype nie. Eerder slaag die skrywer daarin om die soeklig te laat val op die uitdagings waarteen lede wat die sending verlaat, hulle vasloop in die lewe buite die sendingstasie, en buite die invloed van die kultusleiers.

Marné vlug weg van die sending op haar agtiende verjaarsdag en soek skuiling by haar tante, wat self voorheen deel was van die kultus. Sy word in 'n geloofskrisis gedompel, want die God van die sending is een van "woede en toorn en oordeel. 'n God wat heers deur vrees en straf." (p. 63). Sy twyfel selfs of daar 'n God is en of sy net gebreinspoel was om dit te glo. "Alles waarin ek geglo het, is 'n leuen." (p. 102)

Onvoorwaardelike vriendskap, jong liefde en lewenservaring is ligpunte in hierdie verhaal, wat baie maklik kon verval in 'n negatiewe leeservaring. Haar ondersteuningsnetwerk van vriende, die standvastige Tiaan, en natuurlik haar tante, help vir Marné om uiteindelik haar eie stem te vind. Werklike en gedreigde skade aan sy gesin, noop uiteindelik selfs haar pa om die boosheid en bedrog van die leierskorps van die sending te erken vir wat dit is.

Ek kan nie nalaat om te noem dat 'n foto nie reg laat geskied aan die fisiese produk nie. Terwyl die kleur groen vir Marné 'n simbool is van skuld, is die buiterante bladsye van die boek groen gekleur en die voorblad uitsonderlik met fyn detail. Baie geluk aan die skrywer en medewerkers wat van hierdie Luca publikasie 'n pragstuk gemaak het.
Profile Image for Sherry Steenkamp.
190 reviews3 followers
August 14, 2024
Hierdie moet n movie wees! Regtig!

Dit het my al die gevoelens gegee en ek was op n stadium net so woedend en emosioneel soos Marne.

Ek lees nooit Afrikaans nie, maar hierdie was n uitsondering! Dit is n amazing boek wat my van die eerste bladsy af vasgenael het. Ek kon regtig nie ophou lees sodra ek hom opgetel het nie
Profile Image for Tristen Eloff.
8 reviews
July 14, 2022
"NORMAAL Daai woord, Daai ding wat ek nooit Sal wees nie"

"Ek voel soos n legkaartstukkie wat in die verkeerde boks beland het"

Sjo, die boek is n briljante briljante boek! Daar is geen woorde nie.

Daar was tye in die boek waar ek geglimlag het van blyheid, en tye waar die trane af my wange af gerol het.

Ek lees persoonlik nie veel boeke in Afrikaans nie, maar hierdie boek het my hartsnare gepluk...

Die boek volg Marn`e en haar lewe in die Sending stasie en hoe sy aanpas aan die samelewing na haar tyd in die Sending.

Die boek is gebseerd op verkskeie mense se stories in KSB met n fiktiewe Baadtjie aangetrek.

Die boek Handel groot en belangrikke Onderwerpe soos :

Depressie
Angs
PTSD
Ontsnapping uit Kultus
Ens

Fantasties boek. Gaan lees hom NOU!
Profile Image for An-Mari Basson.
2 reviews
December 13, 2022
As jy hierdie boek wil lees, moet jy seker maak dat jy niks anders op jou skedule vir die dag het nie, want glo vir my, jy kan die boek nie neersit nie! Toe als groen was, is een van daardie boeke wat jou van bladsy een af aangryp en tot op die laaste bladsy geboei hou.

Die insig wat hierdie boek gee t.o.v. die gruweldade van die KwaSizabantu "sending stasie", laat 'n mens se hare rys en laat jou, nes Tiaan, voel of jy 'n lighter kan gryp en die hele plek afbrand.

Toe als groen was, gaan egter oor soveel meer as net 'n jong meisie wat uit die kake van 'n wrede kultus ontsnap. Dit gaan oor familie, onvoorwaardelike vriendskap en onuitputbare Genade.

Dit gaan oor iemand wat onseker is oor haar plek in die wêreld (en of daar ooit vir haar 'n plek is) tot sy daardie "iewers" vind waar haar legkaarstukkie in pas en sy vir haar ware self aanvaar word. Toe als groen was, is die storie wat elke "odd" meisie nodig het om te lees.

Die boek is vol hoendervleis oomblikke. Die skrywer is 'n woordweefster van formaat en haar skryfstyl is ryk aan emosie en kleur.

Al die Spoegwolf references en die feit dat ek vertroud is met soveel plekke waarvan daar in die boek melding gemaak word, is 'n bonus wat die lees net nog lekkerder maak!


Profile Image for Joha Van.
Author 3 books43 followers
November 21, 2022
'n Opwindende nuwe stem in Afrikaans.

Die inner-monologue van Marné was so interessant, die uitbeelding van breinspoeling en die effek van die Sending se manipulasie gripping. Ek het hardop gekreun wanneer ookal sy hulle sentiments express het.

Die verhouding is 'n slow-burn en dit is 'n boek wat, uiteraard, fokus op die geloof van 'n jong meisie wat uit 'n kultus ontsnap en die heroorweging en reshaping van haar geloof. Al is dit geloof-focused kan iemand wat nie gelowig is nie baie uit hierdie boek kry.

Ek is so bly sy kon hierdie boek skryf en soveel Suid-Afrikaners bewus maak van wat in ons land óók gebeur. So dikwels, wanneer 'n probleem ons nie in die gesig staar nie leef ons ons lewens - oblivious tot die suffering wat om ons aangaan. So, well done, An-Mari, en ek sien uit na die volgende boeke!
2 reviews
June 20, 2022
The writer does well to catch your attention and get you hooked to the story. As an English first language reader, I found the modern youthful writing easy to read and quite addictive. The writer expresses her true emotions and truly make you feel for the character. The book is not for a sensitive reader but is a very important story to bring to light. I recommend this book for English and Afrikaans readers who would like to take a journey with Marné.
Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
August 16, 2022
Dit pyn my om hierdie boek net 4 sterre te gee ipv 5, maar ek bly by my standpunt: nie elke storie het 'n liefdesverhaal nodig om suksesvol te wees nie.

Die storie op sy eie - die ontstellend waarheid - is 'n wenner. Ek haal my hoed af vir die skryfster wat braaf genoeg was om te sê: genoeg... Wat haar storie - en die storie van soveel ander - vertel.

Verandering begin met een enkele tree.

Ek voel sonder die "liefdesverhaal" sou die storie treffend op sy eie gewees het.
62 reviews
September 17, 2023
Ek het sopas hierdie boek klaargelees in 2 daggies. Dit het my nogal diep geraak. Pragtig geskryf. Waarskynlik op tieners gemik, maar grootmense sal dit ook geniet. Ek sal uitkyk vir toekomstige boeke van die skrywer An-Mari Do Carmo
Profile Image for Synteché !.
25 reviews
September 5, 2025
Hierdie boek was alles wat ek gedink het dit sou wees. Sommige lyne hit a little close to home, en ek dink dat almal hierdie boek ń kans moet gee. 🖤
Profile Image for Robin.
2 reviews
June 4, 2022
Ek was vroeër in dieselfde kultus as die skrywer. Meestal in Europa, maar ek het ook 'n paar maande in Suid-Afrika gewoon. Die roman is fiktief, maar ek het baie herken. Die probleme wat mens ondervind wanneer jy die kultus verlaat, word baie goed beskryf. Ek is egter nie meer 'n Christen nie. En ek het 'n bietjie ongemaklik gevoel omdat die roman die indruk wek dat dit belangrik is om 'n Christen te bly. Maar toe ek net tien jaar uit die sekte was, het ek ook ’n innerlike stryd daarmee gestry. Ten slotte, die wetenskappe (veral natuurwetenskap) het my oortuig dat daar geen God kan wees nie. Dit was nie die slegte dinge van die kultus nie wat my uit die Christelike geloof gedryf het. Maar ek het dit geniet om die boek te lees en lees dit tans 'n tweede keer omdat Afrikaans nie my moedertaal is nie.
Profile Image for Riana Odendaal.
3 reviews
June 15, 2023
Dit is 'n verhaal van die journey om by die Ware God uit te kom, nie die god van die kultus nie. Om haarself te vind, om ware liefde te vind, nie die nagemaakte voorgeskrewe plastiek soort liefde van die kultus nie, maar iemand wat waarlik omgee en lief is vir haar, en wel.. die wat waarlik soek sal waarlik vind.  Dit is ook die verhaal van Genade en Guts - Genade van die Here dat sy kon uitkom, nie soos baie ander wat nie kon uitkom nie, maar ook Guts (wat ook aan haar gegee is deur die Here) om weg te loop, en die kultus te ontbloot.

Ek het die boek in een naweek deurgelees - met tissues byderhand-! Kon nie die boek neersit nie.  Uitstekend. Moet-lees boek. 
Profile Image for Johan G.
1 review
July 26, 2023
An excellent story to give insight and help many

I believe this book will help many in situations similar to Marné's to understand and break with Die Sending.

I hope more parents and young adults will read this.

It is very well written and balanced fiction.
Profile Image for The Little Book.
153 reviews5 followers
July 31, 2022
DIE GROEN BINNE MY
TOE ALS GROEN WAS…
AN-MARI DO CARMO

dit koer
hierbinne my
roer en
spu.
geloof
geloof

jy moet
jy moenie
- se moer!
dit wil ek gil!

dit laat my vingers wil tik

-uitskel woorde
as my hart oorloop van seer
-eerste-liefde woorde
as my hart rondomtalie
-teleurstelling
Is daar regtig sulke Christene?

woorde wat ek hoop ‘n sendingkerk laat - STIK

@Martie Janse van Rensburg

Hierdie is ‘n boek met impak.

Ek dink dit is hoekom ek die resensie anders skryf. Ek kyk nou al ‘n tydjie na die boek se BLURB en dit was my Afrikaanse boek kopie vir die maand. Daar is min boeke wat mens kan sê dat jy die woorde se seer kan voel; die magteloosheid.

‘n Aangrypende verhaal wat op ware gebeure gebaseer is oor gebeure in die skrywer se lewe in die Kwasizabantu sending kamp.

As ‘n ma van ‘n amper tiener voel ek hierdie sal ‘n uitmuntende voorgeskrewe boek wees vir ons tiener lesers.

My gunsteling aanhalings uit die boek :
"Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie."

Matteus 11:30: ‘My juk is sag en my las is lig.’ Dit moenie ’n burden wees nie. As mens vir iemand lief is, wil jy so ’n mens mos gelukkig maak, en ons maak die Here gelukkig deur vir die Bybel te luister.”

“Wat is een ding wat jy vir seker weet? Een wáár ding waaraan jy kan vashou?” Ek kou my lip en dink aan hoe ek tot hier gekom het. Hoe ek veilig deur die donker gestap het, veilig ’n taxi gekry het, veilig tot in Klerksdorp gekom het. Hoe tannie Minette my liefhet en vir my omgee en vir my sorg. Hoe alles perfek in posisie geval het. “God bestaan,” sê ek, en huiwer ’n oomblik. “En Hy gee om.”
18 reviews
November 24, 2024
Bitter bitter goed. Ek dink dit is ‘n boek wat elkeen MOET lees. Ek dink mens verloor so maklik perspektief wanneer mens opgesweep raak in jou eie struggles dat mens nie besef hoe gelukkig mens is nie…
Hierdie boek het my opnuut dankbaar gemaak vir die voorreg wat ek het om die Here te dien sonder onderdrukking, sensuur, vervolging of bybedoelings van ander mense.
Net wow!

Vanuit ‘n letterkundige oogpunt is hierdie boek ook ‘n meesterstuk. Die storie is pragtig geskryf met helder woordkeuses en slim gebruik van herhalende motiewe. Die karakters is boeiend en die storielyn hou jou aan die punte van jou stoel.

Ek het gehuil en gedink en toe sommer nog gehuil. Absolute pragtige boek met ‘n goue plek in my hart.
Die Here is goed.
3 reviews
July 10, 2024
A fiction story putting a real place in a bag light. Did not like it as I know Kwasizabantu Mission to do much for rural poor communities. This was not an uplifting story at all.
Displaying 1 - 26 of 26 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.