Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.
En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?
"Hartklop" is die eerste boek in ’n opwindende nuwe fantasiereeks deur ’n belowende debuutskrywer.
As jy van Sarah J Maas se boeke hou sal jy definitief van hierdie Afrikaanse fantasie hou. Dit van jou aandag van die eerste hoofstuk tot die laaste. Daar was soveel mooi oomblikke in die boek ek het dit vreeslik geniet. Hartklop is ook die eerste boek in die opwindende fantasie reeks deur @sunel
Lumi is n fae maar nie enige fae nie sy is n winter fae wat beheer moet kry oor haar magte. Haar peetpa het haar vir solank as moontlik probeer wegsteek van die wêreld maar meer van die wat haar skade wil aan doen.
Sy gaan na n skool vir Fae waar sy die liefde van haar lewe ontmoet maar dit is nie waar dit begin nie. Dis waar alles begin skeef loop en waar geheime uitkom. Hierdie is 'n moet lees. Vir lank het ek na 'n boek gesoek wat die genre is wat ek lees en hierdie is PERFEKSIE! Ek het die karakters ge- love veral vir Colden hy het die mooiste hart en hy so baie om vir Lumi. Nereida en Zander is die cute paartjie. Ek wil nie die boek spoil nie en ek probeer hard maar hierdie is 'n moet lees.
Hierdie boek verdien meer as net 5 sterre! Ek het dit vreeslik geniet!
5 sterre
Boek Publikasie : 1 Augustus 2022 Hierdie boek Kan gekry word by @lapauitgewers
Ok WoW ! Die boek het my voete onder my uitgestaan! Die wereld is magies , die karakters is amazing en die storielyn was ongelooflik ! Ek is mal daaroor dat ons vroue hoofkarakter sterk is al wonder mens aan die begin ! Maar sy is,sy red die manne keer op keer ! Al die karakters speel so groot deel in die boek dat mens toegeweid raak in elke een van hulle ! Die liefdes verhaal in die storie pas perfek! Die boek het my met elke hoofstuk net dieper ingesuig! Elke draai in die storielyn het my verbaas gelos en lus om verder te lees ! Die boek is vol onverwagte wendings ! Die einde maak my smag na boek 2 !!!!!
“Tot die einde “
As j hou van *Liefdesverhale *Aksie *Intrige *Towerkuns *Magiese werelde Dan is die boek vir jou !
Aanhanger van skrywers soos Cassandra Clair , Holly Black , Leigh Bardugo en Sarah J Maas sal mal wees oor die reeks !
@sunelcombring_skrywer jy het n uitstekende boek geskryf en ek glo dit gaan n reuse sukses wees ! Hey SA ontmoet ons eie Afrikaanse Cassandra Clair !!
‘Mense en fae het nog altyd in vrede saamgeleef, totdat die mens bang geword het vir die mag wat fae oor die natuur het. Hierdie vrees het gelei tot ‘n oorlog wat só wreed was dat die fae uiteindelik die wêreld in drie verdeel het: Die mensdimensie, waar slegs mense leef, Tír na hÓige, die faedimensie, en die Drakeryke, as tussenganger vir mense en fae.’ (4)
Lumi, ‘n Demifae (half-mens; half-fae) se peetouers stuur haar na ‘n kosskool vir Wisselfae (tienerfae wat nog nie beheer oor hulle magte het nie) in ‘n poging om haar veilig te hou aangesien haar ouers se nalatenskap van haar ‘n teiken vir die wêreld gemaak het. Veilig tot minstens haar 17de verjaarsdag, want tydens die opeising-seremonie wat dan sal plaasvind, sal sy waarskynlik sterf.
Ek het ‘n besondere sagte plek vir fantasie; eerstens omdat ek my verwonder aan die verbeelding wat benodig word om ‘n heel nuwe ruimte en karakters te skep, maar tweedens ook omdat dit by uitstek ontsnappingsfiksie is. In Engels is daar ‘n magdom keuses in die jong volwasse fiksie-genre; in Afrikaans is daar ‘n groot gaping. Toe is dus op die agterplat die woorde ‘nimfe, boomfeë, elwe, domina’s, gruwels… fae’ lees en boonop sien die boek word ingelei deur kaarte van die fae-wêreld en uiteensettings van die ryke, subspesies en klassestelsels, was ek reeds halfpad oortuig dat hier iets nuuts op die horison verskyn het.
Aanvanklik was ek ietwat teleurgesteld omdat die kaarte nie benodig word tydens die lees van die roman nie; ek sou graag meer wou weet oor die geografiese fantasiewêreld wat daar geskets is, maar die antwoord is waarskynlik te vinde in die skrywersonderhoud (The Huddle, Winter Edition, bladsy 14) waarin sy verklap dat ‘Hartklop’ die eerste aflewering in die ‘Ontwaking van winter’-reeks is; ek glo dus dit kom nog !
Vergelykings met soortgelyke publikasies in Engels is onvermydelik; die skrywer verwys self ook na Cassandra Clare se ‘Mortal instruments’ in die voorgemelde onderhoud. Ek bely openlik dat ek ‘n ‘Mortal instruments’-aanhanger is en, alhoewel daar ooreenkomste is (beide se gekose ruimte is ‘n alternatief sowel as ‘n oorvleueling van die realiteit en fantasie; die karakters openbaar menslike eienskappe en is jongmense wat nog nie die omvang van hulle kragte besef of geheime uit hulle verledes ken nie en daar is ‘n voortdurende stryd tussen goed en kwaad) is daar ook groot verskille: ‘Hartklop’ se fokus is op die fae, daar is aansienlik minder karakters en die sinopsis is minder gekompliseerd.
Die jong volwasse-mark is ‘n uitdagende leesgroep, nog meer so wanneer ‘n gekompliseerde genre soos fantasie daarin aangedurf word. Indien die leser nie aanklink vind met die karakters en gebeure nie, is vervreemding ‘n risiko. In die geval van ‘Hartklop’ is ouderdoms-relevante temas subtiel ingewerk: afspraak-verkragtings; verdowingsmiddels; liefdesdriehoeke; toekomsonsekerheid; groepsdruk en die beheer van sterk emosies, onder andere.
Dis altyd moeilik om ‘n boek te beoordeel wanneer dit van meet af aan deel uitmaak van ‘n groter geheelbeeld wat nog onvoltooid is, maar ‘Hartklop’ het die potensiaal om van geweet te wees en onthou te word. Ek sal die res van die reeks met belangstelling volg.
Hartklop is die perfekte boek om jou bekend te stel aan die fantasie-wêreld in Afrikaans. Die beskrywende skryf-styl en interessante kinkels sal jou betower en boei tot die einde. Ek sal hierdie boek sterk aanbeveel vir jonger- sowel as ouer lesers. Ervaar die uitdagends en wonders van die feë-wêreld deur die oë van Lumi Colden en veel meer!
Boektitel: Hartklop Skrywernaam: Sunel Combrinck Pub Datum: 1 Aug 2022
"𝗘𝗹𝗸𝗲 𝘀𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲 𝗵𝗲𝘁 '𝗻 𝗯𝗶𝗲𝘁𝗷𝗶𝗲 𝘄𝗮𝗮𝗿𝗵𝗲𝗶𝗱 𝗶𝗻 𝗵𝗼𝗺."
Hartklop sit beslis 'n nuwe hartklop in Afrikaanse fantasie. Met verskillende magiese ryke en fae kragte, sal jong lesers na 'n onbekende wêreld geneem word wat kort voor lank soos hul huis sal voel. Die karakters word soos vriende en ons lag en huil saam met hulle. Met ryk beskrywings word Tír na hÓige lewend gemaak en ons deel in Lumi, Colden, Zander en vele meer karakters se stryd en oorwinning.
Die leser word bekendgestel aan verskillende ryke soos die Somerryk, Winterryk asook waternimfe en ander fae. 'n Kaart is voorin die boek wat die wêreld mooi uiteen lê asook 'n kort verduideling van elke ryk en die fae. Die uitleg is absoluut fantasties en die tema van winter spring vanaf elke bladsy. Ek beveel hierdie boek, die eerste boek in 'n nuwe fantasie reeks, aan vir enige jong leser wat die wêreld van fae wil betree en wegraak in 'n storie met skool liefde, koninklikes en 'n bietjie gevaar.
Avontuurlustig, ongelooflike karakter ontwikkeling en ‘n storielyn sal jou op die punt van jou stoel sal hou.
Ek was uitermatig verbaas met hoe ek hierdie verhaal verslind het.
Ek is nie ‘n kranige Afrikaans boek leser nie, maar dis boeke soos die wat my terug in sal sleep en my moeder taal van vooraf laat waardeer in al sy glorie. Die was absoluut puik. Dit het ‘n mengsel van alles waarvoor ek lief is ingehad. Eerstens fae, fantastiese newekarakters met intrigerende agtergronde en dan ‘n lewe of dood bedreiging wat hang soos ‘n donker wolk oor Lumi se toekoms. Ek doen my heel beste om nie meeste van die plot weg te gee nie, ek kan jou wel belowe die is die tipe boek en selfs reeks wat jy op jou boekrak gaan wil hê. Ek kan nie genoeg strek hoeveel deure die gaan oopmaak vir Afrikaanse fantasie nie. Dit was ‘n absolute voorreg om dit te kon lees en deel te wees van hierdie geskiedkundige oomblik vir boeke in Afrikaans.
Jy wil nie die verslawende storielyn, fantasie wêreld vol verskillende fae en karakters wat jou sal laat lag, jou naels kou en op en af spring in opgewondenheid vir hulle deurbrake misloop nie!
Boek publikasie: 1 Augustus 2022 Hierdie boek word gepubliseer deur Lapa Uitgewers.
What is the last book you read that suprised you? (#gifted @lapa_uitgewers )
Ek het die ongelooflike voorreg om vandag se stop op Die Hartklop toer te wees en boonop is dit hierdie ongelooflike boek se bekendstellingsdag! @sunelcombrinck_skrywer is n ongelooflike skryftalent wat ons hopelik op nog baie boek avonture gaan neem.
Hierdie boek is my eerste oorspronklike Afrikaanse Fantasie boek op my rak en ek is onbeskryflik opgewonde daaroor. As jy van skrywers soos Sarah J Maas hou wil jy beslis nie die een mis nie.
Hartklop - die ontwaking van Winter volg die storie van Lumi, 'n dogter wat n half fee is wat in die mens dimensie grootword vir haar eie veiligheid. Maar sy is oortuig daarvan dat sy nie haar opeising na 'n volbloed fee gaan oorleef nie. Met die rebelle wat elke dag meer half fee en demi fee uitwis, word sy onder streng geheimsinnigheid by skool vir wisselfee in die Drakensberge geplaas. En dit verander alles!
Opwindend, verslawend en verbeeldingryk.
Hierdie boek het ongelooflik vinnig gelees en ek kon dit regtig nie neersit nie. Ek is baie opgewonde om te sien watter stories nog uit die pen van die belowende skrywer gaan volg. Haar boek is reeds beskikbaar by meeste boekwinkels maar gaan loer gerus na haar blad vir skakels om jou kopie aanlyn te bestel.