Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die duiwel maak my hart so seer (Ludo Labuschagne Book 1)

Rate this book
Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie! Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

379 pages, Kindle Edition

Published February 1, 2021

3 people are currently reading
12 people want to read

About the author

François Bloemhof

97 books24 followers
François Bloemhof is in die 1960's in die Paarl gebore. Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman "Die nag het net een oog". Sy volgende drie boeke was almal op 'n manier spanningsverhale, voor moeilik klassifiseerbare tekste soos "Storieboek", "Hostis" en "Klipgooi".

Omdat jonger lesers van sy boeke gehou het, het hy ook spesifiek vir hulle begin skryf, met soveel sukses dat hy 'n ruk lank net daarop gekonsentreer het. Hy het gou 'n klomp ATKV-Veertjies ('n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) op sy rak gehad, asook pryse vir die tienermark, insluitend vir "Slinger-slinger" en "Nie vir kinders nie" (in Tafelberg en Sanlam se Jeuglektuurwedstryd) en "Stad aan die einde van die wêreld" (in die Maskew Miller Longman Literêre Kompetisie).

Nadat hy vyf jaar lank nie vir die volwasse mark iets gelewer het nie, het Bloemhof teruggekeer na die genre waarmee hy begin het met "Spinnerak", met Alma van der Pool as die heel eerste vrouespeurder in Afrikaanse fiksie. Sy maak weer so in "Jagseisoen" (2007).

Met verwysing na wat Alfred Hitchcock eenmaal gesê het, het Bloemhof al opgemerk: "Party mense skryf 'slices of life'. Ek het nog altyd 'slices of cake' verkies."

-----------------------------------------------------------------

François Bloemhof was born in the 1960s in Paarl. He made his debut on the South African literary scene in 1991 by winning the De Kat prize for his novel "Die nag het net een oog". His next three books were all thrillers of some sort, before he published largely unclassifiable works like "Storieboek", "Hostis" and "Klipgooi".

Because younger readers liked his books, he began to also write specifically for them, with such success that he became sidetracked for a while. He soon had a host of ATKV-Veertjies (a competition in which young readers select the winning books themselves) as well as prizes for the teenage market, including for "Slinger-slinger" and "Nie vir kinders nie" (in the Tafelberg/Sanlam Youth Literature Competition) and "Stad aan die einde van die wêreld" (in the Maskew Miller Longman Literary Competition).

After a five-year layoff from the adult fiction market, Bloemhof returned to the genre in which he started with "Spinnerak", featuring Alma van der Pool, the first ever female detective in Afrikaans fiction. She returned in "Jagseisoen" (2007).

With reference to a one-time comment by Alfred Hitchcock, Bloemhof has remarked: "Some people write slices of life. I've always preferred slices of cake."

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (4%)
4 stars
9 (39%)
3 stars
10 (43%)
2 stars
3 (13%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,245 reviews7 followers
April 28, 2023
2.5 sterre

Die storie het baie goed begin, met oor as genoeg 80s nostalgie om my te oortuig hierdie gaan n lekker lees wees met n hoof karakter wat nie jou gewone “whodunit” hoofspeler is nie

Maar my leesgenot het al hoe meer louwarm geraak hoe verder ek gelees het.

Die skrywer het blykbaar ook baie van die 80s gehou want hy het so bietjie oorboord gegaan met die verwysings. Dit het so woes gegaan dat die storie versmoor was onder al die liedjie lerieke en advertensie slogans, wat onnatuurlik ingeforseer is.

Die storie self was ook bietjie van n cheesy oorbehepte affere wat die mense in karikatuure verander het.

Die boek het vining gelees maar dis ongelukkig nie my smaak nie.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,506 reviews87 followers
February 26, 2021
#dieduiwelmaakmyhartsoseer - Francois Bloemhof
#Lapa

Dis Januarie 1981. Ludo Labuschagne is ‘n jong man, ietwat van ‘n bleeksiel-losbol en ‘n bedorwe brokkie: hy hoef nie te werk nie, so hy doen nie. Hy woon saam met sy ma en hulle huishulp, Felicity, in ‘n Kaapse voorstad. Sy pa het reeds jare gelede die pad gevat en sedertdien is dit net hulle drie. En Hentie, sy beste vriend vanaf skooldae. Wat toe Hendrik was – maar nou is hy Hentie. En Yolanda. Altyd Yolanda. Dis ook by Yolanda wat hy hoor van die vreemde rampe wat die arme Van Biljons heeltyd tref: van gebreekte vensters tot ‘n hond wat vergiftig is. En ‘n kat wat wegraak. Maar ‘n kind is ook dood; dit blyk dat die duiwel regtig los is in daardie gesin. Ludo het nog altyd geglo hy dink anders as ander mense, so wie is beter toegerus as hy om die tragiese gesin se raaiselagtige rampe te probeer oplos? Daar is net een probleem: hy is nie ‘n speurder nie. Hy het nie eers ‘n werk nie; sy laaste poging tot werk as kelner, het nie ‘n vrolike einde gehad nie. Maar Ludo het sy brein – en dit gaan hy inspan.

Die leser besef gou dat Ludo nie die dapperste held is nie; hy is nie vreeslik betroubaar nie, geneig tot verbeeldingsvlugte, word deur ander mense as ‘vreemd’ervaar, is beslis eksentriek en dra steeds swaar aan die trauma van die vermiste pa-figuur. Die ou liedjie “Toy train”is vir hom lewenslank simbolies van sy pa se weggaan. Sy ouderdom word nie pertinent genoem nie, maar hy was in 1963 in die destydse Sub A, wat hom dus in sy vroeë twintigs plaas in die openingstonele van die roman, in Januarie 1981.

Die speurder as anti-held het ‘n baie lang geskiedenis. Agatha Christie se Ms Marple is ‘n klassieke voorbeeld. Daar was geen moderne tegnologie (geslotebaan-televisiekameras, DNS-ontledings, selfone, rekenaars of die internet) nie; ook nie dramatiese ontploffings, woeste jaagtogte met vinnige motors of ‘n gespierde held wat alles fisies kan reg timmer nie; net breinkrag. Die patroon was dus normaalweg dat die leidrade deurentyd subtiel aan die leser ook verskaf word, soos wat dit aan die ondersoeker bekend word. Dit was die gewilde “whodunit”, in Ludo se geval “Wiedoenit#1”.

Hierdie roman breek in verskeie opsigte weg van die stereotipe spanningsromans in Afrikaans. Eerstens beteken die tydperk waarin dit afspeel dat verskeie moderne voorregte nog geheel en al ontbreek het: karakters is afhanklik van openbare telefoonhokkies en landlyne, daar is geen selfone nie. Mense is ook meer vertrouend en misdaad is minder algemeen. Die internet bestaan nie en moderne uitgerekte ondersoekprosedures word nie gevolg nie. Tweedens maak die skrywer (spesifiek in die voorwoord, wat self baie interessante en vermaaklike leestof is) onderskeid tussen ‘n spanningsroman en ‘n speur- of raaiselroman. Hierdie is laasgenoemde: die fokus is deurentyd op die raaiselelement eerder as op spanning. Die stylaanslag pas baie goed hierby aan: die eerste person narratief (met Ludo as verteller) word afgewissel met ander fokalisators, wat ‘n baie breër perspektief aan die leser as leunstoelspeurder verskaf.

Die atmosfeer en agtergrond van die vroeë tagtigs word oortuigend geskets en ingekleur deur die aanhaling van liriekfragmente (The tide is high, Super trouper); verwysings na boeke (The name of the rose) en flieks (Halloween); kos (die gewilde Kentucky bucket); klassieke advertensies (‘Lexington; thaaaaat’s the one !”) en TV-programme (Hart to Hart, The new avengers). Elke hoofstuk dek ‘n paar dae in die maand Januarie 1981 en foto’s van swart en wit legkaarstukkies wat bekende tonele, karakters en voorwerpe van die tydperk aandui, open elke nuwe hoofstuk.

Anders as by die meerderheid van modern spanningverhale, is daar ‘n baie sterk humor-element in hierdie roman. Die ironie, sarkasme, metafore en vergelykings was uiters vermaaklik. My gunstelingtoneel is ongetwyfeld die kroeggeveg in die Goodwood-Hotel. “Daar stap ‘n ou by die kroeg in….’n Cowboy op soek na ‘n gunfight.” Sy meeloper word beskryf as “Met ‘n onvergenoegde, geniepsige mondjie wat jou laat vermoed hy het nie aan sy ma gedrink nie, maar geknaag.” En Ludo self :Op sulke tye moet mens jou bek hou. Veral as dit ‘n bek is wat jou al vantevore in Kakstraat laat beland het…… in my kop….. is daar ‘n klomp klein mensies met botsende persoonlikhede wat elke af en toe die stuurstang gryp. Nou is dit die onverskrokke kryger se beurt.” Dit eindig natuurlik sleg: “Ka-dwarra. Toe net swart.” En, daarna, “Voel of ek al my asem vir die dag opgebruik het en reeds met more s’n besig is.” Selfs die bibliografie/erkennings is met sterk amusante ondertone geskryf.

Die roman is egter nie ligsinnig nie. Een van die emosionele hoogtepunte is ongetwyfeld die melankolie aangaande die wegloop van Ludo se pa wat deurentyd in die agtergrond huiwer. Wanneer hy vir sy lewe vrees, is dit weer die simboliek van die trein (Toy train) wat voorop in sy gedagtes is. Treffende dialoog word ook gevind in ‘n gesprek oor die dood: “Kinders, dis die ergste. Met ouer pasiënte is dit meer….. Jy verwag dit op ‘n stadium, en hulle het ‘n vol lewe agter hulle. Ook baie teleurstellings. Met kinders is daar mos nog soveel hoop verteenwoordig. Alles kan nog vir hulle reg uitdraai, jy weet.”

Tipies van ‘n raaiselroman is daar ‘n hele paar verdagtes, moontlike motiewe, beide vals en subtiele leidrade, doodloopstrate en frustrasies. Die pas is vining (die roman speel in bietjie minder as ‘n maand af) en daar is nie kans vir die leser om verveeld te raak nie. Die skrywer slaag daarin om die leser op ‘n nostalgiese reis te neem en ek wonder tog hoe jonger lesers, wat nie die tagtigs beleef het nie, dit sal ervaar.

Dit was lekker om te sien dat hierdie roman as #1 aangedui word, want ek sien uit om vas te stel wat in Februarie 1981 gebeur.

4 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Muller Rossouw.
138 reviews4 followers
February 1, 2026
Ek het bietjie gesukkel met hierdie boek in die begin. Die vertelling het vir my effens gefragmenteerd gevoel, en daar was gedeeltes wat te swaar geleun het op atmosfeer en “vibe”, veral die insluiting van lirieke en musiekverwysings. Hoewel dit waarskynlik bedoel was om nostalgie en tydsgees te skep, het dit my eerder uit die storie gehaal as daarin ingetrek.

Wat wel vir my uitgestaan het, is die gevoel van outentiekheid in die beskrywings van plek en tyd. Dit voel óf deeglik nagevors, óf diep persoonlik onthou – veral die verwysings na Bellville en die 1980’s. Daar is ’n tasbare nostalgie en ’n eerlikheid in hoe daardie wêreld uitgebeeld word, en dit het ek waardeer.

My grootste struikelblok was egter die protagonis, Ludo Labuschagne. Ek het hom as onderontwikkel ervaar: ek het nie regtig ’n beeld van hom gevorm nie, nie fisies of emosioneel nie. Buiten dat hy as lui uitgebeeld word, het ek min gevoel vir sy persoonlikheid, intelligensie of innerlike wêreld gekry. Dit het dit vir my moeilik gemaak om werklik by hom betrokke te raak.

Die storie het vir my ook nie altyd lekker gevloei nie, en dit het die leeservaring soms ongelyk gemaak. Tog, ten spyte van hierdie kritiek, het ek die boek nie afgeskryf nie. Daar is iets eerliks en eiesoortigs aan die stem en die temas.

Nie ’n maklike of gladde lees nie, maar wel ’n boek met ’n duidelike identiteit en ambisie – een wat ek uiteindelik tog kon waardeer, al het dit my nie heeltemal oortuig nie.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
February 20, 2022
Sommer uit die staanspoor, in die voorwoord, raak Francois Bloemhof 'n paar dinge kwyt oor spannings- en speurverhale waarmee ek kan saamstem. Die uitdaging om dinge vars te hou, veral. Want ek moet erken, waar Suid-Afrikaanse misdaadfiksie selfs vyf jaar gelede nog 'n geweldige kruin gery het, het ek die laaste tyd al hoe meer gesukkel om iets te kry om oor opgewonde te raak.

Dit was dus vir my 'n aangename verrassing toe ek op die ou end hierdie boek geniet het, veral gegewe dat ek nie 'n reuse whodunnit-aanhanger is nie (gewoonlik te stadig na my smaak met te veel praatjies en ondervragings en karakters om mee kop te hou).

Wat "Die Duiwel..." laat werk is eerstens die hoofkarakter. Ludo Labuschagne is 'n anti-held - slim, maar nie perfek nie, nie baie sterk nie, amusant, nie moreel bo verdagting nie en beslis nie 'n James Bond in die bed nie. En jy kan van hom hou.

Sy kwesbaarheid gee byvoorbeeld volume aan 'n spanningsvolle toneel na die einde van die boek toe juis omdat jy hom nie vertrou om na homself te kan kyk as dinge handuit sou ruk nie. Al is whodunnits nie noodwendig bekend vir spanning nie, was hierdie nagtelike sluiptog van Ludo een van die spannendste tonele wat ek in 'n lang tyd gelees het - iets wat ek erg in gebreke gevind het by baie van die laaste paar jaar se top misdaadfiksies.

Maar moet nou geensins 'n naelbyt-riller verwag nie, al is daar 'n paar sulke oomblikke. Die boek word eerder gedryf deur die raaisel van hoekom nare dinge met die Van Biljon-gesin gebeur. Wie sit daaragter en hoekom? Om vleis aan hierdie raaisel te verskaf is 'n stewige, maar hanteerbare skep karakters wat elk op hulle eie manier interessant is. Selfs Ludo-hulle se huishulp, Felicity, steel telkens subtiel die kollig.

Al waar die boek vir my effe platgeval het is by die onthulling - daardie deel van 'n whodunnit waar alles aan die lig kom, gewoonlik deur die skuldige wat daaroor bieg voor die held. Dis natuurlik 'n tegniek wat pens en pootjies deel is van die genre, maar hierso was dit vir my dalk so effe te uitgerek gewees. Toegegee, dit is die deel van hierdie boeke waarvan ek die minste hou omdat dit so half kunsmatig opgestel word, so ek twyfel of dit meeste ander mense veel gaan pla.

Dit dan bloot 'n klein persoonlike swart kolletjie - vir my was hierdie andersins 'n lekker storie, gedryf deur 'n genotvolle hoofkarakter en sterk byspelers, wat die leser toelaat om saam te speur. Die feit dat dit in die tagtigs afspeel en dus meeste moderne tegnologie pypkan was net so verfrissend. Probeer gerus.

So terloops, hierdie was my eerste Bloemhof-boek. Uiteindelik.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.