Jump to ratings and reviews
Rate this book

Theseus

Rate this book
Hy is sterk en slim.
Hy is reg vir avontuur.
Hy hou nie van boelies nie.
Hy is 'n seun wat sonder 'n pa grootgeword het.
Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.
Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.
Theseus is 'n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder 'n pa grootgeword maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik 'n koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa se hart sag te maak, is om 'n paar sandale en swaard wat onder 'n reuseklip versteek is vir sy pa te vat. Sy pa soek 'n seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet 'n klomp boewe verslaan en uiteindelik raak hy beroemd vir sy krag en goeie dade.

Theseus is 'n moderne hervertelling van 'n ou klassieke verhaal, soortgelyk aan Perseus, wat in Junie 2021 verskyn het.

80 pages, Paperback

Published August 1, 2022

About the author

Maritha Snyman

34 books2 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
1 (100%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,496 reviews85 followers
August 12, 2022
#Theseus – Maritha Snyman
#Lapa
Vir liefhebbers van die Griekse mitologie is Theseus sinoniem met die verslaan van die Minotourus in die labirint in Kreta. Minder lesers is bekend met die vroeëre avonture wat aan hom toegedig word: sy gevegte met en oorwinnings oor Pheriphetes, die een-oog rower; Sinus, ontwerper van die katapult; Phaia se moorddadige vark; Skiron, die klip-pakker met die mensvreter-skilpad; Kerkuoon, die stoeier; die reus Prokrustes, eienaar van die berugte bed, en die bul van Marathon. In hierdie boek vir jong lesers, geïllustreer deur Cristy Zinn, word die eeue-oue verhale in toeganklike taal aan ‘n nuwe geslag lesers oorvertel.

Die boek is voorafgegaan deur ‘Perseus’ deur dieselfde skrywer, en dis heerlik om te sien hoe die klassieke skatte lewend gehou word deur ‘n vars, moderne aanslag. Ek hoop om nog toevoegings tot die reeks te sien; ‘n volledige reeks oorvertellings van die mitologiese verhale sal ‘n wonderlike versamelstuk uitmaak.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
LAPA Uitgewers
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.