Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.
Wanneer laas het jy 'n boek gelees en byna konstant gesluk aan 'n knop in die keel? Dit is presies wat ek hierdie afgelope naweek beleef het met die herlees van Verbode Drif, en wel die nuwe druk wat sopas deur Lapa uitgegee is. Elke emosie, elke vrees, elke probleem waarmee die karakters te kampe kry, word so oortuigend weergegee, dat ek as leser myself totaal in die storie verloor het, al was dit nie vir my nuut nie.
In die hart van die storie is natuurlik die verbode en klaarblyklike hopelose liefde tussen 'n Jood en 'n boeremeisie, maar daar is 'n rykdom aan geskiedenis en menseverhoudings, goed en sleg, wat die sentrale tema komplimenteer en aanvul. Verbittering en fisiese letsels van 'n pas afgelope oorlog, kleindorpse mentaliteit, vriendskappe, verwagtinge wat beskaam. Die onvoorwaardelike lojaliteit van Hansie-wat-starig-is, is een van die uitstaande sukseselemente van die storielyn.
Toe ek etlike jare gelede hierdie roman gelees het, het dit my mateloos beïndruk, welke gevoel nou opnuut bevestig is met die lees van die nuwe druk met die pragtigste buiteblad wat ek onlangs gesien het. Ek kan dit van harte aanbeveel vir enigeen wat hou van die skryfstyl van Irma Joubert, of iemand wat haar werk wil beproef sonder om met 'n uitgebreide reeks af te skop.
Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou ,glo hulle die verskille kom oorkom word. En Izak Katz. weet Elizabeth, maar altyd n plan. Hy, met sy lag, sy terg die sagtheid in sy oe........ baie geniet!
Hierdie storie het een van die mooiste eindes ooit in 'n boek. Verseker my gunsteling Irma Joubert. "Ek skryf in Afrikaans, want dis die taal waarin ek en jy lief het. En tog het hierdie taal sonder reëls ook grense, want my woorde kan nooit sê hoeveel ek na jou verlang en hoe lief ek jou het nie"
Kon die verlede so eng gewees het? Hoekom moes dinge so moeilik gemaak word as die lewe al klaar moeilik genoeg is. Die liefde ken geen grense nie. As jy lief is vir hom, is jy lief vir hom. Jood of nie Jood nie. Toe Elizabeth en Izak nog jonk en op skool was, het hulle nooit aan die toekoms gedink nie. Maar vinnig het Izak besef, hierdie meisie is syne, maar sy liefde kan nie ‘n werklikheid word nie. Selfs Elzabeth het later besef, hierdie Jood moet bestem wees vir hierdie boeremeisie. Maar die gemeentskap sal dit nooit toelaat nie. So maak die twee planne om bymekaar te wees maar tog ver van mekaar om tyd te wen om te sien of die gemeentskap tog hierdie liefde kan aanvaar tussen hierdie twee jong mense. Maar die lewe is nooit maklik nie. Elizabeth is toe later gedwing om alle bande met Izak te verbreek en nooit weer enige kontak met hom te hê nie. Maar wat van die liefde? Hierdie is ‘n ongewone kykie van wat in die geskiedenis gebeur het en van die lewe. Vreeslike lekker boek om op jou boekrak van geleesde boeke te hê.
*3.5 "O koud is die windjie en skraal. En blink in die dof-lig en kaal, So wyd as die Here se genade, Lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die eande, Versprei in die brande, Is die grassaad aan roere soos winkende hande.
O treurig die wysie op die ooseind se maat, Soos die lied van 'n meisie in haar liefde verlaat. In elk' grashalm se vou Blink 'n druppel van dou, Vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!" - Eugène Marais
Dit was was 'n baie mooi storie. Daar was ook dramatiese en hardseer dele. Die einde is half onverwags. 'n Mens kan amper nie dink dat hulle net vriende of, soos hulle dit stel, ''sake vernote'' kan wees nie. Hoekom hulle so vinnig oud word weet ek ook nie. Die laaste hoofstuk kon sy eie boek gewees het. Maar ek het nog steeds lekker gelees. Die historiese vertellings en hoe hulle goed in daardie tyd gedoen het was vir my baie intersant. Dit het my woordeskat ook uitgebrei.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Ek het die boek een Sondagaand 8h begin lees en hom eers 1h die oggend neer gesit - klaar. Ek kon nie genoeg kry nie!!!! Die einde was ook onvoorspelbaar want ek kon wraggies nie sien hoe die boeremeisie en haar boere Jood mekaar sou vind nie. Lekker ligte lees maar MOOI
Die einde was glad nie romanties vir my nie en die belofte voor die ma se dood was 'n stereotipe. Maar ek moet byvoeg, ek is nie nou in die luim vir romantiese verhale nie. En ek sien meeste lesers is gaande daaroor. Wat wel baie interessant is, is die uitbeelding van die Jode binne die Suid-Afrikaanse konteks en ook hoe verskillend die huwelikke van beide hoofkarakters se ouers uitgebeeld is. Dit sou interessant wees om meer van 'n insig te hê in hoekom die seun (Izak Katz) se ouers se huwelik soveel gelukkiger was.
This entire review has been hidden because of spoilers.