Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die verkeerde vrou

Rate this book
Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag en die polisie moet die media se hulp inroep om haar te vind. Gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos ’n bloedhond van waar sy laas in Johannesburg gesien is, en selfs verder, tot by haar kinderdae. Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?

336 pages, Paperback

Published September 1, 2022

79 people are currently reading
78 people want to read

About the author

Irma Venter

12 books155 followers
Irma Venter is a thriller writer. She writes books about strong women, interesting men and that fascinating space between right and wrong. Her first book, Skoenlapper, was published in 2012, in Afrikaans. Six of her books have been translated.

Irma Venter is 'n misdaadskrywer. Haar eerste boek word in 2012 gepubliseer. Skoenlapper word gevolg deur Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Minder as Niks verskyn in 2021, en is die begin van 'n nuwe krimireeks met Ami Prinsloo as die hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in die reeks, gevolg deur Al Wat Tel. Die vierde boek in die Ami-reeks het pas verskyn – Die Drie Weduwees.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
146 (44%)
4 stars
139 (42%)
3 stars
38 (11%)
2 stars
6 (1%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 20 of 20 reviews
Profile Image for Margitte.
1,188 reviews666 followers
February 19, 2023
Ek weet nie eintlik wat om te sê nie. Irma Venter het 'n gemaklike skryfstyl wat 'n mens gevange hou in elke woord. Spannend, realiteit-gedrewe, donker.

Miskien moes ek eers vorige boeke gelees het met Ami Prinsloo as hoofkarakter, en miskien moes dit as deel van 'n reeks gemerk gewees het (ek het dit heel waarskynlik gemis). Die einde laat 'n mens teleurgesteld, ontnugterd, gestroop van hoop. Dis so negatief, om dit te sê, maar dis hoe ek as leser daaroor voel. Die situasie. Aan die anderkant is dit maar soos dit werk in realititeit.

Ek gaan beslis nog Irma Venters lees. Sy laat my regop sit, naelskou, ril van plesier. Uitstekende spanningslektuur. Hierdie boek het net nie so lekker vir my gewerk nie. Die storie laat te veel loshangende drade agter. Miskien omdat dit veronderstel is om deel van 'n reeks te wees?
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
October 30, 2022
In hierdie tweede aflewering van Ami Prinsloo se verhaal, laat skrywer, Irma Venter, die kollig skerp val op ’n paar realiteite wat hier weliswaar onder die vaandel van fiksie aangebied word, maar onrusbarend deel uitmaak van die gebroke werklikheid waarin ons leef. Die eerste, en wat by meer as een van die karakters manifesteer, is die gevolge van trauma uit kinderdae.

Dan is daar die ontstellende gemak waarmee elke beweging en persoonlike inligting van individue nagespoor kan word. Ons moderne gebruiksitems soos selfone, horlosies en rekenaars stel ons ten prooi, dikwels nie in ons beste belang nie. Hierdie verskynsel word intensief ingespan in die storielyn wanneer Ami, ’n misdaadverslaggewer, moet staatmaak op inligtingsbronne wat sy nie durf bekend maak nie.

Ami is ’n komplekse karakter wat grootliks getreiter word deur berou oor foute wat sy gemaak het. "Spyt kom dalk te laat, maar dit arriveer altyd moet dodelike akkuraatheid. Mik altyd vir die hart, sonder uitsondering." (p. 116) Sy is onverskrokke, stuit nie vir uitdagings nie, en haar dwase optrede het my laat naels kou by tye.

Dit het my opgeval hoe effektief die skrywer haar karakters beskryf. Dink maar aan Willem van Rieten: "’n middeljarige man met ’n teleurgestelde mond," (p. 113). Ek stel voor dat lesers Die verkeerde vrou aanpak wanneer daar genoeg leestyd is, want dit boei deeglik en neersit is nie maklik nie.


Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
October 25, 2022
Minder As Niks was my spanningsverhaal van die jaar verlede jaar (gee nie om wat die Woordveertjies sê nie), en in Die Verkeerde Vrou is Ami Prinsloo terug met nog 'n tergende raaisel om te op te los.

Geliefde aktrise Liela Oloffsen verdwyn een Vrydagaand. Alles is vreemd aan dié verdwyning, en haar voertuig se bewegings daardie aand plus vreemde dinge op sekuriteitskameras se beeldmateriaal laat die raaisel net verder verdiep.

En meer gaan ek nie sê want daar is te veel dinge om weg te gee in hierdie boek wat jy eerder self moet ontdek. Irma Venter is al 'n ou hand in hierdie genre, so jy weet die skryfwerk gaan soos jou gunsteling truitjie in die winter aan jou lyf kom sit.

Ek skryf nou in elk geval hierdie meer as 'n maand nadat ek die boek gelees het omdat die lewe soms maar deurmekaar loop, so die details is reeds vaag. Ek kan wel onthou dat ek Die Verkeerde Vrou in een lui Sondag deurgedraf het, en ek was nie die enigste een in die huis wat tot laatnag wakker gelê het met dié een nie. Lees dit.
Profile Image for Wena.
363 reviews1 follower
October 22, 2022
Spannend - sou net graag die skuldige agter tralies wou sien!
7 reviews
December 22, 2024
Goeie boek, dit het net gevoel of daar ‘n hoofstuk gemis is. Die einde is nie so sterk gewees soos die res van die boek nie. Lees wel lekker maklik.
Profile Image for Carolien.
1,074 reviews139 followers
October 6, 2024
Ek het die tweede boek in die Ami Prinsloo-reeks verslind, alhoewel dit nie 'n maklike storie is nie. 'n Bekende Afrikaanse aktrise verdwyn en die polisie vra Ami om 'n storie te plaas oor die vermiste persoon. Soos altyd in Johannesburg is die opsies daar - van 'n kaping wat verkeerd geloop het tot 'n ontvoering - maar Ami se vrae bly. En dan is daar plaaslike kubersekuriteitspesialis, Geo Fourie wat haar nog steeds probeer oortuig om op 'n date met hom te gaan wat sy suster definitief nie goedkeur nie!

Ek het baie vinnig verslaaf geraak aan hierdie reeks.
Profile Image for Lianie Heyns.
17 reviews
December 14, 2023
Irma skryf boeiende verhale wat maak dat ‘n mens nie die boek wil los nie. Hierdie boek is geen uitsondering nie.

Ek mag dalk eerder 3 sterre wil gee, as gevolg van die einde, maar dit daar gelaat.

Profile Image for Heloise Hart.
9 reviews
January 2, 2024
Goeie storie, maar het n ander einde verwag. Ek hou nie noodwendig van die Ami Prinsloo karakter nie.
Profile Image for Kedooms.
158 reviews
December 9, 2024
Dit was ń lekker en vinnige lees ondervinding en ek sal vir seker meer van Irma Venter se boeke lees.
Profile Image for Melanie Gray.
141 reviews
February 25, 2023
It was my first Afrikaans book in a while. Was an enjoyable book to read. Light and not depressing.
38 reviews
December 25, 2023
Die boek begin met 'n goeie pas, karakters trek jou in en vat jou saam op die advontuur. Die einde val bietjie plat, maar steeds die lees (of luister) werd.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
November 12, 2022
Irma Venter is een van daardie skrywers wie se boeke mens net kan koop. Jy dink nie eers nie – as die nuutste een verskyn is hy dadelik op jou wenslysie. Om die waarheid te sê jy hou die datum dop wanneer hy verskyn van jy daai eerste Facebook plasing van die boek sien. Ons het Irma se werk leer ken met die “S” boeke waar verskillende van haar karkaters (en dan veral die vroulike karakters) die hoofrol neem in ‘n boek. Met “Minder as niks” het die skrywer haar nuwe reeks begin met ‘n nuwe vroulike hoofkarakter – die joernalis en oud swemkampioen Ami Prinsloo. Ami is ‘n heerlike karkater met haar eie verlede waaraan sys oms swaar dra. Dit is lekker om te weet dat Ami ‘n paadjie het om te loop saam met Irma se gretige lesers en nou weer in “Die verkeerde vrou” haar staal as ondersoeker wys.
Liela Oloffson is ‘n helder ster in die Suid-Afrikaanse toneelwêreld. Een Vrydagnag verdwyn sy eenvoudig spoorloos en die polise roep Ami se hulp in weens haar betrokkenheid met die Ballerina moorde. Die polisie hou egter hulle kaarte styf teen die bors terwyl hul van Ami verwag om hulle inligting te voer. Ami volg haar spoor met behulp van tegnologie en slim afleidings. Nog ‘n verdwyning word onder haar aandag gebring en die ontdekking van 3 lyke in Centurion laat ook meer vrae as atwoorde.
Ami is ‘n heerlike karakter – kompleks en moeilik – maar tog een wat jou hart raak. Die idee van ‘n joernalis as speurder is nie nuut nie en word hier baie effektief gebruik vir ‘n goeie afwisseling van die gewone speurder as hoofkarakter. Venter het die talent om karakters so raak te beskryf. Ek kon volronde prentjies in my kop vorm oor almal van hulle – selfs kleineres soos Willem van Rieten. Dit was ook heelik om my heel gunsterling Venter karakter, Sarah weer raak te loop as ‘n kleiner karakter in hierdie boek. Die rooikop biker is een van daai Afrikaanse karakters wat al soos regte mense voel vir ons lesers soos Bennie Griesel en Kassie Kasselman.
“Die verkeerde vrou” is ‘n uitstekende krimi wat jou aandag deurentyd hou . Venter ondersoek ook die invloed van moeilike kinderjare, ouers se aksies en die wye gevolge van vinnige besluite in die boek. Die einde van hierdie “whodunit” is verassend en meer kompleks as net wie die midaad gepleeg het. Dit is een wat mens sal bybly vir lank en die vrae rondom “bootjie kry sy loontjie” maal steeds in my kop.
Displaying 1 - 20 of 20 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.