Ellie McKenna likes her new, quiet life in the countryside. She has time to reflect on the death of her dad, that fateful night at the police roadblock, and to recover from her physical and psychological scars - the result of her last mission. Here in her safe haven she even finds time to help out as church organist. But when they finally - inevitably - track her down, she knows that she'll need to find out who is looking for her, and why.
Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het op Worcester grootgeword en matrikuleer in 1976 aan Hoërskool Worcester. Sy verwerf daarna ’n BA en BA honneursgraad in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon voordat hulle weer in 1985 hulself in die Kaap gevestig het. Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland,
Het jy geweet?
Sy het om middernag op 31 Desember 1999 (in die Switserse Alpe) besluit om skryf haar Nuwejaarsvoorneme te maak. Sy het in 2000 begin skryf en haar eerste boek het in 2001 verskyn.
Met Dubbelspel het ek ondervind dat die storie bietjie stadig begin het, maar Eindspel was aksie belaai van begin tot einde. Ek het duur hom gevlieg, ek kon net nie genoeg van Nick en Ellie kry nie. Ek het tot heeltemal te laat in die aand gelê en lees, net omdat ek moes weet wat volgende gaan gebeur.
Ek is finaal 'n Wilna Adriaanse-waaier. Eindspel is die opvolg van Dubbelspel, en het my by die voordeur in en teen die trappe af tot diep in die intrige, aksie, en spanningsvolle drama van die storie geforseer. Die gevolg is nog 'n dag en nag met min slaap agter die blad. Wat 'n ongelooflike opwindende aksiebelaaide ervaring was nie dit nie!
Net toe ek dink hier kom nou uiteindeik rus en vrede, is daar 'n klop aan 'n deur, en my asem slaan blitsnel weg in 'n waas van opgewonde lekkerkry met die einde.
Kom ons stel dit só: die skryfster het 'n hart. By die laaste punt los sy die karakters en die lesers 'n handvol genade en blymoedige hoop. Mag 'n mens versigtig vermoed dat dit 'geluk' spel?
Eindspel is louter leesplesier - nog beter as sy voorganger, Dubbelspel. Ek was van meet af geboei en tot aan die einde onseker oor die wie en waarom. Ek kon eenvoudig nie die boek neersit nie. Wilna Adriaanse se karakters is so méns dat jy jou gereeld vang wonder hoe dit met hulle gaan, wat van hulle geword het. Ek wil asb. weer vir Brenda, Lucky, Ellie en Nick in 'n boek sien. En Jansen. Bring asb. ook vir Jansen saam terug. Dit sal 'n verlies wees as hierdie klompie mense stil raak in die boekwêreld.
hierdie is die opvolgboek van die eerste boek. ek het dit net so geniet soos die vorige een. die karakters word so goed beskryf, ek kan hulle voor my sien, in detail.
die storie is geloofwaardig en dis die een groot ding wat ek daarvan gehou het. ek hoop daar kom nog sulke tipe boeke uit hierdie skrywer se pen.
Wilna Adriaanse se karakters van Dubbelspel en Eindspel gaan nog lank saam met my loop. Ellie, Nick, Happy, Brenda, Clive, Clara. Selfs Nazeem Williams. Onwillekeurig het ek empatie met hom en sy mense en sy dinge gehad. Die dice is geskommel en vir sommige het dit anders geval. Ek hoop vorentoe loop ons hierdie karakters weer raak. Hulle mag nie vir altyd net weg wees nie.
Ek geniet altyd Wilna Adriaanse se boeke - word elke keer meegevoer met die karakters. Raak eintlik te betrokke, want sodra die boek klaar is voel Ek asof ek n vriend verloor. Ellie en Nick is fantasties goed beskryf en Ek is mal oor die onvoorspelbaarheid van die stories.
Ek is dankbaar dat ek nie moes om hierdie reeks klaar te lees nie, dit was spanningsvol met ‘n goeie kinkel aan die einde wat ek glad nie sien kom het nie
'n Beter opvolg vir Dubbelspel kon daar nie wees nie!
Die verhaal sluit vlot aan by vorige gebeure en laat die vrae en spanning reeds vanaf die eerste bladsy opduik. Intrige en topklas speurwerk is konstant aan die gebeur,terwyl 'n paar sagter en dieper oomblike ook gewaar word tussen sekere karakters.
Die verhaal word perfek afgesluit met beantwoorde vrae en beloofde moontlikhede.
Baie dankie Wilna Adriaanse vir jou fantastiese storie!