Jump to ratings and reviews
Rate this book

Liewer as lief

Rate this book
Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan. Anika sukkel om ʼn balans te vind tussen haar nuwe werk en haar gevoelens vir Hugo. Wat sy nie besef nie, is dat daar veel meer in die familiebesigheid skuil. Hugo is nie wie hy sê hy is nie, en Ivan is nie die vriend wat sy gedink het sy ken nie. Boonop is daar ʼn ondersoek na bedrog geloods en Anika is die hoofverdagte. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie?

163 pages, Kindle Edition

Published August 1, 2022

3 people are currently reading
7 people want to read

About the author

Zinèt Oosthuizen

29 books3 followers
Zinèt Oosthuizen het reeds op ʼn jong ouderdom die betowerende wêreld van verhale ontdek en terwyl sy ʼn passie vir lees en skryf het, bestee sy die meeste van haar tyd aan finansiële bestuur.
In haar vrye tyd geniet sy die eenvoudige dinge van die lewe, en wanneer sy saam met haar familie ʼn welverdiende vakansie neem, is daar altyd ʼn paar romantiese liefdesverhale versteek in haar tas. Lees en skryf laat haar toe om te ontsnap van die haastige wêreld daarbuite, en sy vind vreugde daarin om deur die bladsye van verhale te dwaal.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (47%)
4 stars
4 (23%)
3 stars
3 (17%)
2 stars
1 (5%)
1 star
1 (5%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 13 books48 followers
December 14, 2024
Ek was heeltyd in afwagting op iets wat verkeerd kan gaan, en toe ontplof die ondenkbare in my gesig. Toe lees ek, mens, teen die spoed van lig. Baie geluk, Zinet, met nog 'n pragtige romanse.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
August 17, 2022
Skrywer, Zinét Oosthuizen, span die beproefde tema in van: heldin ontmoet die held, maar weet nie wie hy werklik is nie. Sy red die leser van verveling deur heelparty kinkels in die storielyn in te bou, selfs bedrog, blatante agterbaksheid en disrespek vir ouers. In die proses lewer die skrywer 'n romanse wat beslis die aandag boei.

Met Hugo, wat die suksesvolle verhuringsreus, 'n familiebesigheid, bestuur, het ek nogal simpatie gehad. Hy is skielik heeltemal uit sy vaarwater wanneer die pragtige Anika aangestel word in die finansiële afdeling. Skielik bestaan sy lewe nie meer bloot uit werk en nogmaals werk nie, want hierdie vrou oorheers sy gedagtes. Hulle ontluikende verhouding beleef egter vele spoedwalle en syspore. Soveel so, dat ek dankbaar was vir die wete dat alles uiteindelik reg gaan uitwerk, want daar was oomblikke wat ek wou boos raak vir die man se kortsigtigheid!

Met die beperkte woordtelling van die romanse in ag genome, het die skrywer goed daarin geslaag om 'n hele klomp karakters, goed en sleg, deeglik uit te bou. Ek het groot misnoë ontwikkel vir Ivan, vir Rachel gewantrou en versot geraak op pa Ernst. Sou dit dus beskou as 'n suksesvolle Romanza.

101 reviews3 followers
December 31, 2024
Liewer as lief – Zinet Oosthuizen. Misverstande en leuens kan jou skuldig laat lyk. Anika en Hugo is die perfekte paartjie.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.