Jump to ratings and reviews
Rate this book

Moederland

Rate this book
In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang. Maar swangerskap sonder ’n toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie.

Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.

352 pages, Paperback

Published September 1, 2022

15 people are currently reading
42 people want to read

About the author

Madelein Rust

20 books40 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
29 (46%)
4 stars
21 (33%)
3 stars
11 (17%)
2 stars
1 (1%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Tania.
1,465 reviews362 followers
February 10, 2023
3.5 opgerond na 4 sterre. Die element wat ek meeste geniet het van die distopiese storie is hoe moontlik die gebeure is. In 2024 begin Rusland die derde wereldoorlog. In 2048 voer die EFF 'n suksesvolle staatsgreep uit, maar sewe jaar later help die Chinese die ANC om weer aan bewind te kom. Net om 'n paar jaar later deur Action SA verslaan te word.

Teen hierdie agtergrond skenk Jenesis Baron geboorte aan 'n tweeling, maar omdat sy nie getroud is nie word die babas vermoor deur 'n Medi-Bot wat haar pa vir die regering ontwerp het.

Dit is die eerste boek deur Madelein Rust en alhoewel ek die storielyn vreeslik baie geniet het, was die taalgebruik soms te hoogdrawend. Ek dink sy skryf baie goed, maar daar was plekke waar die onbekende woorde (dalk net vir my) my uit die toneel geruk het.

Ek hoop vir meer Afrikaanse boeke in hierdie genre.

Profile Image for Sonja Arlow.
1,245 reviews7 followers
December 24, 2023
3.5 sterre

Ek moet my hoed afhaal vir die skrywer om so n unieke dystopia storie vas te pen. Ek is beindruk met die verbeeldingryke storie.

Maaaaaaaaar daar is te min tyd spandeer is om al die elemente van die storie genoeg te skaaf sodat dit ten beste vertoon kan word.

Dit voel as of daar baie gate in die plot was, die vinnige aksie tonele het nie glad afgespeel nie en Ben Wagner se obsessive met Jenesis (en die hoogere taalgebruik) het baie gevorseer gevoel.

Ek is glad nie spyt ek het hierdie gelees nie want ek voel altyd bevoorreg om in my moedertaal te kan lees.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,506 reviews87 followers
September 28, 2022
#Moederland – Madelein Rust
#HumanenRousseau

2024: Rusland begin die die Derde Wêreldoorlog.
2025: Temperature styg wêreldwyd met 5.7%.
2040: Siklone, droogtes en brande neem toe en veroorsaak tekorte aan voedsel en drinkwater.
2048: Die EFF voer ‘n suksesvolle staatsgreep uit.
2055: Die ANC neem beheer terug met Chinese hulp.
2059: Brandstofaangedrewe voertuie word verbied; Action SA verslaan die ANC.
2060: Die gebruik van sosiale media en soekenjins word verbied; smeltende ys veroorsaak katastrofiese oorstromings.
2063: Swangerskappe sonder vooraf goedkeuring word as misdaad verklaar; sulke kinders word om die lewe gebring en die ouers word tot tronkstraf gevonnis.

Donderdag 12 Junie 2070: Xĩn Xiānggăng (voorheen Bloemfontein), Suid-Afrika.
Jenesis Baron was deurentyd bewus van die feit dat nuus van haar ongemagtigde swangerskap die verkeerde ore mag bereik, maar die hoop het nooit beskaam dat haar invloedryke familie haar sou kon veilig hou nie. Enkele ure na die geboorte van haar tweelingseuns slaan die gevreesde veiligheidsmagte egter toe en sy moet magteloos toekyk hoe haar tweelingseuns deur ‘n Medi-Bot geëlimineer word. Vir 27 jaar het sy geglo in die regering se bona fides; het sy haar geliefde Adam prysgegee omdat sy revolusionêre idees vir haar aan hoogverraad gegrens het, maar nou het haar kinders slagoffers van die regime geword; gedood deur ‘n moordrobot – vir diė doel ontwerp deur haar eie pa. Ontwortel, ontnugter en verbitterd is daar vir haar net een opsie: vind Adam; sluit aan by die vryheidsvegters, en berei voor vir D-dag; al beteken dit dat hulle die Vierde wêreldoorlog daardeur sal ontketen.

Lesers bekend met die skrywer se werk mag ietwat verras besef dat hierdie roman buite die grense van haar gebruiklike eietydse spanningsfiksie val; dis waagmoedige, skrikwekkende distopiese fiksie. Maar, wees gerus, die sterk vroulike hoofkarakter; die oortuigende spanningslyn, die asem-ophou-tonele en die fyn draad van ‘n intieme liefdesverhaal is steeds teenwoordig. Distopiese fiksie is soms ontoeganklik weens die kompleksiteit van die ruimte; dis hier allermins die geval. Die ruimte en karaktertipes word oortuigend en volledig subtiel deel van die teks sonder om in die slagyster van oormatige verduidelikings te trap.

Waag gerus om die fiktiewe 2070-weergawe van Suid-Afrika vanuit die veiligheid van jou gunsteling-leunstoel te betree; dis ‘n asemrowende, maar ook ongemaklik realistiese, avontuur.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek NB-Uitgewers/Publishers
Profile Image for Christina Rothfusz.
974 reviews26 followers
April 24, 2023
Junie 2070. Jenesis Baron gee geboorte aan tweeling seuns. Alleen in haar woonstel. Sy is ongetroud en die Wet op Onwettige Geboortes en Swangerskappe stipuleer dat haar seuns moet sterf en sy na 'n berugte tronk moet gaan wat sy nooit lewend sal verlaat nie.

Die burger oorlog kort na die 3rde wereld oorlog het Suid Afrika in puin gelos. In die slimstede, gebou deur die Chinese en Russe, voel dit asof wet en orde aan die dag is, maar vir die res van die populasie op die platteland het die regering sy ander sy gewys.

Die storie is spaningsvol en so realisties vertel dat ek ook wou wapens optel teen die moordenaars van babas en oumense.

Die Afrikaans is pragtig mooi en suiwer, maar was in plekke te hoogdrawend, mense praat nie so met mekaar nie en in 'n distopiese toekoms waar ons land deur soveel veranderinge is, kan ek nie dink die taal so oordrewe suiwer sou bly voortbestaan nie.

Dit was 'n klein irritasie en ek het teen top spoed gelees, en moes die laate twee hoofskukke oorleees en alles mooi in te neem.

My eerste boek deur die skrywer maar ek sal beslis weer haar werk lees.
Profile Image for Heidi de Goede.
620 reviews10 followers
August 31, 2023
'n Moet lees. Heel anders as haar ander boeke, maar net so goed.
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
November 19, 2022
Met die eerste oogopslag het ek twee onomstootlike gewaarwordinge gehad: Moederland gaan nie ’n mak verhaal wees nie; die voorbladkarakter is duidelik op ’n verbete missie. Tweedens, die skrywer is Madelein Rust en daarom móét ek dit lees. Met die neersit van die boek ná 333 boeiende bladsye, verander dit na verwondering. Hoé kry sy dit reg om ten spyte van “baasspelerige kanker” soos sy dit noem in ’n onderhoud vroeër vanjaar, so ’n fenominale storielyn te bedink? Dit boonop in ’n genre wat vir haar nuut is.
Moederland val net-net binne my toleransie vir geweld en bloedvergieting. Voeg daarby die skrikwekkende moontlikheid dat die fiktiewe gebeure nie noodwendig uitgesluit is uit die toekoms nie, en jy sit met ’n ongedurigheid wat lank na die klaarmaak van die boek, nog bly knaag. “Mens kan onverhoeds betrap word deur die wete dat jou siel vuil geraak het.” (p.155) Stellings soos hierdie gevolgtrekking van Jenesis laat jou wonder oor die aanslae waaraan die mens in die toekoms mag blootgestel word. Daar is immers reeds tekens van baie van die gruwels wat hier fiktief opgedis word, te bespeur in ons samelewing: bedrog, magsbeheptheid, manipulasie.
Aan die kern van die storielyn lê die besondere band tussen ’n ma en haar kinders, welke band reeds in die ontstellende proloog gestalte kry. Dit word die dryfveer agter Jenesis se optrede, tesame met haar liefde vir Adam Bornmann, wie sy verloor het as gevolg van hulle uiteenlopende sieninge oor die regering van die tyd.
Ek sal nog baie kan kwytraak oor die meriete van hierdie boek, maar ek wil volstaan met die versekering dat dit gemaklik lees, sonder om die leser te laat struikel oor tegniese distopiese detail. Dit is sonder twyfel onthutsend, maar nie sonder hoop oor die inherente goedheid van mense nie.
Profile Image for Susanna.
261 reviews6 followers
February 17, 2023
Dis 2070 en Jenesis Baron skenk geboorte aan ‘n tweeling, skelm en hopelik sonder dat sy ontdek word, alleen in haar woonstel. Dis onwettig om kinders te kry sonder dat jy getroud is, en dis nie lank nie of sy word ontdek. Haar twee kinders word voor haar oë vermoor deur ‘n robot wat haar pa ontwerp het vir die regering. Aangesien daar ‘n groot tekort aan kos, water en dienste is, word elke mens te veel gesien as ‘n las. Haar twee geliefde kinders, ‘n las.

Suid Afrika word besit deur ‘n gemengde faksie van Rusland en die Chinese. Bloemfontein is basies ‘n hoop rommel en die nuwe slimstad wat langs dit gebou is, Jenesis se tuiste. Na die ‘genadedood’ van haar tweeling, besef Jenesis dat alles nie altyd so mooi blink en ‘slim’ is in die bevoorregte posisie waarin sy groot geword het nie.

Met 5 wêreldoorloë reeds agter die rug, hoeveel van die vrede wat tans heers is Jenesis bereid om te versteur om wraak te neem? Met haar pa in ‘n hoë pos in die regering, hoe lank sal sy kan aanhou om amok te saai voor haar pa se lewe ook in gedrang gaan wees?

My gedagtes: Ek het die storie vreeslik geniet, die drama, die aksie, die denkbeeldige toekoms was maklik om in te sien. Wat my egter baie gepla het, was die hoogdawerende Afrikaans. Mense praat nie eers op die oomblik so nie, wat nog te sê van 50 jaar in die toekoms. Anders as dit, is dit ‘n lekker spannende boek om te verslind.
Profile Image for Melanie Pienaar .
313 reviews
December 23, 2023
Briljant, maar donker distopies fiksie. Jenysis Baron moet toekyk hoe haar pasgebore tweeling die genadedood toegedien word omdat sy onwettig geboorte gegee het. En dis maar net die begin. Die wêreld van Moederland is brutaal wreed.en tog vreesaanjaend realisties.

My enigste probleem was met Isabel. Sy is belangrik om die storie voort te beweeg, maar het vir my bitterlik twee dimensioneel gevoel.
Profile Image for Dirk Roets.
25 reviews
February 3, 2023
Iets heel anders as wat ek verwag het - na die vorige Madelein Rust boeke wat ek gelees het. Ek is nie ‘n “sci fi” aanhanger nie, maar hierdie is die moeite werd om te lees 😅
23 reviews
February 7, 2023
Die beste "sci-fi" in afrikaans! Aksievol, maar nogsteeds realities, 'n moet lees!
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.