Jump to ratings and reviews
Rate this book

Twee lewens

Rate this book
Hoe weet ʼn klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees? Hy pak die lang pad van geslagshertoewysing aan sodat hy geluk kan vind in die liggaam waarvoor hy gebore is. Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.
ʼn Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal oor ʼn kwessie wat vandag meer relevant as ooit is.

250 pages, Paperback

2 people are currently reading
13 people want to read

About the author

Elise Bishop

4 books2 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (100%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
June 5, 2023
#TweeLewens – Elise Bishop
#HemelEnSeeBoeke (2022)
ISBN 978-1-998958-87-0

‘n Waterskeidingsoomblik of -gebeurtenis is ‘n kloof tussen ‘voor’ en ‘na’ herinneringe. Die skeiding is dikwels onuitwisbaar, gegraveer in die lewe daarna. Die verskynsel word tweeledig in hierdie aangrypende outobiografie geïllustreer, eerstens in die titel en tweedens in die formaat: Deel 1 is Pierre Johann van der Merwe, gebore 12/06/1952, se verhaal; Deel 2 is Elise Georgina Irene Bishop (née Van der Merwe), s’n.

Pierre was ‘n sensitiewe seuntjie, besonder geheg aan sy ouma Georgie met wie se nettafeldoeke hy graag ‘troue’ gespeel het en by wie hy sy rooi oorbelle en rooi kamerjas met rooi lippe kon dra. Sy grootwordjare in Graaff-Reinet, ‘…die wêreld van ‘n boeregemeenskap, van mosbeskuit en mofskape, kliprante en Karoobosse, populierbome, watervore en middagslapies’ (9) is ingekleur deur herinneringe aan haar en sy geliefde Bettie-Boep pop, oor wie se afgebreekte arm hy wraak geneem het deur ‘n maatjie met ‘n kasplankie te slaan: ‘Ongelukkig was daar nog ‘n spyker in die plankie, en met die eerste hou sit die plank toe aan haar boud vas.’ (21)

Later jare was minder idillies, sy ouers se verhuisings, egskeidings en die verskyning en verdwyning van stiefouers was die begin van jarelange eensaamheid wat intenser sou word soos wat hy toenemend besef het dat tradisioneel manlike kenmerke nie by hom manifesteer nie: sy stem was fyn genoeg om vroulike rolle in operettes te vertolk, sy borste was oorontwikkel, hy was veel gemakliker in fyn rokke as in growwe langbroeke, het bykans geen baard gehad nie, en het sy genitalieë as onderontwikkeld beleef.

In die 1970’s was verpligte militêre diensplig ‘n gegewe; ‘n nagmerrie vir ‘n sensitiewe siel soos Pierre, maar hy vertel nietemin met fyn humor van sy kortstondige loopbaan as bokser en sy ontmoeting met ‘n slang, en dit sou ook ‘n besondere insident, naamlik ‘n insiggewende ontmoeting met ‘n wyse Spoorwegdokter, Oom Solly, tot gevolg hê.

Op 18/11/1975 is Pierre by die teater ingestoot – en Elise is ure later daar uitgestoot.

Elise se verhaal is een van eensaamheid, onsekerheid, verwerping, verwyte, vooroordele en onkunde. Eie honde byt spreekwoordelik die seerste en sy was geen uitsondering nie. Haar ma se aanvanklike reaksie was ‘…wat het ek dan verkeerd gedoen…?’ (97); sy is toegesnou dat sy ‘…net ‘n verdriet en ‘n bekommernis is…’ (131); ‘…skande….op ons familie wil bring…’ (100) en haar oupa het duidelik laat blyk dat hy hom ‘’’skaam vir hierdie kleinkind van hom,’

Die onkunde en vooroordeel wat die tydperk gekenmerk het, blyk, onder andere, uit die feit dat ‘n trangender persoon destyds, aldus die DSM-III, gediagnoseer is as ‘n lyer van ‘n psigiatriese afwyking en selfs ‘n ‘briefie’ moes dra wat bevestig dat doktersbehandeling deurlopend is ten einde ‘…nie vervolg (te) word as jy in die openbaar vroueklere dra nie.’ (114). Daar was ook nie ‘n onderskeid gemaak tussen die terme transgender en transseksueel nie.

Die neerpen van haar lewensverhaal is ‘n triomf oor dit alles; ‘n feniks wat uit die vlamme verrys: ‘Ek gaan ‘n boek skryf, ek gaan my hele storie vertel sodat almal alles van my weet en niemand meer die waarheid kan “ontdek” nie.’ (213)

Ten spyte van die pynlike geskiedenis, is Elise se vertelling deurspek met positiwiteit en fyn humor, dikwels ook selfspot. Geen deksel word op die sissende pan van emosionele pyn geplaas nie, daar was vele ontnugterings en teleurstellings, verwerping en trauma, maar insluiting van staaltjies soos dat sy in Florence aan Dawid se toon geraak het – omdat ‘die res’ te hoog was, verskaf ‘n diep en volledige menslike element aan hierdie ware verhaal wat in eenvoudige, reguit terme direk uit die hart vertel word. Soms is die eenvoudige boodskap van ‘n nie-fiksie publikasie, en die toeganklike wyse waarop dit oorgedra word genoegsaam om as ‘n vyf ster treffer geklassifiseer te word, waardig om nie ‘n aks vir letterkundige werke terug te staan nie. ‘Twee lewens’ is ‘n sprekende voorbeeld daarvan.

#Uitdieperdsebek
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.