Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vleisfees op Karibib

Rate this book
Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe allesbehalwe ’n fees. Sy het ’n man se loopbaan verongeluk – ’n man vir wie sy omgee ook nog Erika Schultz, die Herero-vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie. En toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie, het pas ’n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word ’n proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos geherevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat ’n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie. Want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

304 pages, Paperback

Published October 1, 2022

4 people are currently reading
10 people want to read

About the author

Isa Konrad

8 books21 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (40%)
4 stars
19 (43%)
3 stars
7 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,496 reviews85 followers
August 23, 2022
VleisfeesopKaribib – Isa Konrad
#Lapa

‘Vleisfees op Karibib’ is die derde in die Karibib-reeks en is voorafgegaan deur ‘Moord op Karibib’ en ‘Doodsake op Karibib’. Daar word uit verskeie oorde na die drieluik verwys as ‘cozy mysteries’; ‘n subgenre van misdaadfiksie, met tonele wat geweld en seksuele aktiwiteite insluit slegs as agtergrondmusiek. Die roman speel teen die agtergrond van ‘n klein, intieme gemeenskap af en die ondersoekers is dikwels amateurs wat die amptelike ondersoekers bystaan. Die boosdoeners is nie reeksmoordenaars of psigopate nie; pleeg die moord(e) met wraak, gierigheid of jaloesie as motief en word sonder geweld in hegtenis geneem. Die ondersteunende karakters word dikwels komies uitgebeeld; moorde word nie op grusame wyses gepleeg nie en wonde en beserings word nie grafies beskryf nie. Een van die subkarakters is ook gewoonlik iemand met intieme kennis van die gemeenskap, overgesetsynde: ‘n kleindorpse skinderbek. Of twee: ‘Hy herken Nicolette Grobbelaar van die bank. Sy klik altyd haar tong vir ‘n mens wanneer jy jou saldo by haar nagaan. So asof jou saldo jou skande is.’ (83) en ‘...maak hy dubbel seker dat (sy) nie dalk deur osmose aan ‘n skinderstorie kom nie.’ (200)

‘Vleisfees op Karibib’ voldoen aan al hierdie vereistes: tydens die Vleisfees sterf ‘n befaamde sanger uit Duitsland dramaties tydens die opening van ‘n vertoning; eintlik meer as dramaties; die toneel is amusant, eerder as grieselrig: ‘Hulle sit seker ‘n volle minuut voordat ‘n bloedstollende gejodel agter die gordyne losbars. Dit klink soos The sound of music se eensame bokwagter op Ecstacy.’ (33) Alet is in die gehoor en derhalwe ‘n getuie wat oudergewoonte weer die baadjie van ‘n ondersoeker aantrek wanneer dit duidelik word dat die sanger vermoor is. Waar daar gewoonlik gespartel word om ‘n verdagte te identifiseer, kom meld die verdagtes hierdie keer sommer self aan; elkeen oortuig dat hy/sy die nare skepsel vermoor het. Die uitdaging vir Alet, Con en die leser is om vas te stel wie hom inderdaad vermoor het en, meer nog, hoe hy vermoor is en wat die ongewone erm... toestand van sy lyk veroorsaak het: ‘Geseënd is die man wat sy einde met ‘n laaste knal van potensie tegemoetgaan...’ (40)

Die roman word gekenmerk deur fyn humor (‘Snaaks hoe mens jou oor ‘n mik kan eet as jy die dag nie lus is vir jouself nie.’ – 102), kleurryke karakters (‘So staan sy klaar met haar vriendelikheid in haar hand.’ - 117; ‘...so stil sit sy daar. ‘n Vaal vrou, sonder om gemeen te wees.’ – 127 en ‘Die ma... is weer ‘n skeetlike entjie mens. ‘n Sieke vasgevang in die liggaam van ‘n gesonde.’ - 196); wonderlike beskrywings van die omgewing en keurige taal: ‘Deurstuiter’ (74) en ‘Twee vroue, so verskillend soos die maan en die son, wat ‘n dans op die maat van musiek wat nie een van hulle vantevore gehoor het nie, met mekaar dans.’ (297)

‘n Enkele tegniese blaps op bladsy 10 (daar word ‘n dagvaarding vir ‘n getuie se bywoning uitgereik; nie ‘n lasbrief nie) doen geensins afbreuk aan die feit dat hierdie loshande een van die beste ‘cozy mysteries’ is wat ek al ooit in Afrikaans gelees het nie. Dis heerlike, ontspannende leesstof selfs vir lesers wat normaalweg van raaisel- en speurromans wegskram.
#uitdieperdsebek *****
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
515 reviews29 followers
January 4, 2023
Nope, ek het nie geweer Karibib is 'n regte plek nie. Nope, ek het nie gedink ek sal die Karibib trilogie so geniet nie! Dit was nou lekker lees met eg-menslike karakters met geite en goeters en bagasie waarmee jy maklik kan identifiseer. Gooi n paar moorde en tone-krul romanse in ek is 'n vis aan 'n hoek!
Sal bly wees as ons weer by Karibib se stofstrate en kleurvolle mense kan gaan kuier.
❄❄❄❄❄ van my kant af.
Profile Image for Amanda.
1,159 reviews
August 27, 2022
Om die regte boek op die regte tyd te lees, verhoog die leesgenot mateloos. Presies hoe ek gevoel het toe ek vandeesweek Vleisfees op Karibib opgetel het terwyl ek heel olik was. Hierdie derde boek oor die wel en weë van Con Dorfling, Alet Snyman en die ander kleurvolle karakters van Karibib, sleur die leser mee vanaf die eerste bladsy. 'n Dokter se wagkamer is 'n somber plek, maar daar sit ek en slaag nie regtig daarin om 'n sedige gesig te behou terwyl ek my verkneukel aan die humor wat sommer van meets af aan, deurslaan nie. Blyk toe enduit 'n leesfees van formaat te wees.

Die skrywer slaag, soos in die vorige twee boeke, weer uitstekend daarin om die leser deel te maak van die aksie op die dorp en die omgewing, sonder om haarself skuldig te maak aan onnodige beskrywings, anders as byna terloopse mededelings, soos Con se opmerking oor die Von Bülow-huis: "Eichhoff het die ou plek omtrént voortreflik vermink." (p.83). So goed as wat die milieu aangebied word, net so briljant word die karakters uitgebou tot herkenbare identiteite met stryd, komplekse, verskuilde agendas en volop geheime wat hulle van mekaar weerhou.

Die moordondersoek loop parallel met die sukkelende verhouding tussen Con en Alet, met 'n suksesvolle afloop op beide vlakke. Die tafel is beslis gedek vir nóg intrige in die klein Namibiese dorpie, terwyl dit dan nou blyk dat Con tog nie gaan bedank uit die polisie nie, en Alet en Erika tot 'n vergelyk gekom het oor die koffie wat sterk loop in die Von Bülow-huis.

Ek is beslis 'n aanhanger van hierdie tipe "cozy mysteries", die skryfstyl wat Isa Konrad deeglik bemeester het. Dit boei, dit daag jou emosies uit en jy probeer die skuldige uitsnuffel, sonder om aan grusame detail blootgestel te word. En die romanse bly nie uit nie: "... Con Dorfling was nooit 'n vreemdeling vir haar nie. Hy was altyd iewers in haar hart, die een na wie sy gesmag het." (p.303)
Profile Image for Salomé Kotzé.
227 reviews8 followers
February 8, 2023
Dit was nou ‘n lekkerlees-moordstorie met ‘n goeie skeut humor en net genoeg onderliggende spanning tussen die held en heldin om jou nie naar te maak nie.
Vleisfees op Karibib (2022) was my eerste kennismaking met Alet Snyman en Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie. Dit is die derde boek wat op die Namibiese dorpie afspeel en soos ek aflei is daar elke keer ‘n moordraaisel by betrokke. Die vorige twee boeke is Moord op Karibib (2016) en Doodsake op Karibib (2018).
Nou is Alet geskei en het sy teruggekeer na Karibib om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe alles behalwe 'n fees. Toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning. Dit laat die oë rek, want blykbaar volg moord en dood haar. Die tonge is natuurlik ook los oor die "toestand'' van die lyk.
Inspekteur Dorfling het pas 'n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Sy vonnis is nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat 'n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom.
Jy kom gou agter van die onderliggende seksuele spanning tussen die twee hoofkarakters. Die hele boek gaan oor die moordondersoek en soos die verdagtes uitgeskakel word, begin die leser wonder of dit nie maar dalk net ‘n ongeluk was nie, want wraggieswaar so kan dit nie aangaan nie. Tog hou die boek jou geboei en die heen-en-weer tussen Alet en Con bereik einde op laaste ‘n klimaks. Natuurlik met die regte skuldige agter tralies.
Ek het besef ek lees te min van Isa Konrad se boeke. Sy is beslis ‘n woordkunstenaar wat die leser aan die raai hou. As jy van spanningsverhale en moordraaisels hou, is ‘n Isa Konrak boek altyd ‘n wenner.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books48 followers
September 17, 2022
Ek het hierdie boek in steeltydjies tydens 'n reis gelees, wanneer die aandagspan nie altyd van die beste was nie - en dit het my so geboei dat ek dit nie kon uitlos nie. Aanvanklik het die nuwe voorblaaie van hierdie een en sy voorganger, Doodsake op Karibib, vir my ook vreemd kinderlik voorgekom, maar toe ek eers oor "cozies" begin lees en daarna die boek lees, het ek besef dis eintlik perfek. Ek het ook besef ek is die perfekte "cozy"-leser - m.a.w. ek hou van speurstories sonder 'n oormaat bloed en derms.
Bowenal is ek egter 'n liefhebber van die liefdesverhaal - en dis Con en Alet se storie wat my hier ook die grootste genot gegee het. Isa Konrad moet 'n kenner van die mansgeslag wees om vir Con se meesterlik uit te beeld - 'n lieflike held, maar baie ver van perfek af. Ek hoop Con gaan nog lank met ons wees!
Haar tekening van Alet as 'n vrou wat uit 'n abusive huwelik gestap het, met al die smart en skaamte wat dit behels, het my ook diep aangeraak. Ek aanvaar Alet is nog 'n bietjie broos en glo sy sal in die volgende boeke haar man (vrou?) sommer nog beter leer staan en vir Con al sy dae gee!

33 reviews
September 28, 2025
Ek hou van haar skryfstyl en haar gebruik van Afrikaans - baie mooi Afrikaans, met woordgebruik wat ek lanklaas van gehoor het. Mens kan ook Karibib onomwonde sien deur haar skrywe. Ek het so bietjie gesukkel deur die eerste 40 bladsye maar toe begin sy my bind. Bietjie soetsappig vir my op tye en die storielyn so bietjie te dun vir die mooiheid van die skrywe. Maar ek het dit baie geniet en gee hom `n goeie 8/10
Profile Image for Carolien.
1,075 reviews139 followers
January 25, 2025
Alet Snyman is terug in Karibib om haarself permanent op die dorp te vestig. Dis die Vleisfees en die dorp is vol besoekers op soek na braaivleis en plesier. Dan sterf die hoofkunstenaar by die fees-konsert op drmatiese wyse voor die gehoor, Alet inkluis en Con Dorfling moet al weer 'n moord ondersoek. Ek het elke aflwering in hierdie trilogie baie geniet.
5 reviews
August 10, 2025
I loved the whole Karibib series! This last one was also brilliant. I just love the two main characters.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.