Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kies die lewe: Leer dans in depressie

Rate this book
Ivor Swartz is ’n depressielyer, maar hy kies die lewe. Ivor na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. In hierdie intense persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.

192 pages, Paperback

Published September 1, 2022

Loading...
Loading...

About the author

Ivor Swartz

5 books14 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (50%)
4 stars
4 (40%)
3 stars
1 (10%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Julia.
577 reviews19 followers
December 31, 2022
wat 'n wonderlike boek - ek haal my hoed af vir die skrywer. elke persoon behoort hierdie boek te lees - of jy nou met depressie leef of nie. daar is iets vir elkeen en almal kan iets leer. die skrywer praat met almal. hy is 'real', op die man af en draai nie doekies om nie. daarmee saam is hy baie simpatiek en empaties. hy deel sy eie reis en struwelinge met depressie.

ek het veral gehou van die hoofstuk waar hy praat van hoe ons wat met depressie leef geoordeel word. dit doen soveel skade.

ek het by ivor geleer om nie te praat van dat ons aan depressie ly nie, maar dat ons met depressie leef. ek hou ook daarvan dat hy praat van selfdood en nie selfmoord nie. dis 'n woord wat moet verander.

ek wil net noem dat die boek op christelike beginsels geskryf is.

ek het die boek stadig gelees oor tyd, want ek moes en wou herkou.

dit was 'n verfrissende boek vir my en ek voel sommer beter na ek dit gelees het. dankie ivor. jy is voorwaar 'n inspirasie.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,591 reviews91 followers
September 23, 2022
#KiesdieLewe: Leer dans in depressie – Ivor Swartz
#LuxVerbi

Liewe Ivor,
Jy skryf: ‘Iemand moet hul hand opsteek en sê: Ek is bereid om weerloos te wees; ek is bereid om oor depressie te praat.’ (15) en dan doen jy presies dit, erken selfs dat jy al ‘*** jou, God!’ (144) uitgeroep het. Jou dapperheid – die deel van intens-persoonlike ervarings – gee my die moed om ook my hand op te steek en te sê: kom ons praat.

Ek hou van jou verwysings na die ‘wilde blou’ (39, e.a.) en ‘hartseerblou’ (27). Baie, baie jare gelede het ek ‘n boek gelees (Kosmosland – Juanita Joubert) waarvan ‘n enkele sin in my geheue vasgesteek het: ‘Blou is nie ‘n kleur nie; dis ‘n verlange.’ Dit is so.

Dankie hiervoor: ‘Hierdie een is vir elke depressievegter; vir jou wat voel jou stem word nie gehoor in die geraas van die onkunde nie; vir jou wat voel daar is te veel op die spel as jy hardop sou erken: Ek leef met depressie.’ (5) Ek kyk na die foto op die voorblad; jy wat, geklee in vrolike kleure, oopmond lag. Mense glo moeilik wat agter ‘n glimlag skuil, nè. Hulle reaksie is ook gewoonlik: ‘Maar jy lyk dan altyd so gelukkig !?’ – asof depressie in hoofletters op jou voorkop moet staan.

Jou onderskeid tussen ‘vegters’ en ‘lyers’ lê my na aan die hart. Nee, ek is nie ‘n lyer nie. Ek was; is lankal nie meer nie. Maar ek sal nooit ophou veg nie. Van die dans is ek minder seker; ek kan nie dans nie, sien ! Maar ek het ‘n steeks merrieperd wat my soos ‘n wafferse vleuel systap as sy my sien aankom en sy nie gevang wil word nie; ek glo dis hoe ek veg: ek ken die tekens, ek sien hom kom – en dan systap ek.

Mens leer inderdaad ook watter systappe werk. Ek identifiseer sterk met jou voorstelle op bladsy 107: ek is nie ‘n hardloper nie (is dit nie die Spreuke-digter wat gesê het dis net die goddelose wat hardloop as niemand hom jaag nie ?) maar wat jy daaruit kry, kry ek uit perdry. Dit maak my soms moeg, dikwels effens benoud en laat my gereeld lag, maar dit laat my, sonder uitsondering, lewendig voel. Skryf ook. Ek skryf nooit my eie gedagtes in isolasie neer nie’ maar ek orden die geraas deur indrukke te skryf oor wat ek lees; en iets van myself word tog telkens daarin vervat.

Bladsy 59 het my aan die hart gegryp: ‘The weird thing about depression is that, even though you might have suicidal thoughts, the fear of death is the same.’ (Matt Haig, Reasons to stay alive) Dis waar. Selfs met die rewolwer en die pille in die hand, was die vrees daar.

Jou insluiting van hoofstukke wat spesifieke onderwerpe aanspreek (jongmense, mans, ouers wat kinders aan selfdood afgestaan het en hoe om ‘n geliefde depressievegter by te staan) is nodig. So-ook die lyste wat boeke en musiek. Dankie daarvoor. Baie ken ek; baie gaan ek soek.
Ek onthou ‘Sitting Shiva’ (al het ek destyds nie die konsep geken nie): na my pa se dood in 1990 het ‘n vriendin by my kom sit. Seker so ‘n uur, ek kan nie onthou nie. Toe loop sy weer. Sy het verstaan – haar eie pa is drie maande voor myne oorlede. Dit was my grootste troos in daardie donker tyd.

Jy is reg: ons moet praat. Ook oor dinge soos die skade veroorsaak deur tradisionele kerke en toksiese positiwiteit. Ons moet stigmas en onkunde blootlê en korrigeer. Ons het mekaar nodig: ‘… there is something in the gathering of souls that blows the blues away.’ – Bruce Springsteen, Born to run. Dankie vir die herinnering: ‘Jy is nie alleen nie’. Jy is ook nie.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
#LuxVerbi
Profile Image for Joha Van.
Author 3 books43 followers
March 28, 2023
My eerste luisterboek en sjoe, dit het vinnig gegaan. Ek het Ivor Swartz se 'Kies die Lewe' geluister op Netwerk24 en elke oomblik geniet.
Sy beskrywing van depressie as "die wilde blou" was vir my dadelik gripping en deur die res van die boek het ek gewens ek het 'n fisiese kopie gehad om sinne met my geel highlighter by te kom. Onder andere het hy gesels oor hoe depressie 'lyk', hoe dit enigiemand en almal kan affekteer en dat ons soms onder die indruk is dat die mense waarmee dit goed gaan oorkom asof hulle ontasbaar is daarvoor, maar dikwels is dit teenoorgestelde waar. Die quote: "asof sukses en rykdom die depressie kan omkoop om by hul huise verby te gaan". Hy maak regdeur die boek ook gebruik van aanhalings wat hom geraak het, wat iets vir hom beteken het en die afdeling waarmee hy besig is tot 'n mate opsom.
Ek het baie waardeer hoe Swartz depressie aangespreek het in terme van geloof en Christenskap. Hy het voorbeelde uit die Bybel gebruik, verse aangehaal, maar niks was forseer - dit het nie gevoel asof iemand vir my preek nie, maar eerder dat hy met my gesels. En hy merk ook vroeg op, hy sê nie vir jou dat jy moet na Jesus en geloof toe draai om met jou depressie te deal nie, maar dit is iets waarin hy solace gevind het en dan gaan hy voort om te bespreek hoe. Jy hoef nie baie gelowig te wees, of 'n Christen noodwendig te wees om waarde uit hierdie boek te kry nie, voel ek - en dit op sy eie is ongelooflik. Hierdie boek is accessible. Hy deel ook waarhede, menslike ervarings, tesame met statistieke en sy eerlikheid en vulnerability is ongelooflik.
Ek glo elke persoon wat hierdie boek optel kan iets daaruit kry, of dit nou net perspektief is, of dit vrede is of begrip. Ek het 'seen' gevoel, ek het 'heard' gevoel en ek hoop vele meer sal hierdie ervaring kan hê. Ek wil dit weer lees - hierdie keer sal ek 'n highlighter kan gebruik.
Profile Image for Sonja Vermaak.
10 reviews
March 4, 2023
'n Fantastiese les in empatie. Of jy nou self saam met depressie leef, dalk iemand ken wat saam met depressie leef, of nie, almal behoort hierdie boek te lees. Of jy nou 'n onderwyser, 'n predikant, 'n berader, 'n dokter, 'n vriend of 'n ouer is, iewers gaan hierdie boek jou baat.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews