Jump to ratings and reviews
Rate this book

Polsslag

Rate this book
Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses.

Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi is ’n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.

’n Meesleurende spanningsroman deur Marie Lotz, die skrywer van Roofdier.

336 pages, Paperback

Published June 1, 2022

45 people are currently reading
51 people want to read

About the author

Marie Lotz

5 books17 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
92 (56%)
4 stars
48 (29%)
3 stars
20 (12%)
2 stars
1 (<1%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,237 reviews7 followers
December 29, 2022
3.5 stars

Die storie se tempo het beslis my polslag laat opgaan en as n geheel het ek die storielyn baie geniet. Marie Lotz het definitief talent en ek gaan vir seker meer van haar boeke lees.

Daar was n paar klein goedjies wat my verhoed het om dit n 4 ster te gee:

* Ek vermoed hierdie is die 2de boek in n reeks (alhoewel dit nerens in die beskrywing dit noem nie) want daar is voorafgaande stories wat mens beter sal verstaan as jy agtergrond kennis het
* Alek Strauss se "verslawing" was ongeloofwaardig

Maar al het n paar goed gekrap, was dit steeds n lekker lees speurverhaal wat ek kan aabeveel.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
July 1, 2022
#polsslag – Marie Lotz
#humanenrousseau

‘Sometimes, all you have to do is shift your perspective to see someone else’s truth’ (278)

Drie moorde. Elkeen van die slagoffers se lyke is in afgeleë bouvalle gevind; elkeen was die slagoffer van ‘n amputasie; elkeen het om 3:00 gesterf en bokant elkeen is ‘n slagspreuk in hulle eie bloed teen die muur geverf. Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, die hoofkarakter in hierdie roman se voorganger, ‘Roofdier’, en sy span word met die ondersoek getaak.

Soos die geval was met ‘Roofdier’, is hierdie roman deurspek van deeglik nagevorste tegniese detail; ek wil myself verstout om te sê dat dit die eerste fiksie-werk is waarin na wetgewing só volledig verwys word: ‘Die FSO word bestuur ingevolge die Wet op Nasionale Vervolgingsgesag, no. 32 van 1998.’ (13) Die ruimte word eweneens deeglik beskryf; selfs lesers wat nie met die omgewing bekend is nie, sal moeiteloos die beelde kan vorm.

Daar is egter drie aspekte wat afwyk van die tegnieke wat in ‘Roofdier’ gevolg was. Eerstens is die tydlyn wisselend; die openingstoneel in die proloog (7) is ‘n verwysing na ‘n toneel waarby die leser eers later in die roman weer aansluit (218-222 ); ondertussen volg die roman twee afsonderlike tydslyne; die huidige (Maart) en vier maande vroeër (November). Die tegniek werk uitstekend en dra by tot die opbou van die spanning by die leser.

Tweedens is die leser reeds vroeg in die roman bekend met die identiteit van die moordenaar, maar nie met die motief nie. Die leunstoelspeurder word dus steeds getaak met die ontrafeling van die motief en is as’t ware ‘n voyeur wat die amptelike ondersoek betref. Subtiele leidrade aangaande die motief is wel in die teks te vind, maar daar is van voorspelbaarheid en verveling geen sprake nie.

Derdens is die karakters, wat in ‘Roofdier’ meestal klinies en formeel uitgebeeld was, in ‘Polsslag’ baie meer realisties. Daar word duidelik onderskeid getref tussen karakters se spreektaal; dit wissel van streng taalkundig korrek, bykans oudmodies, tot by die hedendaagse spreektaal: ‘Shame, Captain, jy wil seker gaan shower… Darem kan ons sien jy’t gewerk.’ (34) Die menslikheid en weerloosheid van karakters, beide oud en nuut, geniet insgelyks groter fokus: ‘Mamma, ons het ‘n storie gekyk oor wille besems.’ (wildebeeste – bladsy 117) en ‘Ek hoop jy het eendag self ‘n dogter. Want eers dan sal jy verstaan. Dit word nooit makliker om jou kind se trane te sien nie, al is sy ‘n volwasse vrou.’ (200)

Tydens die lees van ‘Roofdier’ het Alek Strauss my sterk aan Rudie van Rensburg se Carl Bester herinner. In hierdie roman ontwikkel hy egter as volwaardige karakter en vervaag die ooreenkomste met Bester aansienlik.
Twee tegniese foute het wel opgeval: Strauss sê in sy gedagtes dat ‘n slagoffer haar laaste asem uitgeblaas het op ‘n toneel wat hy reeds weet bloot ‘n sekondêre toneel is (bladsy 17 versus bladsy 23) en geen regter sal ‘n kantoor by ‘n landdroshof beman nie (243). Dit doen egter nie afbreuk aan die feit dat hierdie ‘n uitstaande spanningsroman is nie en die ontwikkeling van die skrywer sedert ‘Roofdier’ as debuut en ‘Polsslag’ as opvolger, is merkwaardig. Die roman is boeiend, spannend en die ontknoping maak op vir die realisme wat by ‘Roofdier’ gedeeltelik ontbreek het.

Lesers wat spanning- en speurverhale geniet, kan gerus hierdie een nader trek.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
NB-Uitgewers/Publishers
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
July 18, 2022
Was awesome. Kan nie wag vir dir volgende een nie
Profile Image for Cecilia.
130 reviews15 followers
July 11, 2022
Sjoe! Kon hierdie een nie neersit nie.
Profile Image for adeflamingh.
10 reviews
March 25, 2023
Die is 'n baie spannende en aangrypende boek! Ek het die kwaliteit Afrikaans ook verskriklik geniet. Ek gaan nou dadelik nog 'n Marie Lotz boek koop - wat 'n fantastiese skrywer!
Profile Image for Susanna.
257 reviews7 followers
October 19, 2025
Drie moorde, almal 03:00 in die oggend, almal met skrifte geskryf in die slagoffer se bloed, al drie met duur juwele wat nie verwyder is nie. Niemand anders as die FSO sal hierdie gemors kan oplos nie. Ten spite van publieke misdaadtonele en klomp leidrade, is hierdie moordenaar slim, gewetenloos en uitgeslape.

Alek Strauss en sy span moet vining jaag want hoe langer hulle vat om die kroek vas te vang, hoe meer misdaadtonele is daar om te ondersoek. Maar vertroue vervaag, getuies onthou anders, leidrade lyk teenstrydig, en die moeilikheid lê nie net in wie die skuldige is nie, maar wie jy kan glo.
Tussen die kolleges van die FSO en die stylvolle glans van ’n juweliers-galery – waar die elite vier en flous – vind Alek homself nie net in ’n jag na feite nie, maar ook in ’n oorlog met sy eie verlede met vergete verpligtinge, ongemaakte verhoudings en die weet dat geregtigheid ’n prys het.

My indruk: In hierdie boek weet jy wie die skuldige is van die begin af, maar oor hoekom die skirminkel hierdie mense vermoor, moet jy maar aanhou lees. Ek sien uit na die volgende Alek Strauss boek – beslis baie spannend en ‘n kan-nie-boek-neersit-nie-tipe boek.
Profile Image for Dirk Roets.
25 reviews
February 19, 2023
Maak seker jy lees Roofdier voor Polsslag. Daar is heelwat verwysings na konteks wat veel meer sin maak as jy klaar Roofdier gelees het. Het die een baie geniet. Laaste helfde van die boek gelees sonder om dit neer te sit 😅
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
February 18, 2025
dit is nie die genre wat ek graag lees nie, maar ek lees dit so dan en wan.

ek het meer van die eerste boek in die reeks gehou, maar ek het dit nog steeds geniet. ek gaan definitief die ander lees.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.