Die joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds ʼn hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is ʼn skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir ʼn jaar kinderhuis toe.
Om soos ʼn weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ʼn pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg.
Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met ʼn mes gesteek. Hy verloor byna sy been ná ʼn motorongeluk tydens ʼn besoek aan die oudrugbyspeler Mannetjies Roux se plaas.
Later vind hy ’n veilige hawe wanneer sy pad met dié van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die wêreld reis. Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning.
Ek wonder gereeld: kies die monsters in menslike gedaante en/of ander afskuwelikhede die kinders in wie hulle die potensiaal vir fyn kuns aanvoel as hulle slagoffers of ontwikkel daardie kinders juis ‘n uitsonderlike talent as gevolg van wat gebeur het? ‘Hoerkind – die memoires van ‘n randeier’ het my opnuut hieroor laat dink.
Die bekroonde joernalis en skrywer, Herman Lategan, is en was al heelwat dinge in sy lewe: uitsmyter by ‘n kroeg, dief van ‘n mikrogolfoond, bestuurder van ‘n roomyswinkel en vele meer, maar sy vroegste herinneringe is ‘n dooie wit kat; die wete dat hy ongewens was (‘Ek is ‘n hoerkind, ja. My ma wou my nie hê nie.’ – 12); beide ouers alkoholiste; op die brose ouderdom van 6 jaar na ‘n kinderhuis; ‘n stiefpa wat op hom skiet en sy kamerdeur met ‘n byl probeer oopkap en, later, op 13, die begin van sy jarelange verkragtings deur ‘n slinkse pedofiel. Alhoewel daar tye was wat hy die donkerte kon proe en die lug dodelik was (49) was daar ook goeie herinneringe: brood en swart koffie vir aandete – by kerslig en met musiek, en engele in menslike gedaantes, soos Ma Basson, Tannie Prins en Babs Laker.
Hierdie memoir bestaan uit 98 kort hoofstukke (1-6 bladsye elk) wat elkeen ‘n skets uit die skrywer se lewe is. Dis grootliks chronologies, alhoewel die skrywer toegee dat sommige vertellings nie lineêr is nie; trauma vertroebel die akkuraatheid van herinneringe; ‘…mettertyd herskryf mense seker maar hulle eie geskiedenis.’ (35)
Hy onthou die magtelose onvermoë om gebeure te verbaliseer, maar “Mettertyd het ek meer bewustelik met waarnemings omgegaan en woorde teen die stomheid gevind.’ (4) En hierin lê die betowering en impak van hierdie ongelooflike lewensverhaal: dis ware woordkuns, die weergee van lewensveranderende gebeurtenisse in woorde op papier wat tog daarin slaag om emosies volwaardig te beskryf. Binne die bestek van enkele paragrawe word ‘n warboel van emosies by die leser losgekryf; van die redenaarskompetisie wat tot ‘n skorsing gelei het (‘Min het hulle geweet ek gaan uit die kas klim en myself ook sommer ‘n kommunis noem…’ – 109); ‘n poging tot selfdood tydens verpligte diensplig wat as volg deur die weermag ‘beloon’ is: ‘Ek is deur die weermag aangekla van beskadiging van staatseiendom’ (109); selfspot en insig (‘Kyk ek daarop terug, besef ek watter gek ek van myself gemaak het. Dit doen ek steeds, lyk my ek leer nie maklik nie’ – 167) tot twyfelagtige prestasies soos om uit ‘n kliniek weggejaag te word (192) en pepersproei in ‘n fliekteater te spuit omdat iemand te hard kou (194). Tragi-komiese insidente tydens tydperke van alkohol- en dwelmmisbruik sorg vir ‘n glimlag deur die trane: die ironie van ‘n dwelmhandelaar wat in ‘n kerkkoor sing (199) en die goue Mercedes van ‘n hawelose wat ‘n oornagfooi van R50 gehad het – maar ‘Virginia Springett, toe 70 en die oudste prostituut in Seepunt, het my vertel sy slaap op die strand sedert sy deur vlooie in daardie goue Mercedes-Benz opgevreet is.’ (210)
Die skrywer se dilemma op bladsy 229 is met die skryf van hierdie lesersindruk myne ook: ‘’n Lewe wat nie eindig nie, stoei voort. Hoe eindig jy ‘n outobiografiese vertelling?’ Hoe sluit ek ‘n indruk oor ‘n boek wat my hart op sóveel maniere geraak het gepas af ? Dalk deur te volstaan met die woorde van die skrywer self: ‘ As daar ‘n doel met my verhaal móét wees, is dit dalk om lesers aan te moedig om hul eie broosheid te trotseer.’
In Hoerkind vertel Herman Lategan sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in 'n losieshuis in Kaapstad verwek - buite die eg. Van jongs af het hy soos 'n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee. Op 13 beland hy in die kloue van 'n geslepe pedofiel, 'n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Ná skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met 'n “smorgasbord van eendagsvlinders” kattemaai. Terug in Suid-Afrika maak Herman opgang as joernalis wat na die wydste hoeke van die wêreld reis. As volwassene voer hy 'n stryd met drank en dwelms en is 'n ruk lank haweloos. En vir menige werkgewer word hy die nagmerrie wat hulle die ergste vrees. Hoerkind is 'n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart 'n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van 'n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is.
It is beautifully written book. Herman Lategan is an absolute magician with words. I had trouble putting the book down and read it within a week! I quite enjoyed that the chapters are short, about a page / just over a page long each. This definitely made me read it a lot faster. Each chapter ends on a cliffhanger, and you just know that something terrible is about to happen, although you do hope for the best and some good news.
Just love a good Afrikaans book, it’s such a beautifully expressive language, and Herman is an incredibly talented writer. For years he only wrote in English, very grateful that he is writing in Afrikaans again.
What a sad sad upbringing, no actually, his early days sounds pretty idyllic; surrounded by interesting colourful characters and a hippie mother. It is when he gets dropped off at the orphanage that things take a turn. So many sad things that he has had to face and cope with. A very poignant reflexion on his life. With everything that he went through he manages to still have a marvellous sense of humour.
It’s frustrating / mind boggling how a blind eye was turned to paedophilia, especially in the 1970’s / 80’s in South Africa, (actually even earlier than that if I think of Mark Behr’s book, Smell of Apples).
The only criticism that I have is that there is a lot of name dropping. But, I do also understand and appreciate that this is part of who he is and what has made him.
Van die begin van sy lewe af, het Herman Lategan se lewe wipplank gery tussen die koestering van geliefdes en verwerping. Hoe vreeslik moet dit wees, nie soseer om gediagnoseer te word as bipolêr nie, maar jou hele lewe, verhoudings en ervarings word ook gekenmerk deur hierdie uiterstes. Hierdie sensitiewe, brose mens is blootgestel aan uiterste verwerping en emosionele mishandeling. Tog onthou hy dat sy ma Ria baie liefdevol was teenoor hom as jong kind. Sy het ook nie patriargie en die politiek van die dag aangehang nie
Op ʼn manier was die jong Ria die mens wat ek graag wou wees toe ek jonk was, maar met die wysheid van nabetragting dankbaar is ek is nié.
Hierdie boek is vir almal wat met deernis kan kyk na die randfigure, maar ook vir dié wat nie die moed het om hulle eie oortuigings uit te leef nie, maar tog deur ander se onversadigbare lus vir lewe, kuns en kultuur wil meelewe. Jy proe die Franse sjampanje, kaviaar en krap, maar jy ruik ook die morsige hole by die dokke en voel hoe hard ʼn parkbank slaap..
Herman Lategan vertel sy ongelooflik lewensverhaal brutaal reguit en eerlik, dikwels in intieme detail wat die leser amper skaam voyeuristies laat voel; half versigtig om verder te lees. Maar neersit kan jy die boek nie. Dit sny diep en ontbloot beide Herman én die gemeenskap daar buite vir wat hulle (ons?) is. Die skade wat onge-ergde ouers en 'n slinkse, jags pedofiel soos Coenie Slabber aan die jong, broos en onsekere seun aangerig het is verbysterend. Om daaruit op te staan en aan te beweeg as 'n gay man in 'n harde, veroordelende wêreld, is pure besieling. Herman, jy het hierdie ouer man diep geraak en geïnspireer.
Great interesting autobiographical read of a 360 life lived “well”! A book of poverty and wealth. A book of loss and living on the edge. A kind look at the underdog in life. It is a huge page turner with regards name-dropping, and anecdotes and tit-bits of well-known people in South Africa, but also international. There is even an index of all the events, places and names mentioned in the book. Herman Lateran, it’s a rich life of memories you have collected, making us feel like the outsiders. I could not stop reading. Well done!
Nie vir sensitive lesers nie. Moet nie hierdie boek lees as jy nie reeds vrede gemaak het met die demone van jou eie kinderdae nie. Herman Lategan donder een na die ander die geraamtes uit die kas uit, en as jy nie oppas nie, gryp hy dalk een van joune. Die middel van die boek het effens vervelig geraak. Steeds is Hoerkind n aangrypende boek oor n merkwerdige lewe. Ek het dit hartverskeurend en tog inspirerend gevind.